Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all 9424 articles
Browse latest View live

Paartjie uiters spyt oor hul blonde woelwater se vreemde naam

$
0
0

Ons almal was al in so situasie. Jy word voorgestel aan iemand, maar die oomblik dat jy die ander mens se naam hoor, klink dit net te vreemd om waar te wees.

Jy vra weer en herhaal dit en wanneer jy besef jy het inderdaad reg gehoor, verg dit alles om nie jou mond te laat oophang van verbasing nie.

Vreemde babaname is iets waarmee baie mense al geëksperimenteer het en nou lyk dit asof heelparty spyt is daaroor. Soos Lindsey Briston van Engeland wie se seun Jedaih heet.

Die blondekop woelwater het die naam gekry omdat sy pa, Josh, versot was op die rolprentreeks Star Wars waarin die ridders Jedi’s genoem word.

Maar deesdae noem sy hom net Jed omdat sy bang is wat ander sal dink as hulle sy regte naam hoor.

’n Opname deur die webtuiste Mumsnet.com het onlangs getoon ’n vyfde van ouers is spyt oor die naam wat hulle vir hul kind gekies het. Die redes hiervoor sluit hoofsaaklik in dat dit later net nie “reg voel” nie, dat hulle gedruk gevoel het om die naam te kies en dat dit nie uniek genoeg is nie.

Lindsey het vir die Daily Mail vertel toe haar seun in Februarie 2009 gebore is, was Josh onwrikbaar in die keuse van die naam en selfs voor sy ingestem het, het hy die kind so aan ander voorgestel. “Drie weke ná sy geboorte het ek hom as Jedaih geregistreer. Ek was te moeg om weerstand te bied.”

Lindsey sê al is Jedaih ’n Star Wars-aanhanger wil hy ook graag by sy vriende inpas. Hy het ’n ruk gelede by die huis gekom en vir sy ma gesê hy wil ’n normale naam hê — sy moet hom Steven noem.

Die gier om kinders vreemde name te gee is nie nuut nie en dit is veral bekendes wat nog nooit bang was vir die sosiale eksperiment nie.

Ons het ’n paar voorbeelde gaan opdiep:

● Die aktrise Gwyneth Paltrow en die sanger Chris Martin se dogtertjie se naam is Apple (12).
● Die akteurs Courteney Cox en David Arquette se dogtertjie is Coco (12).
● Die akteur Sylvester Stallone se seun se naam was Sage Moonblood (36 met sy dood).
● Angelina Jolie se aangenome seun is Maddox Chivan (16).
● Bono en Ali Hewson se dogter is Memphis Eve (25).
● Michael Jackson se seun Prince Michael II/Blanket (14).
● Victoria and David Beckham se dogtertjie is Harper Seven (5).
● Die akteur Jason Lee en Beth Riesgraf se seun is Pilot Inspektor (13).
● Jermaine Jackson en Alejandra Genevieve Oaziaza se seun is Jermajesty (16).
● Die Antwoord se Ninja en Yo-Landi Visser se dogter is Sixteen (11).


Ontmoet die regter met wie jy geensins moet sukkel nie

$
0
0

Regter John McBain van Jackson in Michigan is ‘n man met wie jy nie moet sukkel nie. Vergeet daarvan om boonop nog teë te stribbel as hy jou vonnis.

Of erger nog, as jy nie die hofordonnans gehoorsaam nie.

Dié video is in Desember 2015 geneem toe Jacob Larson,’n jong man wat glo ‘n meisie geteister het, voor hom moes verskyn omdat hy ‘n beskermingsbevel verontagsaam het.

Hy praat ferm met Larson wat oënskynlik sy klasmaat bekruip en haar onder meer met minstens 22 Facebook-boodskappe bombardeer het.

“Dis soort van ‘Fatal Attraction’-soort van goed,” sê die regter. “Ek het jou die vorige keer al daarteen gewaarsku en vir jou gesê jy moet haar uitlos.”

Larson begin protesteer. Hy blameer die meisie en sê hy wil hê die meisie moet dit self vir hom sê. Maar die regter duld niks daarvan nie.

“Jy weet, ék het jou aangesê om daarmee op te hou en jy het nie die boodskap hard en duidelik ontvang nie.”

Hy vonnis die beskuldigde summier tot drie dae agter tralies vir sy slegte houding. Terwyl hy nog besig is om dit baie duidelik te maak dat ‘n volgende oortreding hom nog langer in die tronk sal beland, val Larson hom in die rede en beskuldig die regter daarvan dat hy en die slagoffer kop-in-een-mus is.

Net daar verander drie dae na 45 dae agter tralies!

Nog steeds kapittel Larsen soos ‘n stout kind. En sy vonnis skuif op na 93 dae in die gevangenis.

“Nog een woord uit jou mond en dit word ‘n jaar!,” sê die regter wat teen dié tyd goed die harnas in is.

Maar van gehoor gee is daar min. Larson gee steeds sy misnoeë te kenne en beskuldig weer die regter en die slagoffer daarvan dat hulle kop-in-een-mus-“motherf*****s” is.

Die regter lig hom duidelik in dat hy vir 365 dae toegesluit gaan word en daag hom uit om daarteen te appèlleer.

Toe Larson boonop hom teësit en weier om sy hande agter sy rug te sit, het die regter besluit tot hier toe en nie verder nie. Hy trek sy statige toga uit en betrek Larson saam met die hofordonnans om hom fisies te dwing om die versoek gehoor te gee.

Wat het die vurige regter oor sy gewilligheid om handjie by te sit, te sê?

“Daar’s een ding wat ek nie duld nie, en dis ontwrigting in my hofsaal.”

Dis natuurlik nie die eerste keer dat regter McBain die aandag getrek het met sy optrede in die hof nie.

In 2014 het hy tydens vonnisoplegging aan die beskuldigde gesê hy hoop sy sterf in die gevangenis.

Hy het haar daarvan beskuldig dat sy haar vriend aanhou steek het, tot waar sy besef het hy’s dood.

Bronne: mailonline.co.uk, cbsnews.com

Gru-busongeluk naby Touwsrivier eis minstens 9 lewens

$
0
0

‘n Lid van die nooddienste het die toneel by ‘n busongeluk naby Touwsrivier op die berugte N1-roete as die grusaamste in sy loopbaan bestempel.


Buiten die nege mense wat gesterf het, word meer as 10 se toestand as kritiek bestempel.

Die busongeluk Sondagoggend het omstreeks 02:00 sowat 10 km buite Touwrivier op die N1 in die rigting van Laingsburg plaasgevind.

Met die aankoms van verskeie nooddiensspanne op die toneel het hulle die bus op sy sykant, gedeeltelik in die pad en in die veld gevind. Die bus se sleepwa het in die middel van die pad beland.

Passassiers het glo verstrooid oor die padoppervlakte gelê. Verskeie is glo uit die bus geslinger toe die bus omgeval het.

Plaaslike nooddienste het 31 pasiënte na nabygeleë noodsentrums geneem. Nog 20 is op die toneel gevind,sommige vasgekeer binne-in die bus.

Paramedici en brandweermanne het tot na 05:00 van die kritiek-beseerde passassiers uit die bus bevry. In gevalle was spesiale reddingstoerusting nodig om dit reg te kry.

Daar was ook kinders in die ongeluk betrokke maar hul toestand is nog onbekend.

Luidens berigte was die N1 rondom 06:00 vanoggend nog gesluit vir verkeer.


