Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.
30 ml (2 e) olie
1 uit, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
15 ml (1 e) brandrissievlokkies
5 ml (1 t) fyn komyn
2 ml (½ t) fyn koljander
5 ml (1 t) paprika
400 g gekapte tamaties
500 ml (2 k) groenteaftreksel
1 blik (400 g) kekerertjies
3 wortels, in lang repe gesny
60 ml (¼ k) rosyne
4 × 150 g stokvisfilette
sout en peper
’n hand vol vars koljander, gekap
pap vir voorsit
- Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die ui tot sag. Roer die knoffel en speserye in en braai ’n minuut.
- Voeg die tamaties en aftreksel by en bring tot kookpunt. Kook 5 minute onbedek. Roer die kekerertjies, wortels en rosyne in.
- Plaas dit vis bo-op, skep van die sous oor, bedek die pan en kook 5 minute of tot die vis gaar is oor lae hitte.
- Geur met sout, peper en gekapte koljander en sit op pap voor.