Christoff Becker en Frikkie du Preez sal nog minstens ‘n week in aanhouding bly voordat hulle hoor of hul vrylating op parool opgeskort word berig Beeld.com.
Volgens dié koerant se webtuiste het Becker en Du Preez se regsverteenwoordiger Oeloff de Meyer Vrydagoggend Becker hul saak voor ‘n hersieningsraad gestel.
Die hersieningsraad moet herbesin oor die twee veroordeelde moordenaars se vrylating op parool nadat ‘n video opgeduik het waarop die twee partytjie hou in ‘n enkelsel van die Kgosi Mampuru-gevangenis voor hul vrylating.
De Meyer het gesê die hersieningsraad sal volgende Vrydag uitspraak gee.
Becker en Du Preez mag intussen besoek van hul ouers ontvang terwyl hulle weer in aanhouding is.
Volgens De Meyer is daar met die hersieningsraad ooreengekom dat die besonderhede van die verrigtings nie bespreek sal word nie.
Bron: Beeld