Bron: er24ems.co.za

4 maande tussen Kiwi’s was genoeg om ons terug te lok na SA, sê gesin wat vir altyd wou emigreer

$
0
0

Hulle het vier jaar lank gewik en geweeg of hulle Suid-Afrika moes verlaat om hul dogter in ’n veiliger land te gaan grootmaak. Maar dit het net vier maande in die vreemde geduur tot die Diedericks-gesin besluit het hulle kom sak en pak terug.

fam1

“Wel, kom ons laat die bom nou maar bars terwyl die nuus nog vars is: Ons kom terug huis toe – en nie stert tussen die bene nie. Verras? Geskok,” kondig Gaylene Diedericks (35), oorspronklik van Waterfall, KwaZulu-Natal, aan op haar webdagboek, dieselfde blog waarop sy op 15 April vanjaar van die groot trek Nieu-Seeland toe begin vertel het.

“Ek is steeds oorbluf oor die reaksie op my blog-inskrywing oor ons reis terug huis toe. Dit het soos ’n veldbrand versprei met oor die 10 000 kykslae binne vyf dae en dit is meer as duisend keer gedeel op Facebook,” vertel sy oor die foon uit Nieu-Seeland voor hul terugtog op 5 Oktober.

“Ons kan nie wag om met al ons vriende en familie herenig te word nie! Steek die braaivleisvure aan, haal die drankies en die biltong uit en waarsku die Spur en John Dory’s: Ons is op pad!” laat sy vrolik hoor.

Gaylene en haar man haar man, Ashley (30), het vier jaar gelede emigrasie begin oorweeg nadat sy motor in Durban gekaap is. Hulle wou veral ter wille van hul dogter, Lilliana (nou 4), elders ’n heenkome soek.

Gaylene het ’n webjoernaal begin skryf omdat soveel mense in hul reis belanggestel het en ook om as “’n dagboek van emigrasie” vir hul gesin te dien. “Lilli sou dit eendag kon lees om te verstaan wat ons alles deurgemaak het om te sorg dat sy ’n blink toekoms in ’n nuwe en veilige land sou hê.”

Die blog was veronderstel om vriende en familie op die hoogte te hou, maar dit het gou veel wyer uitgekring. ’n Internasionale werwingsmaatskappy het selfs haar toestemming gevra om ’n skakel na haar webdagboek te plaas in hul nuusbrief, wat aan 37 000 Suid-Afrikaners oral ter wêreld gestuur word.

Toe sy aankondig hulle kom terug, is sy oorval met boodskappe van mense wêreldwyd wat hulle steun en voorspoed toewens.

“Een gesin vertel ons storie het hulle gemotiveer om die land te verlaat waarin hulle nou is, en terug te gaan na waar hulle gelukkig was. ’n Ander gesin het ons laat weet ons storie het hulle help besluit om liewer in Suid-Afrika te bly, al was hulle seker van ’n werk in ’n ander land.

“Soveel mense voel dieselfde as ons in die buiteland, maar is bang om dit te erken; hulle sal eerder in sak en as sit uit vrees vir ander se oordeel.

“Suid-Afrika verloor goeie mense omdat hulle dink die verste gras is die groenste. Ons storie kan dalk wys dis nie altyd die geval nie.”

Hulle het albei ’n droomloopbaan in Suid-Afrika gehad: Gaylene by ’n aanlyn werkwerwingsonderneming en Ash as brandweerman. Maar hul kommer oor misdaad, universiteite wat brand en die politiek het hulle laat besluit om te emigreer. Eers het hulle Australië toe gemik en daar navraag gedoen.

“Ons het gedink met Ash se 11 jaar ervaring as brandweerman sou hy gou daar werk ry, maar dit was toe nie so nie.”
Toe hulle hoor Ashley se beste vriend en dié se gesin gaan uitwyk na Tauranga, Nieu-Seeland, het hulle besluit om ook ’n heenkome in Kiwiland te soek.

Gaylene het haar CV na talle agentskappe daar gestuur en was verras toe een reageer wat ’n webwerkportaal bedryf. Ná ’n telefoniese gesprek van 10 minute het hulle haar ’n pos aangebied soortgelyk aan die werk wat sy toe hier gedoen het.

“Luister ’n mens na die stories van mense wat Suid-Afrika wil verlaat, kom so ’n geleentheid selde of ooit. Ons het besluit ons kan nie ’n gegewe perd in die bek kyk nie,” vertel Gaylene.

Al was Ashley nog onseker van ’n werk in Nieu-Seeland, het albei hul werk bedank. Einde April is Gaylene in trane van haar geliefde werk weg. “Ons moes van alles afskeid neem. Oukei, byna alles,” voeg sy by. “Ons het ’n groot vraghouer met amper al ons goed saamgevat.”

Met hul vertrek op 11 Junie het “ ’n leërskare” familie hulle kom wegsien. Lilli het ontsteld geraak toe almal in trane is en begin huil toe hulle deur die vertreksaal se deure stap.

Meer as 30 uur later het hulle aangekom by hul nuwe tuiste in Pegasus, noord van Christchurch, op Suideiland. “Ons is oorrompel deur die asemrowende omgewing terwyl ons deur die dorpies gery het: skoon, netjies; geen rommel.”

fam pegeausus

Die kultuurskok het nie dadelik ingetree nie; dit was meer soos ’n stadige “ontwaking”.

’n Paar dae ná hul aankoms het Gaylene al haar heimwee gesus deur by een van talle Suid-Afrikaanse winkels te gaan inloer. Sy het 50 pakkies Niknaks gekoop al was sy “nog nie eens daarvoor lus nie”, en Mrs. H.S. Ball’s se blatjang, Aromat, vissmeer en mieliemeel.

“Ek kan nie eens pap maak nie. Dit was net vir my gerusstellend om al daardie goed in my spens te hê.”

famshop

Ashley het ’n werk as skrynwerker gekry, maar het moeilik aangepas en is binne ’n maand afgedank. Hulle het nuwe vriende gemaak en probeer aanpas, maar in hul hart het hulle geweet hulle is nie gelukkig nie.

Binne twee maande het hulle besluit om na die anderkant van die eiland te trek. Tauranga in die noorde se klimaat en groen landskap herinner meer aan die Durban-omgewing as die koue Christchurch, verduidelik Gaylene.

famTauranga

Hulle het binne ’n paar dae ’n mooi huurhuis opgespoor, Lilli het plek in ’n privaat skool daar naby gekry en Ashley het weer as skrynwerker ingeval. Maar dit was nie die gebore brandweerman se passie nie en hy is weer afgedank.

“My pragtige, sterk en wonderlike man se lewenslus is uit hom gewring. Dis asof die jare in Suid-Afrika betekenisloos en irrelevant was,” vertel Gaylene. Sy kon nog uit hul nuwe woonplek vir dieselfde webwerkportaal werk en het ook ’n fotografieonderneming begin.

Haar inkomste was genoeg om die pot aan die kook te hou, maar hul hart het byna pynlik teruggetrek Suid-Afrika toe. Hulle wou eers vasbyt en het selfs slegte nuus uit Suid-Afrika op hul Facebook-blaaie gedeel om hul verhuising na die ander kant van die aarde te probeer regverdig.

fam2

Die Diedericks-gesin is Engelssprekend en binne vier maande het Lilli haar Suid-Afrikaanse aksent begin verloor. Haar ouers het toe besef sy sou as ’n Kiwi grootword, en min van haar Suid-Afrikaanse familie sien. Later sou sy haar dan nie met die Suid-Afrikaanse geskiedenis en erfenis kon vereenselwig nie.

“Om ’n mens huis te verloor is nog goed en wel, maar om jou identiteit te verloor is iets wat ons nie bereid was om te doen nie,” sê Gaylene.

famhome

Hulle weet baie Suid-Afrikaners is gelukkig in Nieu-Seeland en hulle het respek vir mense wat daar kan aanpas, maar dis gewoonlik “mense met baie geld en wie se hele familie saam met hulle emigreer het”, meen sy.

