Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het Woensdag in ‘n verklaring gesê Christoff Becker en Frikkie du Preez sal vir die volgende 14 dae in aanhouding bly terwyl hul parool hersien word.
Hul prokureur, Oelof de Meyer, het Woensdag aan Beeld gesê hy gaan sy kliente môre sien vir ’n konsultasie.
Hy het gesê die Becker en Du Preez verskyn Vrydag voor die paroolraad.
“Die normale prosedures moet nou gevolg word,” het hy aan Beeld gesê.
Becker en Du Preez is Sondag weer in hegtenis geneem nadat ‘n video, wat deur Rapport bekom is, gewys het dat hulle ‘n partytjie in ‘n sel gehou het en selfone gebruik het in die in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria.
Daar is ook onder meer in nuusberigte beweer dat Becker en Du Preez in die vyf en ’n half jaar agter tralies bederf is met wegneemetes, satelliet-TV, lang sessies in die gimnasium en na glo drank.
Bron: Beeld