Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all 9424 articles
Browse latest View live

Jong vrou kortwiek beweerde verkragter – en sny sy penis af

$
0
0

’n Vrou het ’n man se penis afgesny nadat hy na bewering probeer verkrag het.

Gangeshananda Teethapadam (54) het na bewering Vrydag ’n 23-jarige regstudent probeer verkrag by haar woning in die suidelike staat Kerala in Indië, en sy het toe “’n mes ter verdediging gebruik en sy penis afgesny,” het Sparjan Kumar, die distrikspolisiehoof, gesê.

Die man het hom glo as ’n godsdienstige leier, oftewel swami, voorgedoen en die jong vrou se ouers het hom gerespekteer en vertrou.

“Die vrou het vir ons gesê haar ouers het blindelings hierdie swami vertrou, en dat hy gereeld genooi is om by spesiale geleenthede op te tree, en ook om by hul huis oor te slaap, waar hy haar aangerand het,” sê Kumar.

Die man het haar na bewering verskeie jare lank mishandel.

 

En in ’n skokkende kinkel gaan die vrou se ma dalk nou in hegtenis geneem word omdat sy stilgebly het oor die beweerde mishandeling.

Volgens die student het sy haar ma van die seksuele aanranding vertel en het dié niks daaromtrent gedoen nie.

Daar is ná die aanval met die sogenaamde swami na ’n nabygeleë hospitaal gejaag. Hy het ’n noodoperasie ondergaan en die plaaslike media het berig dat hy in ’n stabiele toestand is.

Read more: Indian court grants raped girl (10) permission to have an abortion

“Dit was moeilik om steke te werk aan die afgesnyde deel. Die operasie is gedoen om bloeding te stop en die urinekanaal te herstel,” het ’n verklaring van die hospitaal gelui.

Die vrou is nou onder polisiebeskerming en ontvang traumaberading. Die polisie sê dis hulle verantwoordelikheid om haar “morele ondersteuning” te bied en het haar nie van ’n misdaad aangekla nie.

Bronne: telegraph.co.uk, timesofindia.indiatimes.com


Hartseer nuus oor Piet Byleveld

$
0
0

Die baasspeurder het ná sowat ’n week in die Life Wilgeheuwel-hospitaal sy stryd teen kanker verloor.

Foto Argief Foto: Papi Morake

Piet Byleveld in ’n vorige onderhoud met Huisgenoot. Foto: Papi Morake

Toe longkanker in Maart vanjaar by Piet Byleveld gediagnoseer is, was dit reeds in fase vier.

Een van Piet se oudkollegas, Yolinda Freimond, het per WhatsApp-boodskap bevestig dat Piet se vrou, Elize, sy naastes van sy dood in kennis gestel het.

“Piet is ’n paar minute terug oorlede,” het sy in die boodskap gesê.

Met Huisgenoot se laaste besoek Sondagaand aan hom in die hospitaal was Piet in ’n diep slaap en het suurstofhulp ontvang.

Lees ook: Langs sy hospitaalbed bieg Piet Byleveld se vrou: ‘Ek het hierdie week die eerste keer voor hom gehuil’

Elize was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

Kyk hier na Piet en Elize se troudag:


 

KYK VIDEO: Dramatiese reddingspoging ná man in steengroef val

$
0
0

’n Man (37) is Woensdagoggend deur nooddienste gered nadat hy in die steengroef by Varsity-rylaan in Reservoir Hills, Durban, geval het.

Paul Herbst van die mediese nooddiens IPSS het sonder huiwering in die water gespring en na die man geswem. Hy het ’n reddingsbaadjie aan die man vasgemaak en hom aan wal gebring.

Dit is tans nog onbekend hoe die man in die steengroef beland het, en die saak word verder ondersoek.


Bronne: Facebook, arrivealive

Britse weermag van vandag af ontplooi – ook om Buckingham-paleis

$
0
0

Die weermag is gewapen, gereed en staan wag buite belangrike Britse wonings en instellings soos die Buckingham-paleis, Britse parlement en ambassades.

Dít volg nadat die Britse eerste minister, Theresa May, gewaarsku het oor verdere dreigende terreuraanvalle.

 

Engeland rou nadat ’n terreuraanval in Manchester 22 lewens geëis en meer as 100 mense beseer gelaat het. Die aanvaller het op ’n konsert van die gewilde popster Ariana Grande toegeslaan. Baie van die slagoffers is tieners en jong kinders.

 

Die terreurgroep Isis het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Daar word vermoed die selfmoordbomaanvaller is Salman Abedi, ’n 22-jarige man van Libiese afkoms.

 

Sowat 1 000 soldate is ontplooi, berig Daily Mail, en alle gebeure en toere by die parlement is ook uitgestel tot verdere kennis.

 

Scotland Yard het bevestig die weermag sal “gewapen wag hou by sleutelplekke”, insluitende die Buckingham-paleis, Downing Street, waar die premier en ander staatsamptenare woon, ambassades en die paleis by Westminster.

