Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wen ‘n pamperlangdag met Disney

$
0
0

Disney Channel bied ’n eksklusiewe Liv & Maddie “Double Trouble” pamperlangdag by die Sorbet DryBar in Hurlingham op 1 Maart aan. Elke wenner kan een maat bring – dit kan jou beste pel, suster, ma, ens wees en julle sal met mani’s, pedi’s en ’n massering bederf word.

Beantwoord dié vraag vir ’n kans om die fantastiese prys te wen: Wat is die naam van die aktrise wat Liv en Maddie speel? Stuur jou naam en antwoord na 34922.

Bepalings en voorwaardes: Reiskostes is uitgesluit by die prys en wenners moet in Johannesburg woon of in staat wees om op hul eie by die plek te kom. Die kompetisie sluit op Maandag 24 Maart om 17:00. Elke SMS kos R1,50.

TWEE VAN DIE BESTES!

Ontmoet vir Dove Cameron! Sy is die koel ster van Disney Channel se nuwe reeks, Liv and Maddie. Dié koel nuwe komedie gaan oor die opwindende avonture van ’n identiese tweeling. Maar raai wat? Dove speel die rol van albei tweelingsusters! Hoe doen sy dit? Ons het die talentvolle aktrise daaroor uitgevra.

Hi Dove! Hoe sou jy jou nuwe reeks beskryf?

Liv and Maddie is ’n opwindende nuwe reeks oor ’n identiese tweeling, Liv en Maddie. Dis ’n Disney Channel-reeks en is groot pret en baie koel. En ek speel albei susters!

Klink ongelooflik! Hoe sou jy die tweeling beskryf?

Liv is ’n internasionale popster wat vir ’n ruk in Hollywood gewoon het. Sy het aan ’n trefferreeks, Sing It Loud gewer, terwyl haar tweelingsus, Maddie, in ’n klein dorpie in Wisconsin gewoon het.

Hoe is Maddie?  

Maddie het naam gemaak as haar skool se plaaslike basketbalster. Haar gewildheid neem toe, maar alles word op sy kop gekeer wanneer Liv terugkeer. Die tweeling irriteer mekaar omdat hulle so verskil – en dit beteken daar is hope prettige stories om te vertel in die reeks.

Hoe lank was die tweeling geskei?  

Liv en Maddie was vir vier jaar weg van mekaar, en dis ’n lang tyd as jy ’n tiener is. Hulle het uitmekaargedryf en die reeks gaan oor hoe hulle herenig en hul susterskap terugkry.

Hoe verskil Liv en Maddie? 

Hulle lyk dieselfde, maar hul persoonlikhede verskil soos dag en nag. Maddie is meer akademies aangelê. Sy is soos die bure se dogter. Liv het in Hollywood gewoon en is beslis nie jou tipiese meisie langsaan nie!

Hoe moeilik is dit om ’n tweeling te speel?

Dis waansin! Dis ’n maraton van belaglikheid, maar dis ook groot pret. Voor ons daaraan begin skiet het, het ek baie uitgesien na die uitdaging!

Het jy enige broers of susters in die regte lewe?

Ek het. Ek het ’n suster, maar sy is nie ’n tweelign nie. Sy is sewe jaar ouer as ek en sy is wonderlik.

Het jou verhouding met jou suster jou toneelspel inspireer?

Absoluut. Ek en my suster is baie soos Liv en Maddie. Ek is lief vir my suster, maar soos meeste susters verskil ons. Ek het dit beslis in die reeks gebruik.

Maddie blink uit in basketbal. Is jy sportief in die regte lewe?

Kom ek vertel jou ’n geheim: Ek het basketbalopleiding vir die rol gekry! Ek is baie kort en beslis nie die volgende Michael Jordan nie – maar ek gooi al die bal in! Disney het vir my ’n uitstekende afrigter gekry.

Hoe is dit om vir Disney Channel te werk?

Dis ongelooflik. Dis regtig groot pret. Disney is een groot familie. Ons is baie geheg aan mekaar en almal ondersteun mekaar en is net wonderlik. Ek is baie dankbaar om deel daarvan te wees.

Sien jy uit daarna om die wêreld plat te reis om die program te bemark?

Ja, ek kan nie wag daarvoor nie. Ek sien beslis uit daarna omt e reis. Ek dink enige kans om die wêreld te sien, is ’n goeie ding.

Watter plek wil jy graag besoek?

Ek sou graag meer tyd in Europa wou spandeer, want ek is dol oor Parys en Londen. Ek het kleintyd baye tyd in Indië spandeer en dit was lekker; ek sou graag soontoe ook wou terugkeer. Ek sal maar moet wag en kyk wat gebeur volgende!

Liv & Maddie begin op 8 Maart om 10:15 op Disney Channel (kanaal 303).

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>