“Ons is nie mislukkings nie; ons is nie quitters nie. Ons is ontdekkingsreisigers en avonturiers wat self ons toekoms skryf – kom wat wil.”

Afskuwelike nekbesering beland Bok-yster in hospitaal vir operasie!

$
0
0

Goeie nuus rondom Julian Redelinghuys se nekoperasie!

Luidens berigte was die operasie vroeër Sondag suksesvol. Julian behoort later vandeesweek huiswaarts te keer.

Ons wens hom alle voorspoed toe op sy pad na herstel.




Vroeër vandag

Die Springbok-vasskopstut en Leeu-speler, Julian Redelinghuys, sal Sondag ‘n nekoperasie on Bloemfontein ondergaan nadat hy gister tydens ‘n Curriebekerwedstryd van die veld moes word.


Julian moes in die 44ste minuut van die veld gedra word ná hy en die Cheetahs se haker, Torsten van Jaarsveld, gebots het.

Julian se nek het teen ‘n baie slegte hoek gedraai. Die Leeus se spandokter, Rob Collins, het aangedui dat ‘n ‘ontwrigting’ van sy nek tydens die ongelukkige voorval plaasgevind het.

Hy het voorts gesê Julian ervaar miminale tydelike swakheid in sy linkerarm. Julian sal Sondagoggend luidens berigte n operasie ondergaan om die ontwrigting te verminder en te stabiliseer.

Die 27-jarige Julian, wat reeds vanaf 2013 in die kleure van die Leeus sy staal op die veld getoon het, het in 2014 sy toetsdebuut vir die Bokke teen Italië in Padova gemaak. In totaal het hy die Bokke reeds agt keer op die veld verteenwoordig.


Die spandokter is vol vertroue dat Julian sal herstel, alhoewel daar onsekerheid is oor sy vooruitsigte om weer op die veld te draf.


Volgens Sport24 was Julian gewis een van die keuses vir die Springboktoer volgende maand na Europa sou wees.

Intussen stroom wense van bemoediging in









Ook die Huisgenoot-span wens Julian spoedige herstel toe!

Bronne: rugby365.com, sport24.co.za, sarugby.co.za

KYK: Super-aanhangers kry TATOES om hul liefde vir Van Coke te wys

$
0
0

Francois van Coke het dit al dikwels teëgekom dat sy aanhangers tatoeëermerke het wat deur sy musiek en lirieke geïnspireer is.

“Altyd ’n weird gevoel,” het hy verlede week by ’n Instagram-foto van ’n aanhanger se tatoe geskryf. Die tatoe is ’n prentjie van Francois, maar sy oë is deur televisieskerms vervang.

“Ons oë is vervang deur skerms en ons siele met prentjies van die see,” het Francois die lirieke van die rockgroep Fokofpolisiekar se liedjie “Lugsteuring” aangehaal.

Dié tatoe is deur Monique Niewoudt op Elizabeth Anne Smith aangebring, het Francois op Instagram gesê.

Een van Francois se ander liedjies, Staan Terug vir Niemand Nie, is ook op ’n aanhanger se rug verewig.

Staan terug vir niemand nie. Behoort aan niemand nie #fantattoos

A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

En op dié aanhanger se arm.

Fan tattoos #behoortaanniemandnie

A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

En net so is die lirieke van die Van Coke Kartel-treffer Tot die Son Uitkom op iemand se arm verewig.

Kom ons wag tot die son uitkom #fantattoos

A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Ook op die fotograaf Jurie Neethling se arm. “In my eie handskrif nogal,” het Francois by ’n foto van die tatoe geskryf.

Ek voel baie bevoorreg dat my lirieke uit #totdiesonuitkom op @dievetman se arm getattoo is!

A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

“My een arm is net vol band tattoos en hou verband met bands,” sê Jurie. “Ek het besluit ek kort dalk ook ’n bietjie Afrikaanse woorde.”

Jurie neem dikwels musiekgroepe se optredes af en ken Francois goed.

Hy het die tatoe sowat twee maande gelede gekry toe hy saam met ’n vriend by ’n tatoewinkel was. “Ek het toe vir Francois ge-WhatsApp en gevra om vir my die lirieke neer te skryf.”

En sommer net so is die woorde “As dit klank is waarna jy soek dink ek jy’s op die regte plek” op sy regtervoorarm aangebring.

Jurie het ook ’n tatoe van ’n kreef met die woorde “Eet kreef”, soortgelyk aan die omslag van Johannes Kerkorrel se eerste ateljee-album op die agterkant van sy bobeen laat aanbring.

’n Foto van Francois wat besig is met ’n optrede is ook al in ink aangebring. “Pierre Visser het my op hom ge-tattoo. Sjo bro, dit is ’n moerse kompliment,” het Francois by ’n foto van die tatoe geskryf.

Pierre Visser het my op hom getattoo. Sjoe bro, dit is ‘m moerse kompliment.

A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

Liesl Beautain se tatoe is deur die tekeninge in Francois se solo-album geïnspireer.

Aanhangers van die rockgroep Fokofpolisiekar verewig ook soms die lirieke van hul gunstelingliedjies op hul lyf.

Divan Hanekom het die FOKOF spirit #spiritoffokof #fantattoos #tinytown

A photo posted by Fokofpolisiekar (@fokofpolisiekar) on

Dedicated fans in @innibos // ‘soet slaap sonder sonde’ #tattoo

A photo posted by Fokofpolisiekar (@fokofpolisiekar) on

Maar dis nie net Francois van Coke en Fokofpolisiekar wie se aanhangers so sterk voel oor hul kuns nie. Een van die sanger en televisie-aanbieder Bouwer Bosch se gedigte is ook al deur ’n aanhanger permanent gemaak.

Vasvra: Hoe goed het jy die week se nuus dopgehou?

$
0
0

Tussen Pravin Gordhan, Thuli Madonsela, Des van Rooyen en die brandende kampusse  het Suid-Afrika omtrent ’n gebeurtenisvolle week beleef. Gelukkig was daar darem ook die rugby, en soos altyd kon ons op die sterre vertrou om vir ’n bietjie ligsinnige nuus te sorg… 

Weet jy waarvan ons praat? Voltooi dan ons weeklikse nuusvasvra en kyk hoe goed jy die afgelope week opgelet het, of kom op hoogte van wat jy dalk misgeloop het . . .

Rol tot onder die vasvra om te sien hoe lesers verlede week gevaar het.

Foto, regsom van heel links bo: 7de Laan se Carina Nel; die Britse popster Rod Stewart; minister van finansies Pravin Gordhan; en Mundolene Vosloo, die Gautengse tiener wat in skokkende omstandighede dood is terwyl sy op ’n tropiese eiland vakansie gehou het.

Bronne: huisgenoot.com, you.co.za, netwerk24.com, bbc.co.za, nytimes.com, slate.com, washingtonpost.com

VERLEDE WEEK . . . 

Het 94% van julle geweet die regering wil die ouderdom waarop Suid-Afrikaners alkohol mag begin drink, tot 21 verhoog (die vraag wat deur die meeste mense korrek beantwoord is).

Het net 33% van julle geweet Google noem hul nuwe foon die Pixel (die vraag wat deur die minste mense korrek beantwoord is).

Was jul gemiddelde punt 62%, wat uitstekend is!

Kyk hier na die volledige uitslag.

Jong vrou verloor al haar ledemate ná virusinfeksie, nou inspirerende grimeerkunstenaar

$
0
0

Sy het al vier haar ledemate verloor, maar Kaitlyn Dobrow (21) van Suid-Carolina inspireer mense wêreldwyd met haar grimeerkuns.

Kaitlyn het drie jaar gelede haar arms en bene weens bakteriële meningitis verloor, maar wanneer jy na haar grimeertegnieke kyk, sal jy dit skaars glo.

