Kia het sy gewilde Sportage-sportnutsvoertuig opgekikker wat in 2010 hier bekendgestel is.
Hier is wat jy kortom moet weet:
- Daar is ’n nuwe sesgang-handratkas en sesgang outomatiese ratkas wat beter brandstofverbruik tot gevolg het.
- Die Sportage kry ook nou ’n elektriese kragstuur pleks van ’n hidroliese stelsel.
- Veranderings aan die buitekant is subtiel, maar sluit in ’n herontwerpte sierrooster asook nuwe omhulsels vir die misligte en onderste deel van die voorste buffer. Daar is ook nuwe allooivellings om van te kies.
- Binnelangs is daar ’n nuwe radio-en-multimediastelsel, terwyl die topmodelle ’n raakskerm het wat onder meer ’n beeld vertoon van wat agter die motor aangaan wanneer dit in trurat is.
- Kia maak daarop aanspraak dat die jongste Sportage minder wind- en padgeraas het.
- Daar is steeds voorwiel- en vierwielaangedrewe modelle en twee enjinkeuses: 2,0 L-petrol – 116 kW @ 6 200 r/min, 192 Nm @ 4 000 r/min; 2,0 L-turbodiesel – 130 kW @ 4 000 r/min, 383 Nm @ 1 800 – 2 500 r/min
- Pryse vir die Kia Sportage-reeks begin by R309 995 vir die 2,0 L-2WD-model tot R408 995 vir die 2,0 L CRDi outomatiese model.