Eversdal-moordenaar lê bekentenis af – staatsaanklaer

$
0
0

’n Vriend van een van die seuns van die Kaapse ma Hilary van Rooyen (53), wat vroeër vandeesmaand koelbloedig vermoor is, het vandag in die Bellville-landdroshof in die Moederstad verskyn.

In ’n skokwending in dié moordsaak is Regard Groenewald (23) Dinsdag by sy ouerhuis in Welgemoed in die noordelike voorstede in hegtenis geneem. Hy is vandag op borgtog vrygelaat.

Hilary se lyk is op 9 Mei by haar huis in Eversdal, Durbanville, buite Kaapstad gevind. In die hof is onthul dat sy met ’n potplanthouer doodgeslaan is, berig Netwerk 24.

Hilary, ’n ma van twee, se lyk is omstreeks 13:40 deur een van haar seuns ontdek. Stukkies glas, soos dié van ’n glaspot, is glo by haar op die vloer gevind in haar huis oorkant ’n vulstasie en kruidenierswarewinkel in Sondalstraat.

Volgens TygerBurger het ’n video-opname van die kruidenierswarewinkel gewys hoe ’n man die middag twaalfuur oor die huis se hek spring en dan wegloop.

Volgens Stefan Venter, staatsaanklaer, het die verdagte reeds oor die moord gebieg.

Groenewald was oënskynlik goed versorg maar senuagtig toe hy vandag in die hof verskyn, berig Netwerk24.

Volgens ’n verklaring wat deur sy regsverteenwoordiger in die hof voorgelees is, is dié voormalige projekbestuurder tans werkloos. Hy is al ’n paar jaar in ’n vaste verhouding en het geen vorige veroordelings nie.

Hy is op borgtog van R3 000 vrygelaat en moes sy paspoort inhandig. Hy mag ook nie met staatsgetuies in verbinding tree nie. Die saak is tot 7 Julie uitgestel.

Kyk hier na die video waarin hulde aan Hilary gebring word:

 

Bronne : Netwerk 24, Tygerburger

Van Breda-familievriend maak hart oop: ‘Ek het slapelose nagte oor Henri’

$
0
0

“Dit is ’n nagmerrie.”

Henri van Breda buite die hof. Foto: Gys Visser

Henri van Breda buite die hof. Foto: Gys Visser

So beskryf ’n hegte vriend van die Van Breda’s die De Zalze-bylmoordsaak, wat tans in die Kaapse hooggeregshof onderweg is.

Die vriend, wat anoniem met Huisgenoot.com gesels het, ken Henri en sy familie al baie jare.

Henri staan tereg op aanklagte van moord en poging tot moord. Sy ouers, Martin (54) en Teresa (55), en ouboet, Rudi (22), is op 27 Januarie 2016 grusaam met ’n byl vermoor. Sy suster, Marli, het ernstige kopwonde opgedoen tydens die voorval, maar het oorleef.

“Ek is in twee geskeur. Ek weet nie wat daai aand gebeur het nie. Ek weet net hy kon dit nie gedoen het nie.”

Hy sê vir Henri se familie is dit ook baie moeilik.

“Die meeste van die familie staan ten volle agter hom. Ons is dit almal eens – hy is ’n liefdevolle en saggeaarde kind; hy het dit eenvoudig nie in hom nie.

“Daar is van die familie wat nie hul steun gegee het nie, wat net gesê het ‘ons sal bid vir hom’. Dit is vir my ’n jammerte, maar ek blameer hulle nie.”

Hy het vertel hoe ’n hegte gesin hulle was, en hoe die saak hom nagte wakker hou.

Hy gesels ook so dan en wan met Henri self.

“Natuurlik is dit vir hom ’n moeilike ervaring. Maar jy kan maar net kyk hoe hy by die hof rondstap – hy is vol selfvertroue. Hy kruip nie weg nie en weet hy het niks om weg te steek nie.”

Vrou sterf aan bloedklonte in haar maag net ’n maand na haar droomtroue

$
0
0

Van kleins af was sy soos ’n porseleinpoppie. Breekbaar. “My pa is naby aan almal van ons, maar hulle het ’n spesiale band gehad. Hy het haar so opgepas,” vertel Twané Nienaber (28) uit Port Elizabeth.

Haar 32-jarige kleinsus, Louzanne Summerton, is ’n maand nadat sy getrou het dood aan aneurismes in haar maag.

Sy en Gregg Summerton (33) het mekaar vier jaar gelede ontmoet by die Music Kitchen, ’n eetplek waar musikante uitvoerings lewer.

“Hy het haar deur haar siekte gedra en was vol hoop dat hy haar nog lank in sy lewe sal hê,” sê Twané. Hy het haar ’n te kort tydjie as sy vrou gehad.

Die tema van die troue op 15 April vanjaar naby Seaview, was die fliek, Pad Na Jou Hart. “Louzanne was mal oor daardie fliek, want dit was die eerste Afrikaanse een wat sy en haar Engelse man saam gekyk het,” vertel haar ousus. “Daarom was die troukar en haar rok vintage.”

Haar lewe word Vrydag om 11:00 by die Harvest Church in Walmer gevier.