Still editing this look but I wanted to share this picture 😊😂 #comingsoon #staytuned

A photo posted by Kaitlyn Dobrow (@kaitlyndobrow) on

Sy deel grimeerlesse op haar Instagram-profiel en het selfs ’n YouTube-kanaal waar sy al vir mense gewys het hoe om rokerige of goue grimering vir jou oë of skelpienk lipstiffie aan te wend.

Sy doen dit alles met behulp van prosteses. Kaitlyn het tans amper 70 000 volgers op Instagram.

Kaitlyn het in Februarie 2013 meningitis gekry. Op haar Facebook-profiel vertel sy van die moeilike tyd in haar lewe.
“Ek het die oggend lighoofdig en deurmekaar gevoel en ’n vreeslike kopseer en krampe gehad. Boonop het ek blou kolle oor my hele liggaam gekry en kon nie beweeg nie. Toe bel my ma 911,” skryf sy. “Die volgende dag was my hele lyf pers en geswel.”

“Die volgende week het blase oor my vel ontwikkel wat soortgelyk aan derdegraadse brandwonde was. Dit het daartoe gelei dat my vel begin disintegreer het. Binne weke het my vingers en tone swart geword. Die siekte het die sirkulasie na my arms en bene afgesny en dit het daartoe gelei dat dit geamputeer moes word.

“Die bakterie het 57 persent van my vel weggevreet en dokters moes die 43 persent van die vel wat nie geaffekteer was nie, gebruik om op dié areas oor te plant.”

In die ses maande dat sy in die waakeenheid was, het sy meer as 20 operasies ondergaan, sy was aan ’n voedingsbuis gekoppel en haar een long het platgeval.

Twee jaar daarna het sy geleer om met prostese te loop en sy gebruik nou prostese vir haar bolyf.

“Ek sou nie die ervaring vir enigiets ter wêreld verander nie. Dit het my nader aan God en my familie gebring en my verander in die mens wat ek vandag is. Ek beplan steeds om my drome in skoonheid en kook na te jaag.

“My lewe het nou net begin.”

Bronne: Ocregister.com, Dailymail.co.uk, Instagram.com


Dapper brandweerman red seuntjie uit diep put

$
0
0

’n Driejarige seuntjie van Pei County in die provinsie Jiangsu in China het ternouernood ontkom toe hy in ’n put van 8 m diep val.

’n Dapper brandweerman het kop eerste met net ’n tou om sy lyf met behulp van kollegas en omstanders in die put afgesak.

Die put is so nou dat die man sy veiligheidshelm en masker moes verwyder om in te pas. Boonop was die risiko hoog dat hy self in die put sou vassit. Op die foto kan duidelik gesien word dat sy stewels amper dieselfde grootte as die put se deursnit is.

Gelukkig kon die dapper man die huilende en verskrikte modderbesmeerde seuntjie binne vyf minute na veiligheid bring.

Bron: en.people.cn

Wat het van Worsie Visser se seun geword?

$
0
0

Sy pa se musiek speel steeds dansbane landwyd aan die brand, maar Marais “Malletjie” Visser (19), seun van die oorlede sanger Worsie Visser, tokkel self vir hom ’n plek in die plaaslike vermaakbedryf oop.

Hy is deel van die musiekgroep Dobbelsteun wat in Vredendal aan die Weskus gestig is, maar wyd en syd na feeste en danspartytjies genooi word. Hulle speel hul eie weergawes van rock-treffers, maar skryf ook nou hul eie musiek.

“Ons het die ander dag by ’n troue in Durbanville loop speel,” vertel Marais. “Dis lekker,” sê hy met sy Weskus-bry.

Hy vertel hy het die liedjie Wonder geskryf wat op hul CD sal wees.

“Jy moenie te veel wonder oor jou lewe nie. Wat die lewe ook al na jou gooi, staan op en just do it,” vertel hy.

Hy het net sy matriek voltooi toe hy ’n oproep kry van Johan van der Merwe, hoofsanger en akoestiese kitaarspeler van die groep. Hy het hom gevra of hy nie by hulle wil aansluit nie. Hy het al gehoor hoe geesdriftig dié skoolseun met sy kitaar op die skool se verhoog kan wees.

“Hoekom nie?” het Marais gedink. Hy was verlede jaar aan die Hoërskool Vredenburg en het besluit om ’n oorbruggingsjaar te vat. “Dit het volmaak vir my uitgewerk,” vertel hy.

Hy het begin kitaar speel onder aanvoering van sy stiefpa, Pierre Kershoff, wat hom sy eerste paar drukke gewys het. Nou speel hy baskitaar in die groep. Hy het seker sy aanvoeling vir musiek by sy pa, Worsie, geërf.

“Ja, is seker. Maar gene is niks sonder harde werk nie,” meen hy.

Sy halfsussie Zeree (14) is in gr. 8 op Vredendal. “Ek probeer ’n goeie grootboet wees,” vertel hy. “Sy is meer ’n sportiewe mens; goed in atletiek, gewigstoot en netbal,” vertel hy trots.

Hy oefen ten minste twee keer per week saam met Dobbelsteun, maar voor ’n optrede sal hulle probeer om elke aand te oefen.

“Ek hoor my pa was ’n easy going ou. Dit was vir hom lekker dat jy die musiek wat jy speel geniet. Hy was kalm. Ek luister na sy musiek en dit maak my trots,” vertel Marais.

Hy was agt maande oud toe sy pa in ’n vliegongeluk dood is. Hy sal nie vir almal vertel hy is sy seun nie, maar as mense uitvind, sal hulle gewoonlik kom vertel hulle het hom goed geken.

“Maar dan ken ek die oom en tannie glad nie. Ek dink my pa sou baie trots gewees het op my.”

Marais het beplan om volgende jaar te gaan studeer om ’n paramedikus, tandheelkundige of oogkundige te word. “Maar ek het besluit om my volle gewig agter die band te gooi En daar is genoeg ander werk hier rond. Ek kan op wynplase gaan werk.”

Waar kom sy bynaam, Malletjie, vandaan?

“Musiek is ’n lekker lewe. Ek sal op en af spring op die verhoog soos ’n mal ding, veral as die energie van die gehoor my aanmoedig,” sê hy. Hy is nog jonk en kan later gaan studeer, veral met die universiteite en kolleges wat nou so brand, sê hy.

Johan, ook bestuurder van die groep, vertel hulle skryf nou hul eie liedjies en musiek. Sy meisie, Anja Visser (nie familie van Marais-hulle nie), is ’n digter en hy toonset haar gevleuelde woorde.

Hul droom is om op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en by Oppikoppi op te tree. Dobbelsteun is op 3 Augustus 2013 gestig. Al die lede was van Vredendal. Johan werk by die Volkswagen-agentskap op die dorp. Hul eerste optrede was by die Vredendal-gholfklub. Die meeste van hulle ken mekaar van skooldae af. Lede het gekom en gegaan.

“Ons het gesê: ‘Kom ons gooi ’n dobbelsteentjie en kyk watter groeplid volgende kom,” vertel Johan. Dis waar die naam vandaan gekom het. Hulle het plakkate en plakkers vir die tromme laat druk. ’n Tikfout het ingesluip en dis hoe Dobbelsteun ontstaan het.

Hulle het daaraan gedink om die groep se naam te verander na iets soos Illusie of Persepsie, of om die fout reg te stel, tot hulle ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika gespeel het. “Dis so oulik dat jul naam vertel van steun aan ons,” het iemand opgemerk. Dit was dit.

Die ander lede van die groep is Zelmari Munnik op tromme en Wimpie Agenbag op ritmiese elektriese kitaar.

Hulle het al by die Huisgenoot Namakwa-fees, die Vleisfees en die Kreeffees opgetree en maak ál meer aanhangers langs die pad bymekaar.

