Skouspel 2013 – beslis die musikale hoogtepunt van die jaar op die Suid-Afrikaanse kalender. Elvis Blue, mede-wenner van Idols SA 2010 was ook daar om derduisende Skouspelganger te vermaak met sy Afrikaanse komposisie
Skouspel 2013: Elvis Blue – Rede om te glo
Die snaakste, maar vreemdste, troeteldier-oomblikke ooit!
Dit is glad nie ongewoon dat diereliefhebbers gaande is oor hul troeteldiere is nie… Maar, daar is mense wat dit darem net te ver vat.
Weer: Temperature vir 27 November 2013
Hier is die verwagte minimum en maksimum temperature vir Woensdag, 27 November 2013.
Alexanderbaai……..15 22
Beaufort-Wes………13 23
Bethlehem…………12 24
Bloemfontein………14 30
Calvinia………….07 24
Cradock…………..06 20
De Aar……………13 27
Durban……………18 22
Emalahleni………..15 27
Ermelo……………13 23
George……………13 20
Graaff-Reinet……..07 20
Grahamstad………..07 18
Johannesburg………14 28
Kaapstad………….13 22
Keetmanshoop………23 35
Kimberley…………16 30
King Williams Town…11 18
Klerksdorp………..16 30
Ladysmith…………15 23
Lephalale…………21 34
Mafikeng………….20 35
Mokopane………….19 32
Musina……………21 32
Nelspruit…………18 26
Oos-London………..15 21
Oudtshoorn………..14 24
Phalaborwa………..19 29
Pietermaritzburg…..14 19
Polokwane…………13 28
Port St Johns……..16 22
Port-Elizabeth…….12 19
Potchefstroom……..17 32
Pretoria………….17 30
Queenstown………..07 23
Richardsbaai………19 25
Riversdal…………13 22
Rustenburg………..18 32
Skukuza…………..21 30
Springbok…………10 26
Standerton………..14 27
Sutherland………..03 21
Tzaneen…………..16 27
Umtata……………13 20
Upington………….18 35
Vereeniging……….14 29
Vredendal…………12 27
Vryburg…………..18 36
Walvisbaai………..16 26
Welkom……………16 30
Windhoek………….20 32
Worcester…………13 24
Waar in die wêreld
Ek soek At Joubert wat in 1977 op Carletonville met Sharon Lehman uitgegaan het. Laaste wat ek gehoor het, was hy in Welkom. Bel my by 081-537-4212.
Ek soek Jannie Bosch wat van 1964 tot 1968 in die Hoërskool Hangklip op Queenstown was. Hy was ook in die Laerskool Hangklip. Hulle het in Tyldonstraat gewoon. Sy suster is Antionette, wat getroud is met Johan Stroop (of Stoop) wat ook op Queenstown gewoon het. Sy pa was Willie Bosch en sy ma was Vossie. Enigiemand met kontakbesonderhede, e-pos my na sanetblatt50@gmail.com.
Ek soek Japie Jacobs wat omstreeks 1960 met Trudie Fourie uitgegaan het. Sy het in Olckersstraat, Eloffsdal, gewoon. Bel 082-701-8143.
Ek soek vriende van die Fourie-dogters wat in 1960 en 1961 saam met die Fourie-dogters of -kinders gekuier het. Van hulle name was Marie, Lena, Yvonne, Poppie, Tokkie, Izak, Trudie en Piet. Hulle ma en pa was Izak en Hester Fourie. Hulle het in Olckersstraat, Eloffsdal, gewoon, en altyd op Margate gaan vakansie hou. Bel 078-729-4051.
Ek soek my suster, Natascha Anett Magdalena Barnes. Ungerer is haar aanneemvan. Sy is gebore in 1983. Haar pleegouers is Gert en Lydia Ungerer. Hul het gewoon in Akasia, waar sy aan die Hoërskool Gerrit Maritz skoolgegaan het. Bel Raaitjie Steenberg (haar ouma) by 084-505-5766.
Ons nog 40 van die 1976-matrieks van die Hoërskool Zeerust vir ’n reünie. As jy nog nie gekontak is nie, stuur jou naam, selnr. en e-posadres na 1976matriek@gmail.com of faks 086-219-2200.
Ek soek my boetie, Chrisjan Arnoldus Jacobus Els. Ons het hom laas gesien toe hy klein was. Hy is in 1983 gebore. Ons wil hom graag weer sien. As hy regtig belangstel, moet hy sy sussie kontak by 076-959-1865. Ek het al kinders en hulle hoor net van hom.