“Vir my pa is dit baie moeilik,” vertel Twané. As pastoriekinders was hulle en hul ouers ’n gedugte span. “Ons het altyd saam getrek.

Nou is een van ons weggeskeur,” voeg sy by.

Haar pa, past. Louwtjie Kilian, van die Volle Evangeliekerk in die Baai, skryf op sy Facebook-blad: “Hier waar ek met ’n gebroke hart in die sitkamer sit . . . mis ek my pragtige dogter wat na die Here gegaan het. Ek blaai deur my herinnerings van haar lewe. Ek kon nie een kry waarop sy nie glimlag nie. Nooit het sy by ’n kamer ingestap sonder om die lig saam met haar te bring nie. Selfs al het sy niks gesê nie, het haar blote teenwoordigheid ’n kalmte gebring en die atmosfeer verander . . .”

“O, Vader God, die pyn sny diep, maar deur dit alles bly my oë op U gerig,” het haar ma, Reneè Joy Kilian, geskryf. Reneè en Louwtjie het ook ’n middel-dogter, Lushé (33). Twané en Lushé het self elk drie dogters, en hul kleinsus wou ook graag kinders hê. Wie weet? Dalk was dit ook drie meisiekinders.

Donderdag was haar maag so seer, sy kon nie loop nie. Sy was net twee dae in die hospitaal voor sy dood is. Op 26 het haar kolon gebars en sy was nege maande in die hospitaal, waarvan drie in die hoësorgeenheid was. Die laaste week van haar lewe was sy weer baie siek. “Oor tyd was sy maar altyd siekerig,” sê Twané.

Maar Louzanne het haarself met kreatiwiteit en verbeelding vlerke gegee. Sy en Gregg het Summerton Photography begin.

“Sy was lief vir gesels en altyd ’n teenwoordigheid, waar sy ook al was,” onthou Twané. Louzanne het ook by die motorhuurmaatskappy Hertz gewerk, waar sy al as nasionale verkoopspersoon aangewys is.

“Die kliënte was mal oor haar. Dit maak nie saak hoe moeg of grumpy jy is nie, sy sou jou laat beter voel met haar geselskap.”

Jy moet dalk in die toekoms opdok vir jou geliefkoosde sosiale netwerk

$
0
0

As jy verslaaf is aan Twitter, moet jy aandag gee aan die besluite wat in die volgende ruk geneem word.

Dié sosiale netwerk het op 22 Mei ’n vergadering vir aandeelhouers gehad waarop daar “gespeel is” met die idee van ’n betaalmodel, berig Elite Daily. Jack Dorsey, Twitter se stigter, het dié stelling gemaak.

So ’n betaalmodel sal na verwagting bykomende funksies bring waarvoor ’n fooi gehef kan word, maar Dorsey het beklemtoon dié model is nog net ’n moontlikheid wat Twitter in die toekoms wil oorweeg.

Die netwerk ondersoek die moontlikheid van premiuminhoud, berig Reuters, waar jy byvoorbeeld Twitter kan gebruik sonder om advertensies te sien.

Die netwerk se winste lyk nie so belowend soos dit in die verlede was nie en daar word vermoed Twitter is op soek na nuwe maniere om inkomste te genereer.

“Ons glo dit is belangrik dat Twitter toeganklik bly vir almal in die wêreld, ongeag hul ekonomiese status of waar hulle hulself bevind; dus bly die oorhoofse argument dat Twitter oop en vrylik beskikbaar moet wees.

“Maar ons gesels met ons gebruikers oor wat hulle graag wil sien en dit is ’n idee wat al opgeduik het,” het Dorsey verduidelik.

“Ons het geen planne wat ons nou wil aankondig nie, maar ons kyk voortdurend na hierdie soort patrone en terugvoer, en probeer verstaan of dit die regte ding is om te doen vir die groter Twitter-gemeenskap.”


KYK VIDEO: Bekende paartjie deel eerste video van hul troudag

$
0
0

Hulle is een van die koelste, stylvolste glanspaartjies wat ons ken. En hul troue was duidelik ’n romantiese affêre. Die Protea-held Wayne Parnell en sy vrou, die modeblogger Aisha Baker-Parnell, het onlangs hul eerste huweliksherdenking gevier.

Aisha het besluit om dié groot mylpaal te vier deur hul spesiale trouvideo met haar 111 000 aanhangers op Instagram te deel. En die pragtige trouvideo sal beslis jou hart vermurwe.

Wayne het ook op Instagram ’n spesiale boodskap aan sy vrou gedeel. “Dankie dat jy my kos gee wanneer ek honger is, oor die kole haal as ek verkeerd doen, vashou wanneer ek koud kry, my motiveer, in my glo en my optel wanneer ek terneergedruk is. Die lys gaan aan. Maar die belangrikste is dankie dat jy ’n superkoel vriend is!” Te oulik!

Kyk hul pragtige trouvideo hier:

Hulle het mekaar die eerste keer ontmoet toe Aisha se vriendin die TV-persoonlikheid Zuraida Jardine in 2014 ’n kiekie van haar en Wayne op Instagram deel, het die paartjie in ’n onderhoud aan ons vertel.

