Genoeg vir 6
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
500 g hoendermaalvleis
250 g rugspek, gekap
250 ml (1 k) gerasperde pecorino-kaas
3 knoffelhuisies, fyngedruk
5 takkies tiemie, gekap
1 eier
Sout en peper
125 ml (½ k) broodkrummels
60 ml (¼ k) meel, vir bestrooiing
45 ml (3 t) olie
500 g spaghetti
SOUS
10 ml (2 t) olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
3 takkies tiemie, gekap
30 ml (2 t) rooipeper-pesto
1 blik (400 g) gekapte tamaties
sout en peper
vars pietersielie, gekap
vars basiliekruid, gekap
- Meng die hoendermaalvleis, spek, kaas, knoffel, tiemie en eier en geur met sout en peper. Meng die broodkrummels in.
- Rol die mengsel in balletjies en bestrooi elkeen met meel.
- Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die frikkadelle tot dit bruin is.
- Kook die pasta in ’n pot kokende soutwater volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer en laat eenkant staan.
- Sous: Verhit die olie in ’n aparte pan en braai die ui en knoffel 2 minute. Voeg die tiemie en pesto by en laat 5 minute kook. Roer die tamaties by en geur met sout en peper. Laat 10 minute saggies kook of tot dit verdik het.
- Meng die sous en frikkadelle en laat 2 minute saggies kook oor lae hitte.
- Garneer met pietersielie en basiliekruid.