“Ons is opgewonde oor die momentum,” vertel Johan. “Hou ons dop.”

Besoek Dobbelsteun se webtuiste om te sien waar hulle volgende optree.

Hartverskeurende nuus vir Mark Fish

$
0
0

Die voormalige sokkerster Mark Fish se pa, Malcolm, is Maandagoggend oorlede. Mark se eksvrou, Loui Fish, het ’n roerende boodskap vir haar voormalige skoonpa op die sosiale netwerke Facebook en Instagram gedeel.

“Ek skryf dié inskrywing met ’n baie swaar hart,” het sy op Facebook vertel. “My skoonpa, Malcolm Fish, is vanoggend na ’n kort siekbed oorlede. Ek is so dankbaar vir die tyd wat ons oor Desember saam spandeer het. Die eindelose gesprekke wat jy met (haar en Mark se seuns) Luke en Zeke oor sokker gehad het en hoeveel hulle dit geniet het om die vakansie met jou te spandeer. Selfs in jou hospitaalbed verlede week het jy altyd tyd gehad vir ’n grappie. Jy gaan baie gemis word. Ons is baie lief vir jou,” het sy geskryf.

Malcolm het in die Strand buite Kaapstad gewoon. Loui het by navraag gesê Malcolm, ’n pensioenaris wat onlangs weer as drywer gewerk het, het verlede Donderdag net “inmekaar gesak”.

“Hy is in ’n hospitaal in Somerset Wes opgeneem en toe Sondag oorgeskuif na Tygerberg-hospitaal. Ek weet nie wat hom makeer het nie. Hulle het na ’n maagseer gekyk en sou nog toetse doen. Hy is toe vanoggend half een in die hospitaal oorlede.”

Loui se eksman, Mark, het Donderdagaand afgevlieg om sy pa te besoek. Die twee was lank vervreem. Hulle het verlede jaar herenig danksy Loui, die ma van Mark se seuns, Luke (18) en Zeke (15). “Ek het hulle laas jaar weer bymekaar gebring na 17 jaar,” vertel Loui, wat deesdae in Durbanville in Kaapstad woon.

“Mark het laas September afgekom. Ek het hom na sy pa geneem. Malcolm het Desember by my en die kinders in die Kaap gekuier. Desember of Januarie was hy na Mark toe,” vertel sy.

“Dis vir my belangrik dat my kinders hul oupa ken. Ek het een keer elke week of elke tweede week met hom gepraat, nes met Mark se ma (Denise). Ek het van Mark geskei, nie van die res van die familie nie…”

Fanie du Preez se 14-jarige moes waarskynlik in pistoolloop vaskyk voor doodskoot

$
0
0

Opspraakwekkende getuienis wat Maandag in die Vereeniging-hof aangehoor is, dui op die moontlikheid dat Philip (14) waarskynlik in die loop van die pistool moes vaskyk voordat hy vermoedelik doodgeskiet is.

So het kaptein Joe van Heerden, ‘n ballistiese deskundige van die forensiese afdeling en veteraan met 20 jaar diens in die polisiemag getuig.

Luidens berigte het dié moontlikheid skokgolwe deur die familielede in die hof teenwoordig, gestuur.


Daar is twee .38-koeëls in Philip se kamer gevind: een het deur die kopstuk van die bed die muur binnegedring, die ander die bedkassie. Philip het gesterf nadat hy met ‘n 9 mm-pistool geskiet is.


Verdere ontstellende getuienis dui daarop dat daar moontlik ‘n worsteling tussen die 14-jarige en die skieter kon wees voordat hy doodgeskiet is.


Die skoot uit die 9 mm-pistool het hom egter oombliklik gedood. Daar was nie ‘n knaldemper aan die pistool geheg nie.

Die knaldemper waarna hier verwys word, is die oliefilter wat in ‘n tuisgemaakte knaldemper omskep is. Dit sou makliker wees om die rewolwer aan die knaldemper te heg as die pistool.


Kaptein van Heerden het aangedui dat die skoot uit die 9 mm-pistool hard genoeg sou wees dat iemand in die huis dit sou hoor.

Dit was vermoedelik wat Carlia wakker gemaak het.


Daar is drie koeëlgate in Carlia se bed gevind. Die basis van die bed en hout is getref. ‘n .38-koeëlpunt is uit die bed se bases verwyder. Hy het voorts aangedui dat die skieter sowat 54 cm van Carlia sou wees en dat die persoon moontlik op sy knieë op die bed was toe die skote gevuur is. Een van die skote word positief verbind met die .38-rewolwer.

Carlia is deur beide die pistool en rewolwer geskiet. Daar word vermoed dat die wit materiaal wat in haar hand waarmee sy gekeer het, gevind is, van ‘n duvet of laken afkomstig is. Sy is ses keer geskiet.

Lees ook:
‘Nee, Pappa, nee!’ – voor pa dogter ‘ses keer skiet’

Du Preez se vrou, Thea, is na bewering eerste met die rewolwer geskiet. Daarna Philip gevolg deur Carlia. In beide die kinders se aanval is die rewolwer én pistool ingespan.


Lees ook: ‘Sy’t hom elke keer vergewe’ – toe skiet hy haar en kinders dood

Fanie du Preez (40) van Vanderbijlpark word daarvan aangekla dat hy sy vrou, dogter en seun vermoor het. Verskeie van die voorgenome 22 getuies het reeds sedert die aanvang van die saak op 10 Oktober in die hof in Vereeniging getuig.


Sameswering-fanatikus dood enkele dae ná hy ysingswekkende boodskap aan ma stuur

$
0
0

“Jou seun is in die moeilikheid. Doen navraag as enigiets met my gebeur.”

Daar was geen rede waarom Vanessa Bates nie kon dink haar seun, Max Spiers, is enigiets behalwe paranoïes nie toe hy hierdie vreemde boodskap in Julie vanjaar aan haar stuur.

Die 39-jarige Max was immers ’n kenner op die gebied van samesweringsteorieë en op pad na Pole waar hy ’n praatjie moes lewer oor hierdie teorieë en VVV’s.

Maar enkele dae na hy hierdie spookagtige selfoonboodskap aan sy ma gestuur het, is sy liggaam in dié Oos-Europese land op ’n rusbank gevind, berig The Mirror .

Daar is bepaal dat hy aan natuurlike oorsake dood is, hoewel daar glo geen nadoodse ondersoek uitgevoer is nie.

Nou is sy 63-jarige ma vasbeslote om aan haar seun se laaste versoek te voldoen.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Volgens Vanessa het sy navorsing oor VVV’s en “regeringstoesmeerdery” daartoe gelei dat hy “hope” vyande gehad het, veral ná hy onlangs begin ondersoek instel het na die lewens van welbekende politici, sake- en vermaaklikheidspersoonlikhede.


 
Vanessa, ‘n Engelse onderwyseres, sê: “Ek dink Max het in donker plekke gegrawe en ek is bevrees iemand wou hom dood hê.”

Volgens MailOnline, het Max met die wetenskapfiksieskryer Monika Duval saamgewerk en ook by haar in Pole gebly.

“Max was baie fiks en in goeie gesondheid, en tog het hy skynbaar net skielik op ’n rusbank gesterf.”

“Al wat ek het, is ’n sterftesertifikaat van die Poolse owerhede wat sê dat hy aan natuurlike oorsake dood is, maar daar is geen nadoodse ondersoek gedoen nie, so hoe kan hulle dit sê?”

“Hulle weier boonop om enige papierwerk uit te reik aangesien ek nie sy skriftelike toestemming het nie – iets wat tog belaglik is.”

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Max se internet-aanhangers stem klaarblyklik saam, want hulle eis dat besonderhede oor dié pa van twee se dood beskikbaar gestel word.