Toe Aisha by Zuraida uitvis wie die aantreklike man is, het sy hulle deur WhatsApp aan mekaar voorgestel. En die res is geskiedenis.

Wayne, wat destyds nog vir die Warriors in Port Elizabeth gespeel het, het in September 2015 na Aisha se tuisstad, Kaapstad, verhuis.

Hulle bly in Crawford in die suidelike voorstede. Die paartjie se sprokiestroue op 21 Mei verlede jaar in die Zeenatul Islam-moskee in Distrik Ses was privaat. Daar was twee seremonies – een die oggend met 450 gaste en nog een later die dag met 150 gaste.

Vir die intieme aandete in die Mount Nelson-hotel was die inspirasie “ ’n aand in Versailles”, het Aisha onlangs op haar blog, Baked Online, vertel. Die bruid het twee pragskeppings van die Kaapse modehuis Me Couture gedra.

 

My full wedding on bakedonline.co.za today

A post shared by Aisha Baker-Parnell (@bakedonline) on

Sy het ook onlangs op haar blog foto’s van haar groot dag gedeel.

Wayne en Aisha is ongetwyfeld een van die glansrykste en stylvolste paartjies in die land. Ons kan nie genoeg kry van die kiekies wat hulle op Instagram deel nie. Geluk met jul huweliksherdenking, julle twee!

 

I’m always a plus one, even to my own functions and events. #stunner #csaawards17 #dapper

A post shared by ⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀♛ Wayne Parnell ♛ (@parnygram) on

“Switchin’ my flows like my clothes” Collaboration story we shot with @niquita for the new @cottononafrica streetwear collection, coming to www.bakedonline.co.za soon.

A post shared by ⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀♛ Wayne Parnell ♛ (@parnygram) on

Imma be fresh as hell if the paps watching. #hometime #capetown #gucci

A post shared by ⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀♛ Wayne Parnell ♛ (@parnygram) on

About a Week ago. #hightea

A post shared by ⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀♛ Wayne Parnell ♛ (@parnygram) on

Gratitude over Attitude. #blessed

A post shared by ⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀♛ Wayne Parnell ♛ (@parnygram) on

 

KYK FOTO’S: Een van dié 5 gaan die Kokkedoortjie-kroon dra

$
0
0

Ná weke se swoeg en sweet agter die potte in die Kokkedoortjie-stoor is die topvyf kinderkokke aangewys.

Edwin Theron, Christi Myburgh, Christian Cloete, Thali Hugo en Mia Grobler is tydens Woensdagaand se episode van dié werklikheidsreeks aangewys as die voorlopers in die stryd om Suid-Afrika se eerste Kokkedoortjie te word.

Christi sê aan Huisgenoot dat kinders wat die kosmaak-reeks op kykNET volg, hom nou dikwels by die skool uitvra oor die geregte wat hy moes maak. “Hulle praat oor wat ek (op die program) gemaak het en dan praat hulle oor wat hulle al self ook gemaak het. Ek kan agterkom dat die kinders nou meer ingewikkelde goed probeer.”

Ontmoet die topvyf!

Thali Hugo (11) van Wellington kom uit ’n gesin wat vier keer ’n week braai. Sy is ’n wiskunde-slimkop en gek daarna om te dans. Haar ma, Aletha, is saam met haar by die Kokkedoortjie-stoor.

Thali Hugo (Foto: Verskaf)

Thali Hugo (Foto: Verskaf)

Christian Cloete (11) droom daarvan om eendag soos Jamie Oliver te kook. Die seun van Raithby is baie handig met ’n pasta-masjien en wanneer hy kans kry, lees hy graag die Guiness Book of World Records. Sy ma Martmarie is saam met hom by die Kokkedoortjie-stoor.

Christian Cloete (Foto: Verskaf)

Christian Cloete (Foto: Verskaf)


Edwin Theron (12)
van Worcester is nie net handig in die kombuis nie. Hy speel rugby en stoei ook graag. Hy maak al van kleins af vir hom en sy sussie kos omdat sy ma, Marietjie, wat ook saam met hom by die Kokkedoortjie-stoor is, dikwels lang ure moet werk.

Edwin Theron (Foto: Verskaf)

Edwin Theron (Foto: Verskaf)

Mia Grobler (12) van Pretoria is gek na seekos en wiskunde. Sy sê sy probeer om in die kombuis nooit twee keer dieselfde flater te begaan nie. Sy is boonop klaskaptein by die skool. Haar ma, Karen, sit angstig langs die ander ouers en kyk wat Mia tydens die Kokkedoortjie-uitdagings aanvang.

Mia Grobler (Foto: Verskaf)

Mia Grobler (Foto: Verskaf)

Christi Myburgh (13) van Bloemfontein is ’n boekwurm en die doelwagter vir sy hokkiespan. Christi se ma, Brenda, kyk toe terwyl hy in die Kokkedoortjie-stoor kook.