Ek soek Eunice Smith-Cousins wat saam met my by Williams Hunt Delta in Durban gewerk het van 1995 tot 1996. Hulle het in Bluff en daarna in Durban-Noord gewoon en is toe oorsee. Sy het ’n seun met die naam van Wally en haar man se naam is Jim. Bel Annatjie Beyleveldt by 082-593-7047 of 082-318-2309 of epos ambeyleveldt@gmail.com.
Ek is op soek na 1973-matrieks van die Hoërskool Volksrust, Ria Botha, Magda Meyer, Helena van Rheede van Oudtshoorn, Sarel Marais en André Steenkamp. Bel Sienie Olivier by 072-309-1105.
Ek soek kollegas wat van 1980 tot 1991 saam met my gewerk het by adjudant-offisiersmenasie op Voortrekkerhoogte. Bel 084-289-6345 of stuur ’n e-pos aan KdeBruyn@thedti.gov.za.
Ek is op soek na my oorlede pa se familie. Hy was Karel Hendrik Esterhuysen, gebore 8 Januarie, maar ek het nie die jaar nie. Hy is getroud met my ma, Elsie Susanna van der Merwe, maar ek weet nie watter jaar nie. Hy is oorlede op 2 Junie 1962, en is begrawe in die Wespark-begraafplaas. Ons is drie kinders. Die oudste, Elsie, is gebore op 20 Augustus 1955 en het by my ouma aan my ma se kant (ouma Ella) grootgeword. Dan ek, Anna Jacoba, gebore 8 November 1956. My ma was swanger met my jongste suster ten tye van my pa se dood. Dié dogter is gebore op 17 Augustus 1962. My pa se ma was Anna Jacoba Esterhuysen. Een van sy susters se naam is Dora wat later jare Skukuza toe getrek het. Een van sy broers se naam is Ampie. Ek dink hulle is oorspronklik van Boksburg of Brakpan. Selfs al kontak die kinders van tannie Dora of oom Ampie of enige ander familielid aan my pa se kant my, sal ek dit opreg waardeer. Bel 082-320-4758 of e-pos na annatjiehome@gmail.com.
Ek soek tannie Truia en oom Attie. Truia het al die jare by MHVS gewerk (nou Medihelp). Hulle het in Villieria gewoon maar onlangs verhuis na die omgewing van Montana of Sinoville. Bel Hettie by 079-292-7220.
Ek soek Christine en Frikkie Botha. Hul kinders is Frikkie en Jaco. Ek wil baie graag met hulle in kontak kom, al is dit ook net ’n posadres. Sy werk as ’n suster in ’n hospitaal; dis wat sy laaste gedoen het. Haar man weet ek nie presies waar hy werk nie. Ek weet of ek kan onthou dat ek gehoor het dat hulle ’n hele paar jaar gelede in Fochville se wêreld gewoon het. As iemand dalk kan help, sal ek dit waardeer. Kontakbesonderhede: Antionett Wright. E-pos na antionetw@gmail.com of danie.wright@mobileemail.vodafonesa.co.za.
Ek soek Robert Phillips se kinders. Dis in verband met hulle pa. Die ma kan my gerus bel by 076-485-5440. Ek weet nie waar die kinders hulle bevind nie, maar het gehoor hulle was in Kempton Park, Krugersdorp of Johannesburg.
Ek soek Peter Kapp. Sover ek weet was hy laaste in Durban. Hy was in die honde- eenheid op Bourke’s Luck omtrent gedurende 1984/85 en het saam met sy broer en ma in ’n woonstel gebly. Hy was daardie tyd ook betrokke met Hyla Hansen. Kontak Michelle Stoltz Michellestoltz28@gmail.com of 081-838-3901.
Waar in die wêreld is Hettie Deale? Sy was getroud met Pietie Deale en het op Westonaria gewoon. Sy is ná oom Pietie se dood weer getroud en het Westonaria verlaat. Oom Pietie en tannie Hettie het drie kinders gehad: Gurty wat by die polisie werksaam was, Ronel en Pieter. Ek sal graag weer met tannie Hettie in verbinding wil tree. Bel Mina Potgieter 083-656-6348. Ek sal ook graag wil weet wat van Jocelyn Ingram geword het. Sy vrou se naam is Elizma en hulle het naby Kroonstad geboer.