“Hierdie jong man is in Pole vermoor,” het een van Max se volgelinge op sy blad geskryf. “Hy het glo swart bloed opgegooi. Hulle het by hom uitgekom!”

“Ek hoop nie hy gaan verdwyn sonder ’n ondersoek nie … alhoewel ons reeds weet wat die uitslag daarvan is.”

Kerry Cassidy, ’n Project Camelot-blogger beweer op haar beurt: “Die dokter wat Max ondersoek het, sowel as die polisie wat na die villa toe gekom het, het die liggaam agtergelaat ten spyte van die feit dat hulle geglo het Max is dood.”

“Watter soort amptenare doen dit? Al die omstandighede is verdag en ek vra almal om Monica aan te moedig om die besonderhede oor wat werklik gebeur het, aan die groot klok te hang en aan te dring op ’n nadoodse ondersoek.

Nog ’n samesweringsteoritikus van HPANWO Voice het bygevoeg: “Selfs die hoofstroommedia het hierdie storie opgetel met een van hul kenmerklike tong-in-die-kies-uitlatings. Die term “samesweringsbewonderaars” dui daarop dat hulle nie in objektiwiteit belangstel nie.”

Bronne: Mirror.co.uk, MailOnline, Metro.co.uk

Steve Hofmeyr se vrou maak stem dik oor ‘swangerskap-grappies’

$
0
0

Die sanger Steve Hofmeyr se vrou, Janine, sê sy het nou genoeg gehad van “swangerskap-grappies”.

Die donkerkop het verlede Woensdag haar misnoeë op Facebook te kenne gegee toe sy ’n prentjie van ’n gesiggie met ’n onderstebo-duim met haar aanhanger gedeel het.

“Gaan iets oorkom as ek nog een swangerskap-grappie sien! Dis regtig nie snaaks nie,” het sy by die prentjie geskryf.

Haar ondersteuners en aanhangers het dadelik bemoedigende woorde gedeel en gesê sy moet haar nie aan “onsensitiewe” mense steur nie.

“Wanneer die tyd reg is, gaan jy swanger word. God se tyd is die perfekte tyd. Sterkte,” het ene Annemarie Kemp, een van Janine se Facebook-aanhangers, haar moed in gepraat.

“Swak smaak as jy my vra!” het Corrie Pretorius Venter weer laat hoor.

“Hou jou kop hoog en steur jou nie aan die klomp nie. Dit het niks met ander mense te doen nie,” het Vida du Toit geskryf.

Nuusbronne het verlede jaar berig dat Steve graag weer sal wil pa word. “Dit vat wel ’n bietjie langer om swanger te raak as wat ons gedink het. Maar ons het albei gegaan vir toetse en ons is vrugbaar en reg vir ’n kind,” het die sanger aan Netwerk24 gesê.

“Baie dankie vir die gelukwense, maar nee, ek is ongelukkig nog nie swanger nie. Net Rapport wat weer slinks was met hulle misleidende plakkate. Maar ons hoop daars goeie nuus sommer baie binnekort,” het Janine kort ná die onderhoud op haar Facebookblad geskryf.

Steve en Janine is in 2014 getroud. Dis nie duidelik wat haar genoop het om die onlangse inskrywing op Facebook te maak nie.

Vir die Voëls-fliek: Ontmoet vir Leandry Smith

$
0
0

Ontmoet die sprankelende Leandry Smith. Julle sal haar leer ken as klein Irma, wat vir niks of niemand terugstaan nie. Teken die 25ste November 2016 in jou dagboek aan.

KLIK HIER om nog meer uit te vind van Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die Voëls. In bioskope vanaf 25 November 2016.


Goeiste, waarom het Elvis Blue in die hospitaal beland?

$
0
0

Die sanger Elvis Blue het sy aanhangers bekommerd gehad toe hy ‘n foto van homself met ‘n suurstofmasker in ‘n hospitaal op Instagram geplaas het.

Maar hulle kan gerus wees – Elvis is 100%.

Tussen verskeie optredes deur het Elvis ‘n vinnige draai in ‘n Johannesburgse hospitaal gemaak omdat hy ‘n griep gehad het wat net nie wou wyk nie, het sy betuurder, Kona Brown, aan Huisgenoot gesê.

“Elvis sukkel al ‘n rukkie met griep wat net nie wou beter word nie. Hy het twee optredes gehad die afgelope naweek agter die rug en het nog ‘n verdere 35 optredes om te doen voor die einde van die jaar.

“Na ‘n optrede in Bloemfontein verlede week, het hy toe besluit om vinnig hospitaal toe te gaan,” sê sy.

Daar het hy bietjie kortisoon en suurstof gekry om hom (en sy stem) weer ‘n hupstoot te gee.

“Elvis is baie beter nou en die show gaan steeds aan!” verseker Kona.

Luke…. I am your father!!!! #nofun #novoice

A photo posted by Elvis Blue (@elvisbluemusic) on

‘Ek is nie besete deur die duiwel nie!’ sê Huisgenoot-joernalis met depressie

$
0
0

Huisgenoot-joernalis Pieter van Zyl vertel in ’n ope brief hoe dit is om op psigiatriese medikasie te wees vir onder andere depressie en dat daar niks met sy siel verkeerd is nie. Dit volg na ’n gerekende NG-dominee ’n debat ontketen het nadat hy tydens ’n onlangse Bybelskool gesê het angs en depressie kan ’n simptoom van “gebondenheid aan die duiwel” wees.

Sellofaan, watte, kop onder die water. Het jy ook al gevoel jy moet hierdeur beweeg? Dan gebruik jy dalk ook, soos ek, medikasie vir ’n psigiatriese toestand.

Jy is bewus van die krakies in jou gemoed; dat jou hart soos ’n eier in die mikrogolfoond uitmekaar gaan spat. Maar die chemikalieë in jou bloed en brein hou alles bymekaar, al voel jy heeldag naar en duiselig

Ek is sielkundig ongesteld – geestesiek – soos mense dit sal noem. Maar absoluut niks is met my gees verkeerd nie. Ek is ’n baie geestelike mens. Ek is veral nie deur die duiwel besete nie. Inteendeel. My gees is baie gesond, want ek bly hoop. Dit het, gelukkig vir my, helder begin opflikker toe ek die regte medikasie kry. Met hoop kan ’n mens oorleef, al is die newe-effekte van die pille dikwels ondraaglik.

Deur die nag en die eerste paar uur nadat ek opgestaan het, is my mond so droog, my tong voel soos skuurpapier teen my verhemelte. Daar moet altyd ten minste ’n liter water byderhand wees, anders is dit byna onmoontlik om te praat. En vir ’n joernalis wat moet onderhoude voer, is dit een van die grootste nagmerries.

’n Rukkie gelede moes ek klas gee in trauma-verslaggewing toe dit so erg raak dat ek die lesing moes kortknip.

Ek het ook heeltyd ’n onblusbare lus en selfs obsessie met carbs: brood, pasta, pasteie, tjips. Dis selfs erger as die rookgewoonte wat my ná meer as 10 jaar sonder sigarette weer beetgepak het.

Dokters noem dit “self-medikasie” en “comfort eating”. Die rokery laat die fladdering deur my lyf bedaar. Ek sal my kieste vol stop tot ek soos ’n hamster lyk. Dit laat my goed voel.

Ek het weer ná drie maande probeer teruggaan gimnasium toe, maar my rooklonge en die feit dat ek so onfiks is, suig die energie ná minder as 10 minute op die drafmasjien uit my uit. Maar ek gaan weer ophou rook as die tyd reg is. Vir nou is dit ’n trooskombersie. En dan sal ek ook weer fiks word deur Tafelberg en die Gewelberge te gaan klim. My medikasie moet net eers ’n balans in my brein bewerkstellig. Dit kan tussen drie tot ses weke duur, waarsku die psigiater.