Christi Myburgh (Foto: Verskaf)

Christi Myburgh (Foto: Verskaf)

● Kokkedoortjie is Woensdae om 20:00 op kykNET.

Hawelose man wat kinders te hulp snel tydens konserttragedie steel die wêreld se hart

$
0
0

’n Hawelose man wat nie geskroom het om slagoffers van die terreuraanval by die Manchester Arena in Manchester in Engeland te red nie, het ’n riem onder menige se harte gelaat.

Chris Parker (32), ’n hawelose man, was in die voorportaal van die arena toe die nagmerrie-toneel voor sy oë afspeel. Foto:  Twitter/ITV News (Skermgreep)

Chris Parker (32), ’n hawelose man, was in die voorportaal van die arena toe die nagmerrie-toneel voor sy oë afspeel. Foto: Twitter/ITV News (Skermgreep)

Dit nadat die 22-jarige Salman Abedi, wat in Manchester gebore is, 22 mense vermoor en ongeveer 119 beseer het toe hy ’n spykerbom aan die einde van Ariana Grande se konsert by die Manchester Arena laat afgaan het. Salman se 23-jarige broer is glo ook in hegtenis geneem.

Chris Parker (32), ’n hawelose man, was in die voorportaal van die arena toe die nagmerrie-toneel voor sy oë afspeel.

Chris gaan gewoonlik daarheen om by konsertgangers ietsie te bedel na hulle ’n vertoning of konsert gekyk het.

Met die slag van die ontploffing het Chris op die grond geval, maar dit het enkele sekondes geneem vir die barmhartige Samaritaan om op te staan en konsertgangers te hulp te snel.


Hy het ’n sterwende vrou in sy arms gewieg en ook ’n bebloede kind met ’n t-hemp toegedraai.

Sedert sy heldhaftige poging het menige mense na hom uitgereik vir ondersteuning. ’n Fondsinsamelingsblad, GoFundMe, is ook aanlyn opgerig vir Chris.

David Sullivan, die eienaar van die Britse sokkerklub, West Ham, en sy seun Dave Jnr het ook aangebied om vir nog ’n hawelose, wat ook heldhaftig was gedurende die ontploffing, vir ses maande se losies te betaal vir sy heldedaad.

Chris het aan Daily Mail vertel dat hy maar net mens is. “Net oor ek haweloos is, beteken nie dat ek nie ’n hart het nie. Ek is steeds ’n mens,” sê hy.

Met Chris wat opslae gemaak het, het selfs sy vervreemde ma, Jessica Parker, na hom uitgereik.

Sy ma het by die die Facebook-inskrywing geskryf : “Dit is my seun wat vir ’n lang tyd van my vervreem was. Ek het geen idee gehad dat hy haweloos is nie, maar hy was verskriklik braaf gisteraand.”

“Ek is so trots op hom, maar ek is hartseer vir wat hy gesien en deurgegaan het. Ek wil net die kans hê om met hom herenig te word,” het Chris se ma voortgegaan.

Bronne: Metro , Daily Mail, The Sun,

De Zalze-bylmoorde: Hof hoor van Marli van Breda se verbete geveg en boet Rudi se stadige dood

$
0
0

Dr. Daphné Anthony, patoloog, het Donderdag grusame besonderhede oor die Van Breda-gesin se beserings in die Wes-Kaapse hooggeregshof bekend gemaak.


Anthony het ook getuig dat die beserings wat Marli, die jongste lid van die Van Breda-gesin, opgedoen het, soortgelyk was aan dié van haar oorlede ouers en ouer broer.

Die talle verdedigingswonde aan haar hande dien as bewys van haar geveg om haar lewe. Volgens Anthony het Marli harder teen haar aanvaller geveg as haar gesinslede. Sy beskryf dit as ’n geveg tussen Marli en die aanvaller.

Sy getuig ook dat Rudi die mees gewelddadige van almal aangeval is, gevolg deur sy pa, Martin, en dan sy ma, Teresa.


Marli van Breda
Anthony getuig verskeie faktore het daartoe bygedra dat Marli die aanval oorleef het. Ouderdom, bloedverlies en die erns van wonde kan ’n slagoffer se kans op oorlewing bepaal, het sy getuig. Sy weet nie of Marli skedelfrakture of breinbeserings opgedoen het nie.

Rudi van Breda
Anthony getuig dat Rudi in alle waarskynlikheid op sy bed gelê het. Hy het gesien wat kom en sy hand gelig om die aanval te probeer afweer.

Op regter Siraj Desai se vraag oor hoe Rudi se lyk op die badkamervloer beland het as hy in sy bed aangeval is, voer Anthony aan dat hy óf self kon beweeg (omdat hy nie onmiddellik gesterf het nie) óf dat hy soontoe geskuif is.

Rudi is in alle waarskynlikheid twee keer teen sy kop getref voor hy die aanval probeer afweer het.

Sy getuig Martin was onbewus van die aanval, maar Teresa het na haar aanvaller gekyk.


Onder kruisverhoor vra adv. Pieter Botha of Anthony na die verdediging se forensiese patoloog, dr. Reggie Perumal, se verslag gekyk het en of daar enigiets in die verslag is waarvan sy verskil.