Dingetjie soek na Willie A. wat in 1975 by die Trust Bank op Ladysmith gewerk en weermag toe is op Upington. As enigiemand inligting vir my het, skryf na dingetjie1975@gmail.com of BBM Pin 29A0FE60.
Riekie Grobler soek dringend Jesse Vorster, wat oorlede is in Junie 1994, se broers of moeder of stiefvader. Sy broers is: Bennie, Neels, Rocky, Hank en Shane (Vorster). Sy moeder is mev. Huysamen. Sy stiefvader is Tole Huysamen. Bel 082-903-2150 of 018-788-5273.
Storm bars los rondom Groot Gat-hond
Die stof het nog nie gaan lê oor die hond wat Saterdag uit Kimberley se Groot Gat gered is nie.
‘n Pastoor, Chris Baadjies, het nou volgens berigte na vore getree en gesê hy is die eienaar van die hond.
Die teef van 25 kg was langer as ’n week in die Groot Gat vasgekeer nadat sy ’n val van altesaam 160 m (90 m teen ’n skuins helling af en toe nog 70 m loodreg tot in die water) oorleef het.
Ao. John Seeley, wat die hond gered het, het vandeesweek vorms by die Dierebeskermingsvereniging ingevul om haar aan te neem.
Die Chris Baadjies is nou besig om regsadvies in te win om sy hond terug te kry, berig die Diamond Fields Advertiser.
Baadjies het gesê sy hond en dié van sy bure het op 15 November verdwyn.
“Ek weet Seeley is die held omdat hy haar gered het, maar ek kan haar nie weggee nie.
Bron: Volkslbad
Animasie-grafika: Epiese tweestryd tussen Djokovic en Nadal
Die afgelope paar jaar domineer Novak Djokovic en Rafael Nadal die tennis-arena. Hier’s ‘n kort oorsig van hoe die twee met mekaar vergelyk – van ranglysposisies tot prysgeld
Bring terug Peppermint Crisp-tert en Post Toasties-happies!
Onthou jy nog die ‘bordjies eetgoed’ uit die 1960’s en 70′s? Ons kosblogger Mari-Louis Guy en haar broer, Callie Maritz, deel ’n paar onvergeetlike lekkernye uit die tydperk van ‘crimplene-cuisine’.
CRIMPLENE-CUISINE
My broer Callie en ek was altyd bestem om saam in die koswêreld te werk.
Selfs as ampertieners in die 1970’s het ons twee keer per jaar (Moedersdag en Vadersdag) die Cali-Mari-hotel se deure oopgegooi, spyskaarte uitgetik en ons ouers bederf met dinge soos garnaalkelkies en tamaties waarin ons peuselstokkies gesteek en dit dan vol geryg het met groen en wit uitjies, kasies en Weense worsies.
Toe ons in 2007 albei terug Suid-Afrika toe kom en saam ’n loopbaan wou begin, het ons gespeel met die idee om ons maatskappy Crimplene Cuisine te noem. Ons het die idee gekry by ’n kospartytjie wat ek saam met ’n klomp kosverslaafde vriende gehou het en waarheen almal skemerkelk-happies uit die 1970’s moes bring.
Die verlepte kwarttoebroodjies, liefdevol op beddings versnipperde Iceberg-slaai gerangskik, het ongeëet in ’n hoek bly lê, maar elke tertjie en poeding is met smaak verslind.
Ek is hieraan herinner toe ’n goeie vriendin, uitstekende kosskrywer en mede-peetma van Callie se pragtige klein Nicola, onlangs haar praatjie oor kos by die Spier se Geheime Fees Crimplene Cuisine genoem het. Sy het die talentvolle Cara Brink gevra om eetgoed soos jellielemoen-skywe en natuurlik Peppermint Crisp-tert te berei.
Niks beeld die idee van crimplene-cuisine beter uit as wanneer die handelsnaam van die sleutelbestanddeel deel van die resepnaam uitmaak nie. Die groot Suid-Afrikaanse gunsteling is natuurlik Peppermint Crisp-tert, en vir die Aussies is dit Fairy Bread (kondensmelk op witbrood, besprinkel met gekleurde strooisels). Dan is daar sulke glansende geregte soos Cremora-tert, Milo-poeding en Post Toastie-tertjies.
Ons het selfs ’n resep vir een porsie Post Toastie-tertjies in ons boek Markdag ingesluit, en dit is steeds die enigste manier waarop jy my so ver sal kry om graanvlokkies te eet.
