Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Fliekvlooi: wat gebeur by rolprentteaters

$
0
0

Vandeesweek se groot Hollywood-uitreiking is Pompeii (16 G), wat gegrond is op die ware gebeure in 79 n.C. toe lawa tydens ’n uitbarsting van die vulkaan Vesuvius die Romeinse stad Pompeji verswelg het. Milo (Kit Harington, Game of Thrones se Jon Snow), ’n slaaf wat ’n gladiator geword het, probeer sy geliefde Cassia (Emily Browning van Sucker Punch),’n rykmansdogter, red van haar gedwonge huwelik met ’n korrupte senator (24 se Kiefer Sutherland). Die regisseur is Paul W.S. Anderson, wat ook die regie behartig het van die Resident Evil-flieks en die 2011-weergawe van The Three Musketeers.

Die meeste kritici was nie beïndruk deur die fliek nie: Op Rotten Tomatoes, waar die punte wat kritici aan flieks toeken bymekaargetel en ’n gemiddelde bepaal word, kry dit ’n skamele 31 persent. Die konsensus is dat hierdie “duur swaarde-en-sandale-avontuur nie die energie of vermoë het om ’n storie te vertel wat dit bo ’n skuldige plesiertjie sal verhef nie”.

Jordan Mintzer van The Hollywood Reporter was glad nie beïndruk nie. “Anderson blink uit in die fliek se baie digitale ramptonele, maar hy kan nie ’n enkele ware emosie tussen die romantiese paartjie lewer nie. Dit laat jou met ’n bitter nasmaak, so amper asof jy deur ’n luidrugtige weergawe van Titanic in (Romeinse) mantels gesit het,” skryf Jordan.

Vir Miriam Bale van The New York Times blyk dit Anderson het sy visuele fokus verloor, want dis sy eerste fliek sedert 2008 waarin sy vrou, Milla Jovovich, nie ’n rol vertolk nie. “Al het dié film ’n pragtige kleurpalet, is daar ’n suf, oorbekende gevoel aan die vroeë tonele. Dit kry nie eers lewe toe Vesuvius ontplof nie. Anderson wys wel sy staal in die elegante swaardgevegte, maar ons weet alte goed hoe dit gaan eindig,” skryf Miriam.

Die Oscar-wenners Tom Hanks en Emma Thompson is te sien in Saving Mr. Banks (7-9 O). Dit speel af in 1961 en handel oor Walt Disney (Hanks) se poging om die Britse skrywer P.L. Travers (Thompson) te oortuig om die filmregte van haar gewilde reeks boeke oor Mary Poppins aan hom te verkoop. Travers is teësinnig, maar haar geldsake lyk beroerd; dus moet sy dit ten minste oorweeg. Sy stem in om vir twee weke Los Angeles toe te gaan. Disney doen sy bes om haar te oortuig, en tussendeur wys die film hoe die twee hoofkarakters se kinderjare hulle gevorm het.

Die meeste resensente hou van die dié rolprent. Op Rotten Tomatoes kry dit 80 persent, en word dit beskryf as “aggressief aangenaam en uiters sentimenteel. Saving Mr. Banks bring hulde aan Disney se nalatenskap deur uitstekende toneelspel en dierbare, geesdriftige sjarme.” Metacritic, wat nes Rotten Tomatoes werk, gee dit net 65 uit 100.

Die Britse rolprenttydskrif Empire se Helen O’Hara gee dit vier sterre. Sy skryf: “Dis nie ’n eenvoudige verhaal oor ’n konserwatiewe Engelse vrou vir wie die vryheidliewende Amerikaners leer hoe ’n mens ontspan nie, maar ’n delikate storie met briljante toneelspeel oor hoe ’n mens die verlede oorkom en die onbekende toekoms aandurf. Veral Thompson is magies.”

Die Britse fliektydskrif Total Film se Paul Bradshaw is minder beïndruk en gee dit drie sterre. “Die pap word te dik aangemaak in die voorspelbaar hartstogtelike oomblikke; dis nie ’n fliek vir siniese kykers nie. Hanks trek die rol van Disney aan soos ’n gemaklike paar pantoffels, maar dis Thompson wat diepte gee aan ’n statig maar voorspelbare aflewering van Disney soetsappigheid,” skryf Paul.

Die aksiekomedie Ride Along (13 TG) handel oor die grootbek-veiligheidswag Ben (die komediant Kevin Hart) wat ’n polisieman word om te bewys hy is mans genoeg om met sy meisie (Tika Sumpter van die TV-reeks The Haves and the Have Nots) te trou. Maar sy aanstaande swaer, ’n tawwe polisieman (Ice Cube van 21 Jump Street), wil Ben die skrik op die lyf jaag, en nooi hom saam op ’n wilde 24 uur lange polisiepatrollie. Dan kom hul ’n berugte misdadiger tee (The Matrix se Laurence Fishburne).

Die fliek kry meestal swak resensies. Rotten Tomatoes gee dit 17 persent en bevind dat “Hart se dinamiese teenwoordigheid Ride Along ’n broodnodige skoot energie gee, maar dis nie genoeg om hierdie sogenaamde komedie van verveligheid te red nie”. By Metacritic kry dit darem 41 persent.

Ben Sachs van Chicagoreader.com skryf: “Dié middelmatige makkerfliek bied heelwat kitsbevrediging (Cube en Hart is gemoedelik en baie van hulle grappies is snaaks), maar dis min gepla met karakterisering, intrige of selfs komiese tydsberekening. Daarom val die humor meestal plat en is daar geen spanning in die slap aksietonele nie.” Stephanie Merry van The Washington Post gee dit twee en ’n half sterre en sê, al is die fliek onoorspronklik, is Hart goeie geselskap. “Die ontknoping is so duidelik soos daglig, maar Hart trek jou aandag af deur aanhoudend die lagspiere te kielie,” skryf Stephanie.

The Nut Job (OT) is ’n animasiekomedie oor die selfsugtige eekhoring Surly (Will Arnett se stem) wat deur sy mede-eekhorings uit hul park geskop word en op sy eie in die stad moet oorleef. Toe kom hy af op ’n plek wat hom deur die winter aan die lewe kan hou: ’n neutewinkel. Hy en sy rotmaat, Buddy (Robert Tinkler), beplan om die winkel te beroof, maar kort voor lank kom hulle agter dis nie so maklik as wat hulle gedink het nie.

Die meeste resensente hou nie van die fliek nie. Op Rotten Tomatoes kry dit 11 persent. Die konsensus is dat dié fliek “gekniehalter word deur ’n afstootlike hoofkarakter en ’n uitgerekte storie”. Scott Bowels van USA Today gee dit een ’n half uit vier sterre en beskryf dit as “wisselvallig met onderontwikkelde karakters en flou grappies”. Sandy Schaefer van Screenrant.com is ’n bietjie toegeefliker en gee dit twee en ’n half sterre. Hy sê dis “’n skaflike dog vergeetbare avontuur wat jonger kykers behoort te geniet”.

- Sandra Visser


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>