LEWER 1 TERT VAN 30 CM
Bereiding: 45 minute
Baktyd: 40 minute
KORS
1 kg aartappels
30 g botter
2 ml (½ t) bakpoeier
75 ml (1/3 k) melk
VULSEL
30 ml (2 e) botter
50 ml mieliemeel
500 ml (2 k) melk
2 eiers, geskei
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
5 ml (1 t) sout
knippie mosterdpoeier
knippie rissiepeper
ekstra gerasperde kaas vir oorstrooi
Smeer ’n ronde oondpan van 30 cm.
- KORS Kook die aartappels tot sag, laat dit afkoel en skil dit.
- Maak die aartappels fyn. Voeg die botter, bakpoeier en melk by en meng goed. Geur na smaak.
- Smeer van die kapokaartappel op die bodem en kante van die oondbak en hou die res eenkant. Verhit intussen die oond tot 180 °C.
- VULSEL Smelt die botter in ’n kastrolletjie, roer die mieliemeel by en maak ’n pasta. Voeg die melk by terwyl jy roer en laat kook.
- Verwyder van die hitte en roer die eiergele, kaas, sout, mosterd, rissiepeper en die oorblywende kapokaartappel by en meng.
- Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die aartappelmengsel in.
- Skep die mengsel op die aartappelbasis en strooi ’n bietjie gerasperde kaas oor.