NUUT OP DIE RAK
Titel 7de Laan Vier Fees
Skrywer Danie Odendaal Produksies
Uitgewer Human & Rousseau
Fotograaf Myburg du Plessis
Kosstilis Sonja Jordt
Ontwerp Infestation
Prys R182 by Kalahari
Ons ma, Este, is ’n toegewyde Laner en het van die resepte in die boek getoets terwyl sy onlangs soetgoed vir Nicola se doop gebak het. Die Peppermint Crisp-terte en malvalekkerpasteie uit die boek was wenners en het vinnig verdwyn by die teeparty ná kerk.
WEN!
Human & Rousseau gee twee eksemplare van 7de Laan Vier Fees weg. SMS LAAN, jou naam, adres en die antwoord op ons vraag na 34922 om vir die boek in aanmerking te kom. Die sluitingstyd is 17:00 op 17 Desember. Elke SMS kos R1,50 en jy kan soveel keer SMS as wat jy wil. Die borg is verantwoordelik vir die aflewering van die produk. Vraag Wat is die voornaam van die fotograaf wat die geregte in 7de Laan Vier Fees afgeneem het?
Peppermint Crisp-tert uit die Laan
Vra my wat my gunsteling-poeding is, en ek hoef nie lank te dink nie: Peppermint Crisp-tert. Dis hemel op ’n bordjie – baie ryk, baie lekker en so Suid-Afrikaans soos biltong, braaivleis en bokmakieries. Rugbyspelers kry trane in hul oë as hulle daarvan praat, ex-pats verlang huis toe, en ek het nog nooit ’n vrou teëgekom wat nie bereid is om van haar dieet te vergeet vir ’n snytjie Peppermint Crisp-tert nie. Of liewer twee, want een snytjie is nooit genoeg nie . . .
BESKUITJIEKORS
- 1 pakkie (200 g) Tennis-beskuitjies, fyn gemaak
- 100 g botter, gesmelt
VULSEL
- 1 pakkie (80 g) suurlemoenjellie
- 125 ml (½ k) kookwater
- 125 ml (½ k) koue water
- 250 ml (1 k) Orley Whip, styf geklop
- 1 blik (360 g) karamelkondensmelk
- 2 Peppermint Crisp-sjokolades, gerasper
- vanieljeroomys vir voorsit
- vars kruisementblaartjies vir versiering
Dit is nie regtig nodig nie, maar vir veiligheid verkies ek om my tertpan met kleefwerende kossproei te spuit. Gebruik ’n 23 cm-tertpan.
1 BESKUITJIEKORS Meng die beskuitjies en die gesmelte botter deeglik saam.
2 Skep die beskuitjiemengsel in die tertpan en druk dit styf vas op die boom en teen die kante uit om die tertkors te vorm. Plaas sowat 30 minute in die yskas.
3 VULSEL Smelt die jellie in die kookwater, voeg die koue water by en laat afkoel.
4 Meng die styfgeklopte Orley Whip met die karamelkondensmelk. Voeg die afgekoelde jellie en die helfte van die sjokolade by.
5 Skep die mengsel op die beskuitjiekors en plaas 3-4 uur in die yskas om te stol.
6 Strooi die res van die gerasperde Peppermint Crisp bo-oor nadat dit gestol het.
7 Sit voor saam met vanieljeroomys en versier met vars kruisementblaartjies.
Post Toastie-tertjies
Dié resep kom uit my en Callie se boek Markdag. Toe ons kinders was, was Post Toasties die vernaamste soort graanvlokkies. Dit was die gevestigde graanvlokkie-handelsnaam van ’n vervaardiger in Durban wat in 1982 deur Kellogg’s oorgekoop is. Hoewel dit dus nie meer verkrygbaar is nie, is die naam in ons Suid-Afrikaanse woordeskat ingewortel.
KORS
- 500 ml (2 e) mieliegraanvlokkies
- 25 g botter, gesmelt
- 1 e (15 ml) suiker
VULSEL
- ½ k (100 g) suiker
- ⅓ k (80 ml) koekmeel
- 3 eiergele, liggies geklits
- 2½ k (625 ml) melk
MERINGUE-BOLAAG
- 3 eierwitte
- knippie kremetart
- ¼ k (50 g) strooisuiker
1 KORS Hou 6 middelslag- of 10 klein weggooibare tertbakkies eenkant.
2 Meng die graanvlokkies, gesmelte botter en suiker in ’n groot mengbak saam. Voer die bome van die tertbakkies met die mengsel uit en hou eenkant.
