4 knoffelhuisies, fyn gedruk
15 ml (1 e) olyfolie
500 g seekosmengsel
250 ml (1 k) witwyn
sap en skil van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) pietersielie, gekap
sout en vars gemaalde peper na smaak
250 g linguinepasta, gekook en gedreineer
- Braai die knoffel in verhitte olie. Voeg die seekosmengsel by en roerbraai effens.
- Roer die wyn deur en laat prut tot die seekos gaar is, sowat 7 minute.
- Geur met die suurlemoensap en -skil, pietersielie en sout en peper.
- Meng die pasta by. Sit voor met slaai.