Perumal se verslag dui daarop dat Rudi eers ná 2 uur en 40 minute gesterf het. Anthony sê sy kan nie met sekerheid daarmee saamstem nie.


Die saak duur voort.

Gedeelte van belangrike N3-roete gesluit ná vragmotors bots

$
0
0

Een persoon het gesterf en twee is beseer toe drie vragmotors Donderdag op Vanreenenspas teen mekaar gebots het.

Die vragmotors het ná die botsing aan die brand geslaan. Verkeersowerhede is genoodsaak om die belangrike verbindingsroete tussen KwaZulu-Natal en die Vrystaat voorlopig te sluit.


Motoriste in die gebied word aangeraai om op die streeksradiostasies in te skakel vir inligting oor die oopstel van die roete.

Vinnige sjokoladetert

$
0
0

Dit is die heerlikste tert dié – met net vier bestanddele!

Genoeg vir 6 mense.
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 12 min.

200 g koekies, fyngedruk
90 g botter
200 g donkersjokolade
3 eiers

Voorverhit dit oond tot 160 °C. Smeer ’n 20 cm-tertpan en voer dit uit.
1. Meng die koekies met 50 g gesmelte botter. Voer die tertpan met die koekiemengsel uit en laat 30 min. in die yskas verkoel.
2. Verhit die sjokolade oor ’n dubbelkoker tot gesmelt. Voeg die oorblywende botter by tot gesmelt. Roer die eiers een vir een in tot gemeng.
3. Giet die sjokolademengsel oor die koekiebasis en bak 12 min. Plaas eenkant tot afgekoel.

Resep en stilering: Hope Malau
Foto’s: Megan Miller

Kaserige hamburgers

$
0
0

Dis g’n gewone hamburger die nie!

Maak 6-7 hamburgers
Bereiding: 20 min.
Staan: 1-2 uur.
Gaarmaak: 20 min.

Maalvleiskoekies
750 g maer beesvleis
sout en peper
’n groot hand vol gekapte koljanderblare
1 eier
1 blok White Rock-kaas met vye of 2 wiele fetakaas, in groot stukke gebreek
olie vir vlak panbraai

Koolpiekel
1 bottel pikantrissies
’n skyf rooikool, in dun repies gesny
1 klein rooi-ui, in dun repies gesny

Samestelling
6-8 skywe cheddarkaas
roketblare
6 rogbroodrolletjies, gehalveer en gerooster
oondgebraaide patattjips vir voorsit

1. Maalvleiskoekies Meng al die bestanddele buiten die kaas en vorm plat koekies.
2. Plaas ’n stuk kaas in die middel van elke koekie en vou die maalvleis rondom toe.
Verkoel.
3. Braai in die olie tot net gaar. Plaas die laaste paar minute ’n deksel bo-op.
4. Koolpiekel Giet die inhoud van die pikantrissiebottel deur ’n sif. Behou die vrugte en die piekelsous.
5. Plaas die kool en ui in ’n bakkie, voeg ’n bietjie van die pikantrissies by en giet die piekelsous oor. Laat staan 1-2 uur.
6. Samestelling Plaas van die cheddar op elke vleiskoekie en verhit by 180 °C in die oond tot net gesmelt.
7. Pak 2-3 roketblare op die onderkant van elke broodrolletjie, gevolg deur die vleiskoekie. Rond af met ’n goeie skep piekel en plaas die broodkorsie bo-op indien verkies. Sit voor met die patattjips.

Resep en stilering: Carmen Niehaus
Foto’s: Misha Jordaan


Opwindende nuwe planne vir Bobby van Jaarsveld!

$
0
0

Biltong en ’n goeie koppie boeretroos. Wat kan dan nou lekkerder wees?


Where am I now ??? Clue : Rehearsing for … Question : Do you want tickets for Sunday??? #truworths @truworthsmensemporium

A post shared by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on

Die gewilde sanger Bobby van Jaarsveld, wat nou op die sangkompetisiereeks The Voice SA, op Mnet is, het gister op Twitter en Instagram aangekondig dat hy eersdaags sy eie biltong-en-koffiewinkel oopmaak. Hy het die nuus gedeel onder die hutsmerk #bobsbiltongandcoffeebar.

Die koffiekroeg gaan die eerste van sy soort in Suid-Afrika wees!


Sy aanhangers was mal oor die idee. Ons reken die feit dat Bobby net in ’n voorskoot en met ’n stuk biltong gepryk het op die foto by die nuus, het baie te doen gehad met hul opgewondenheid!




Die eerste biltong-en-koffie-winkel gaan in Augustus open, bevestig Bobby se ma en agent, Ronel Brink.

“Die eerste winkel sal in The Grove, Pretoria oopgemaak word. Die proses is al ’n hele tyd aan die gang en hy is nou besig met die struktuurbeplanning daarvan.”

Ronel het ook verklap dat daar ’n moontlikheid is vir nog takke in ander provinsies. Maar vir nou kan sy nog nie te veel daaroor onthul nie. Ons kan nie wag nie!