Ek is nou op antidepressante met ’n sterkte van 75 mg en 100 mg antipsigotiese middel saans en 25 mg daarvan in die oggend. Die newe-effekte is soms baie erg, maar ek weet verseker as ek dit nie geneem het nie, sou ek dalk nie hier kon sit en skryf nie. Dit hou my aan die gang.

Een derde van alle Suid-Afrikaners het ’n psigiese siekte – en 75 persent van hulle sal nooit enige hulp kry nie. Ek is een van die gelukkiges.

Oktober is ’n bewusmakingsmaand oor psigiatriese gesondheid.

Meer as 17 miljoen mense in Suid-Afrika leef met depressie, dwelmmisbruik, angs, bipolêre steuring en skisofrenie, toon syfers van die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid. Die simptome van tussen 70 en 90 persent van psigiatriese pasiënte sal beduidend opklaar en lewensgehalte verhoog met ’n kombinasie van medikasie, psigososiale behandeling en ondersteuning.

Ek sit hier in my kantoor op die sewende verdieping hoog bo die grond. Agter het die uitsig oor die hawe die afgelope maande begin verdwyn weens ’n nuwe gebou wat ál hoër vorder. Uitsigloos?

Ek is al sedert 1999 ’n joernalis. Ek is nou 43. As misdaadverslaggewer in die beginjare het paniekaanvalle en mettertyd angssteuring my amper my werk gekos. Maar ek het gelukkig gou by ’n psigiater uitgekom.

Die medikasie waarop sy my gesit het, het vir ’n ruk gehelp, maar ek het die slaapmiddel en susmiddel begin misbruik en verslaaf geraak daaraan. Dit het ses psigiaters en drie sielkundiges gekos om by die regte behandeling en medikasie uit te kom.

En hier is ek nog. Elke dag, omring deur millennials wat multimediavaardig is en hierdie ou hond nuwe toertjies moet leer. Ek moet myself bewys. Dat ek nog hier hoort; ’n bydrae kan lewer. My gemoed is dalk gekraak, maar ek is nie gebroke nie.

Die medikasie is in hierdie stadium die gom wat my bymekaar hou. Dis niks om oor skaam te wees nie. Soms behandel mense jou of jy dom of ’n bietjie stadig is. Lag dit af. Hulle bewys net hul eie onkunde. Soms voel dit of die jonges wat saam met jou werk, respek by die venster uitgooi as hulle uitvind jy kry behandeling.

Herinner jou net heeltyd dat jou lewenservaring nie iets is wat hulle op universiteit of kollege geleer het nie. Hulle kan dalk ’n YouTube-kanaal of hul eie app bou, maar het hulle raad vir mense wat deur ’n moeilike tyd gaan? Kan hulle mense help opbou?

Mense drink pille vir hoë bloeddruk, cholesterol, hartsiektes. Hierdie pille is nie pret om te neem nie, maar depressie kan die kanker van die siel wees. En net soos jy kan sterf aan kanker wat nie behandel word nie, kan jy sterf aan depressie weens selfdood.

Mense praat van ons as die “Prozac nation”. Ek beskou ons as vegters in die daaglikse stryd teen die siektes in ons gemoed. Respekteer ons daarvoor. Gee ons ’n kans.

En vir almal van my “tribe”: Ek is hier vir myself en vir julle. Kop hoog, haal diep asem en kom ons storm die lewe tegemoet.

Hier’s hulp:

Om te lewe saam met iemand met ’n psigiatriese siekte, kan ’n uitdaging wees, sê dr. Ajesh Janki, ’n psigiater by die Akeso-kliniek in Umhlanga aan die KwaZulu-Natalse noordkus. Hy beantwoord ’n paar vrae:

Wat kan ek doen as iemand weier om hulp te kry?

Probeer om die redes te verstaan en stel hulle gerus oor hul kommer. Herinner hulle daaraan dat ’n besoek aan ’n sielkundige of dokter nie noodwendig beteken jy sal moet behandeling kry of in ’n hospitaal opgeneem word nie. En behandeling behels nie altyd medikasie nie. Daar is ook sielkundige terapie.

In ernstige gevalle waar die mens ’n gevaar vir hulself of ander mense kan inhou, kan hulle sonder toestemming opgeneem word. Dit behels ’n wetlike proses wat ’n mens dwing om in ’n hospitaal opgeneem te word.

Hoe hanteer ek moeilike gedrag?

Dit help om planne te beraam en die risiko van gedrag vroegtydig te voorkom, soos dwelm- en alkoholmisbruik, dreigemente of aggressiewe dade en dreigemente van selfskade.

Verbale of geskrewe ooreenkomste werk dikwels. Dit kan dalk beter wees om ooreen te kom om klein hoeveelhede by die huis te drink as om by ’n gefuifdrinkery op straat betrokke te raak.

Wees bewus van gedrag wat kan voorspel iemand gaan hulself of ander skade aandoen soos byvoorbeeld om die huis aan die brand te steek of buite rond te dwaal. Ontkoppel byvoorbeeld die stoof of plaas kameras by die ingang of uitgang van die huis. In uiterste gevalle moet oorweeg word of ’n sorgagentskap of tehuis genader moet word. Dit moet tot voordeel van die pasiënt wees en tot voordeel van jou of die versorger.

Wat doen ek as iemand selfdoodneigings toon?

Probeer vasstel hoe die mens voel en wat tot die desperaatheid bydra. Bied ondersteuning waar jy kan, maar onthou jy is nie ’n terapeut of psigiater nie. Daar is baie steungroepe wat kan help (sien onder).

Soek dringend hulp by ’n professionele mens en waar nodig neem jou geliefde na die noodeenheid van ’n hospitaal om vas te stel of hulle opgeneem moet word.

Vir bystand maak kontak met:

Akeso-psigiatriese kliniek, Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag), Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiatrie.

Skokkende foto’s van Jayde Panayiotou se lyk word in hof gewys

$
0
0

Die Jayde Panayiotou-moordverhoor is Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth voortgesit en die emosies het behoorlik hoog geloop.

Die verdediging, onder leiding van adv. Terry Price SC, het die kruisondervraging van die staatsgetuie, Clarishka Kapp, voortgesit.

Clarishka, ’n vriendin van Christopher Panayiotou se minnares, Chanelle Coutts, het in trane uitgebars toe adv. Price haar uitgevra het oor duur geskenke wat Panayiotou vir haar gekoop het.


Sy het Panayiotou as ‘n vrygewige man bestempel en getuig dat hy Polo-handsakke van ongeveer R2 000 elk, ’n horlosie en duur haarstileerder vir Chanelle gekoop het.

Lees ook: Sappige stories oor Jayde Panayiotou se man en skelmpie kom uit in hof

Maar sy het nêrens in haar getuienis melding gemaak van enige geskenke wat Christopher vir haar self gekoop het nie.

Adv. Price het gesê sy het soortgelyke geskenke ontvang en dit met opset nie in die hof genoem het nie. Hy het aangevoer dat Clarishka ook geswyg het oor ’n iPhone van R5 000 wat Panayiotou vir haar gegee het.

Toe adv. Price haar herhaaldelik vra waarom sy niks van die duur geskenke wat Panayiotou vir haar gekoop het in haar verklaring en getuienis genoem het nie, het sy in die getuiebank begin huil.


Nadat die hof vir ‘n ruk verdaag het, het Clarishka getuig oor Chanelle se buite-egtelike verhouding met Panayiotou. Sy het gesê Panayiotou het haar die oggend van sy troue met Jayde gebel en gesê hy is bang hy gaan Chanelle verloor.