Kyk net hoe oulik is dié internetsensasie nou

$
0
0

Wie onthou vir Chloe met die skewe kyk – die oulike dogtertjie wat die beste reaksie ooit gehad het op haar ouers se verrassingsbesoek aan Disneyland?

Haar ma, Katie Clem, het vier jaar gelede die video – wat intussen oral versprei het – opgeneem van die oomblik toe sy vir haar dogters, Lily en Chloe, gesê het hulle gaan nie skool toe nie, maar Disneyland.

Lily het soos meeste kinders sou, kop verloor en gehuil van vreugde dat sy Disneyland toe gaan, terwyl Chloe se reaksie onvergeetlik was.

’n Skermfoto van klein Chloe wat skeefkyk in reaksie op die nuus het soos ’n veldbrand regoor die wêreld versprei.

Wel, sy is nou ouer en het nog beroemder geword.


Google is amazing! Chloe loves seeing herself on the elevator door and all over #saopaulo! You have a beautiful city! . . . #chloe #google

A post shared by Katie, Lily, Chloe 🙋🏼👩🏼👧🏼 (@lilyandchloeofficial) on

Selfs al het jy nog nooit die video gesien nie, sal Chloe se gesigsuitdrukking beslis vir jou ‘n klokkie lui want dit het ’n gewilde meme geword.



Yes! 🙌🏼 #Chloe #chloememe #sideeye

A post shared by Katie, Lily, Chloe 🙋🏼👩🏼👧🏼 (@lilyandchloeofficial) on



Die gesin het olangs na Brasilië gereis vir ’n Google-veldtog. Haar ma het ’n foto gedeel van haar op Instagram en vir almal gewys hoe volwasse sy is.

Sy’t selfs foto’s van haarself onderteken nes ’n groot meisie!

😂😂😂 #Chloe #chloememe #lol #silly #netflix

A post shared by Katie, Lily, Chloe 🙋🏼👩🏼👧🏼 (@lilyandchloeofficial) on


Signing autographs at #google! . . . #chloe #google #saopaulo

A post shared by Katie, Lily, Chloe 🙋🏼👩🏼👧🏼 (@lilyandchloeofficial) on

De Zalze-bylmoorde: Henri van Breda is na bewering nie van sy regte in kennis gestel nie

$
0
0

Die binneverhoor het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof afgeskop waartydens die verklaring wat Henri van Breda op 27 Janaurie 2015 afgelê het, onder die loep gaan kom.

Konst. Clinton Malan was eerste in die getuiebank. Hy moes die slagoffer (Henri) na die distriksgeneesheer neem om na sy beserings te laat omsien en te dokumenteer. Hy was ongeveer 08:00 op 27 Januarie op die toneel.


Die staat sê Henri is nie as ’n beskuldigde gesien tydens die aflegging van sy verklaring nie, maar as ’n slagoffer.

Adv. Pieter Botha (vir Henri) voer aan dat sy kliënt wat in daardie stadium 20 jaar oud was, is nie van sy regte in kennis gestel is nie. Hy het ook nie regsverteenwoordiging gehad nie.

Volgens Malan was Henri kalm en stil tydens die besoek aan die distriksgeneesheer. Hy was ook die eerste persoon wat ’n verklaring van Henri afgeneem het. Henri het om 12:30 by sy kantoor aangekom en die verklaring is teen 15:25 afgelê.


Henri het sowat drie sinne gesê waarna Malan dit sou tik. Hy het die verklaring in Engels afgelê en daarna het hy dit aan die slagoffer oorhandig. Henri het dit gelees en onderteken.


Malan sê Henri het openlik en vryelik sy weergawe gedeel van wat gebeur het. Henri was ook nooit in hegtenis geneem of van enigiets beskuldig tydens ondervraging nie.


Botha sê 90 persent van wat Malan in die hof getuig, is die eerste keer is dat hy dit hoor. Hy stel dit aan Malan dat hy nie vir Henri reguit na die distriksgeneesheer geneem het nie, maar eers by die Stellenbosch-polisiekantoor aangedoen het.

Malan gee toe en sê dat hy wel eers daar gestop het om vorms en getuienissakke op te tel. Hy het dit nie in sy eie verklaring genoem nie omdat hy dit nie as belangrik geag het nie.

Die hof verdaag tot Maandag.

Vroeër vandag

Nadat Henri van Breda die voormiddagsessie in die verste hoek van die beskuldigdebank deurgebring het, het hy ná die voortsetting Donderdagmiddag weer sy gewone plek in die bank ingeneem.

Adv. Pieter Botha het voortgegaan met sy kruisondervraging van die patoloog, dr. Anthony. Hy vra aan haar of die beserings aan Martin van Breda se rugkant veroorsaak kon word deur die aanvaller wat hom van voor af in iets soos ’n rugbygreep (“tackle”) vasgevat het.

Anthony sê dis moontlik indien Martin afgekyk het en nie sy aanvaller in daardie posisie gesien het nie.

Botha sê sy kliënt se weergawe lui dat die “slaapkamerligte skielik aangegaan het” en dat sy pa die kamer binnegekom het. Hy het op die bed oor Rudi beweeg in die rigting van die aanvaller – asof hy die aanvaller wou takel. Martin is egter deur die byl getref en sy liggaam het slap geword.


Anthony wil eers meer inligting bekom voor sy oor die moontlikheid van die “takelposisie” kan getuig. Sy gee toe dit is moontlik dat die beserings opgedoen kon word toe die aanvaller hom na Martin sou gewerp het (“lunged”).

Hoof bedank en neem sy eie lewe by skool onder raaiselagtige omstandighede

$
0
0

’n Skoolhoof van Texas het sy eie lewe geneem kort nadat hy vroeër vandeesweek sy bedankingsbrief aan distriksbeamptes oorhandig het.

Dennis Reeves, ’n pa van twee, het homself glo Dinsdagmiddag omstreeks 16:35 geskiet terwyl hy in sy voertuig in die parkeerterrein van die Hoërskool Kirbyville, noordoos van Houston, gesit het.

 


Dit is nog ’n raaisel waarom hy sy eie lewe geneem het. Wat sover bekend is, is dat hy ’n uur vroeër ’n vergadering met ’n distriksuperintendent gehad het om hom in te lig dat hy bedank. Ná die vergadering is hy terug na sy voertuig, waar hy homself geskiet het, berig Daily Mail.

Tommy Wallis, die superintendent aan wie Reeves sy bedankingsbrief gegee het, het die polisie geskakel toe hy sien Reeves sit ná ’n uur nog in sy voertuig, berig New York Post.

Die superintendent en assistent-superintendent was die enigste mense op die skoolperseel toe Reeves se lyk ontdek is.

Die Kirbyville-polisie het Reeves net ná vyfuur die middag dood in sy bakkie aangetref met sy voet op die rempedaal. Die enjin was ook nog aan. Reeves se .380-kaliber semi-outomatiese vuurwapen was ook byderhand.

 


Wallis en talle ander het op Facebook hulde gebring aan Reeves.

 


 


C/center>



 

 

 


 

 


New York Post berig ook die polisie het geen nota of enige teken gekry dat Reeves sy lewe wou neem nie.

Bronne: New York Post,Dallas News, Daily Mail

 

18-jarige wil haar maagdelikheid verkoop om studies te betaal

$
0
0

Baie mense glo hul eerste keer moet spesiaal wees, en met iemand wat hulle liefhet.

Maar ’n 18-jarige meisie het gekies om munt te slaan uit haar reinheid en dit aan die hoogste bieër te verkoop. Die meisie, slegs bekend as Kim, het haar maagdelikheid op ’n berugte veilingwebtuiste aangebied omdat sy geld soek om ’n motor en woonstel te koop.

Volgens die Duitse media het sy ’n spesialisgesellinklub gekontak wat maagde vir miljoene verkoop, met die woorde: “Hallo, my naam is Kim en ek wil graag my maagdelikheid verkoop.”

Volgens die webtuiste Cinderella Escorts is haar maagdelikheid deur ’n dokter gewaarmerk. Potensiële kopers kan ook hul eie “inspeksie” doen.

Foto: Magazine Features

Foto: Magazine Features

Die jong vrou, van Oostenrykse en Duitse afkoms, het bygevoeg: “Ek wil graag in Duitsland of Wene studeer. Ek kan ’n woonstel koop, my studiegeld betaal en ’n motor bekostig met die geld.”

Kim het haarself verder beskryf deur te sê sy hou van lemoensap, Griekse kos en rose.

Sy het bygevoeg sy is geïnspireer deur Alexandra Khefren, die 18-jarige Roemeense onderkleremodel wat haar maagdelikheid vroeër vanjaar vir ’n rekord R335 miljoen (€2.3 miljoen) aan ’n onbekende sakeman van Hong Kong verkoop het.

Nuus oor Khefren en die agentskap het regoor die wêreld versprei en ook Kim se aandag getrek.

“Is dit werklik meer as €2.3 miljoen werd om my maagdelikheid te gee aan ’n toekomstige vriend wat my uiteindelik kan los? Om eerlik te wees, ek glo dit nie.”

Kim sê sy is bereid om die hoogste bieër enige plek ter wêreld te ontmoet, mits haar reiskostes gedek word.

Die bod begin by R1,4 miljoen (€100 000), waarvan 20 persent aan Cinderella Escorts gaan, word berig.

Foto: Magazine Features

Foto: Magazine Features

Die man agter Duitsland se mees berugte agentskap is glo ’n vetsugtige 26-jarige Duitser wat in sy ma se kelderverdieping in Dortmund woon.

Jan Zakobielski het bekend gemaak hy is die man agter die multimiljoenrandbedryf wat hy uit sy ouers se huis bestuur. Sy ouers is onbewus daarvan.

Zakobielski het gesê: “Niemand dwing hierdie jong vroue om enigiets te doen wat hulle nie wil nie. Hulle het hul eie idees en opinies oor seksualiteit.”

Magazine Features

Viewing all 9424 articles
Browse latest View live