Clarishka het gesê sy het geweet Chanelle slaap soms in Christopher se huis oor wanneer Jayde nie daar is nie. Adv. Price het haar ook uitgevra oor ‘n foto’s wat die drie aan mekaar sou gestuur het.

Sy het gesê sy het ‘n foto van haar, kaalbolyf in ‘n bad met ‘n glas wyn, aan Panayiotou en Chanelle gestuur. In reaksie daarop het Chanelle vir haar ‘n foto van haar en Panayiotou saam in die bed gestuur.

Die staat, onder leiding van adv Marius Stander, het daarna vir a.o. Paul Franks, ‘n lid van die polisie se soek-en reddingseenheid ondervra.

Jayde se lyk is op ‘n groot skerm in die hof vertoon om te wys waar a.o. Franks haar op 21 April 2015 aangetref het. ‘n Nabyskoot van Jayde se bleek gesig het ook op die skerm verskyn.

Lees ook: Só het Jayde Panayiotou gesterf

Gesinslede van beide Jayde en Christopher het hoorbaar na hulle asems gesnak. Michelle Inggs, Jayde se ma, het die hofgebou in trane verlaat.

Nadat o.a. Franks getuig het hoe hy op Jayde se lyk afgekom het en die polisie ontbied het, het die hof verdaag. Gedurende die verdaging het Fornoulla Panayiotou, Jayde se skoonma, haar kop laat sak en trane afgevee.

Die verhoor word môre voortgesit.

Christopher word as die vermeende baasbrein agter Jayde se moord en ontvoering in April 2015 verhoor. Sy medebeskuldigdes is Sinethembe Nenembe en Zolani Sibeko.


Die hof verdaag tot Dinsdag, 18 Oktober.

Gaan Facebook ‘môre’ al my privaat inligting openbaar?

$
0
0

Die afgelope sowat twee weke word ’n vals gerug lustig deur Facebook-gebruikers versprei dat dié sosiale platform “vanaf môre” gebruikers se privaat inligting openbaar sal maak tensy jy die gerug help versprei.

Nêrens word egter genoem wanneer “môre” is nie. Ook g’n wonder nie, want dié gerug is niks meer as dit nie: net ’n wolhaarstorie. Om die sout nog verder in die wonde te vryf, is hierdie inskrywing ook glad nie nuut nie. Dit het reeds in 2012 kop uitgesteek en word nou bloot weer versprei.

Facebook het reeds die plasing as vals afgemaak in ’n verklaring etlike maande gelede.

Volgens die wolhaarstorie moet jy die inskrywing versprei of Facebook gaan alles wat jy al ooit gedeel het, openbaar. Selfs foto’s en inskrywings wat jy al uitgewis het gaan glo weer die lig sien.

As jy die inskrywing deel, “verklaar” jy kamtig dat Facebook jou foto’s en inligting privaat moet hou. Buiten dat dit ‘n bogstorie is, het dit ook geen effek vanuit ‘n regsoogpunt nie, sê Leana Engelbrecht, van Baker & McKenzie, ‘n regsfirma in Johannesburg.

Sy verduidelik die gebruik van sosiale netwerke word gereguleer deur die spesifieke platform se gebruikersvoorwaardes en privaatheidsbeleid.

“Wanneer jy by ’n sosiale netwerk aansluit word jy gevra om die relevante voorwaardes te aanvaar. Wanneer daar enige veranderinge in hierdie voorwaardes sou kom, sal die gebruiker daaroor ingelig word en weer die geleentheid gegee word om die nuwe voorwaardes te aanvaar of nie.”

Sy sê dat netwerke hul bes doen om hul gebruikers se privaatheid te beskerm, binne die perke wat deur die gebruiker gestel word. Haar advies aan gebruikers van sosiale netwerke soos Facebook is om hul privaatheidstellings so te stel dat hul inligting so privaat as moontlik gehou word.

Hier is ‘n tong-in-die-kies-weergawe van die gewraakte inskrywing wat gebruikers deel:

facebookgerug

In een van die ‘egte’ briefies wat die ronde doen, word daar na die UCC en die Rome-statuut verwys.

Nóg die UCC (wat staan vir The Uniform Commercial Code) of die Rome-statuut het enigiets met Facebook te make. Eersgenoemde het met internasionale handel uit te waai terwyl die Rome-statuut ‘n internasionale verdrag is om met oorlogsmisdadigers af te reken.

In kort het hierdie inskrwying net mooi niks te make met jou privaatheidsverstellings nie en kan jy dit gerus ignoreer.

Jou sterre vir Dinsdag, 18 Oktober 2016

$
0
0

Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG
Vandag moet jy iets geniet wat sportief of avontuurlik is.

AS JY VANDAG VERJAAR
Jou geboorte op die sterretekens se dag van persoonlike leierskap laat jou hoë standaarde aan jouself stel. Volgende jaar moet jy minder stres en heelwat meer ontspan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Venus beweeg tot 12 November in jou avontuursone in. Dit is nou ’n uitstekende tyd om jou volgende vakansie te beplan; hopelik iewers waar jy kan ontspan en die mooi omgewing en puik kos kan geniet.

BUL, 21 Apr.-21 Mei
Bulle kan soms vervelig en stadig wees. Vandag skuif Venus tot binne-in die vurige en impulsiewe Boogskutter-teken – 12 November. Jy gaan dus meer lewendig en spontaan as gewoonlik voel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Intieme verhoudings gaan verbeter met die vredesplaneet, Venus, wat jou vriendskapsone tot 12 November besoek. Streef daarna om superdiplomaties te wees terwyl jy probleme met jou gesin en vriende uitstryk.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Onder Venus se invloed is dit nou tyd om goed te doen waarvan jy hou, ongeag of dit nou is om heerlike kos te kook, mooi handwerk te skep of om met jou gunsteling vierpotige vriend te gaan stap.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Vriendskappe is bestem om te floreer. Die kameraadskapsplaneet, Venus, laat jou goed voel en sal jou help om op gedeelde belangstellings te fokus. Bring ’n bietjie gehaltetyd vandag saam met ’n spesiale vriend of vriendin deur.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Het jy die afgelope tyd frustrerende probleme met ’n weerbarstige lid van die gesin ervaar? Venus, die onderhandelingsplaneet, moedig jou aan om die olyftakkie te swaai terwyl jy toegewings maak en simpatiseer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Jou beskermheerplaneet, Venus, moedig jou aan om ander mense in jou plaaslike gemeenskap behulpsaam te wees. ’n Verhouding met ’n familielid of buurman behoort te verbeter, solank jy bereid is om te luister.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Is jy bekommerd oor geld? Iewers binne die volgende drie weke gaan Venus help om jou finansiële situasie te verbeter. Jou geluk gaan van korte duur wees as jy verkies om eerder te bestee as te spaar.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Venus flankeer vandag in jou teken – tot 12 November. Dit verhoog jou sjarme en gee jou selfvertroue superkrag. Dit verhoog egter ook jou neiging om verkwistend en genotsugtig te wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Is jy uitgeput? Het jy ’n paar laat nagte agter die rug? Dit is tyd vir ’n herlaaisessie terwyl Venus jou aanmoedig om te mediteer, planne te beraam, na te dink en vars te begin op maniere wat jou die beste pas.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Dit is nou tyd om die internet aan die brand te kry terwyl jy dit geniet om kontak te maak met invloedryke mense in jou lewe; persoonlik en aanlyn. Wie weet waarheen hierdie verhoudings kan lei?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die volgende drie weke is ’n gunstige tyd om jou werk- of studiegebied met vars blomme, inspirerende musiek of ’n vinnige laag verf te verfraai. As jou omgewing aangenaam is, gaan jou uitsette verbeter.

© Joanne Madeline Moore

Viewing all 9424 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>