3 VULSEL Meng die suiker, meel, eiergele en 125 ml (½ k) van die melk in ’n ander bak tot dit ’n pasta vorm.
4 Verhit die res van die melk in ’n kastrol en bring dit stadig tot kookpunt.
5 Verwyder van die stoof en giet die warm melk in ’n egalige straal by die meel-en-eier-pasta terwyl jy aanhou klits.
6 Plaas die mengsel terug in die kastrol en klits sowat 1 minuut tot dit kook en verdik.
7 Verwyder van die stoof en skep die vulsel versigtig bo-op die kors in die tertbakkies.
8 Voorverhit die oond tot 180 °C.
9 MERINGUE-BOLAAG Klits die eierwitte en kremetart tot skuimerig. Hou aan klits terwyl jy die strooisuiker geleidelik byvoeg. Klits tot stywe punte vorm.
10 Spuit of skep die meringue bo-op die vlavulsel. Bak sowat 10 minute of tot goudbruin.
Hou jy ook van crimplene-cuisine? Stuur gerus jou kosstories, foto’s en resepte uit daardie jare na cakebreadct@gmail.com, ons sal dit graag op ons Facebook-blad deel!
Groetnis tot volgende keer!
- Mari-Louis
Mari-Louis Guy is ’n vryskut-kosstilis en kosboekskrywer wat saam met haar broer, Callie Maritz, onder die naam Cakebread werk. Deel jou ervarings en resepte met haar by cakebreadct@gmail.com of vind haar op Facebook. Gaan loer gerus ook na voorbeelde van haar en Callie se werk vir Checkers: kaas-en-aartappelgebak en kaas-en-kruie-omelet.
Ongeregistreerde motoriste moet oppas
’n Lywige rekening wag op motoriste sonder ’n e-tolrekening wat versuim om binne ’n week e-tol te betaal.
So iemand kan eindelik amper ses keer meer tolgeld betaal, volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se webtuiste.
Sanral sê tariewe verskil na gelang van of motoriste ’n e-tolrekening en ’n e-skyfie het of net ’n e-skyfie sonder ’n e-tolrekening.
Diegene wat geeneen van die twee het nie, sal eindelik veel meer betaal.
Motoriste met ’n e-tolrekening is geregistreer en dié daarsonder is nie geregistreer nie.
As ’n bestuurder met ’n VW Volkswagen (klas A2) nie ’n e-tolrekening en e-skyfie het nie en sy dagrit behels dat hy deur die Barbet-stellasie op die N1 tussen Watermeyer- en Lynnwoodstraat ry, sal hy volgens die webtuiste R3,48 moet betaal.
“Maar as hy nie binne sewe dae betaal nadat hy by die Barbet-stellasie verbygery het nie, sal hy as ’n alternatiewe gebruiker geklassifiseer word en R10,44 moet betaal,” sê Sanral.
’n Geregistreerde e-skyfiegebruiker wat met dieselfde voertuig dieselfde stuk pad ry, sal R1,80 opdok as hy binne ’n week betaal nadat hy by die stellasie verby is, sy e-tolrekening op die hoogte is en hy vir die tyd-van-die-dag- en gereeldegebruiker-afslag in aanmerking kom.
’n Geregistreerde VLN-gebruiker wat met dieselfde voertuig dieselfde stuk pad ry, sal R3,48 betaal omdat hy nie ’n e-skyfie het nie.
“Omdat hy geregistreer is, binne sewe dae betaal nadat hy by die Barbet-stellasie verby is en sy e-tolrekening op die hoogte is, kom hy in aanmerking vir die tyd-van-die-dag-afslag,” luidens die webtuiste.
’n Ongeregistreerde e-skyfiegebruiker met dieselfde voertuig sal R3,48 vir dieselfde stuk pad betaal.
Die agentskap sê as ’n padgebruiker nie ’n e-tol-rekening of dagpermit het nie, kan hulle binne die grasietydperk van sewe dae betaal nadat hulle by die stellasie verby is. Sapa
Is jy die slagoffer van iemand se skerp tong?
Pleks van hul vuiste gebruik baie mishandelaars hul woorde as wapen. Zelda la Grange, wat vir ons blog oor geweld teen vroue en kinders, plaas vandag verbale mishandeling onder die soeklig.
Verbale mishandeling: Wanneer die mishandelaar sy of haar maat voortdurend met woorde aanval. Dit kan insluit belaster, verneder, onder kruisverhoor neem, beledig, boelie, blameer, slegsê, tart, afkam, uitskel, gil, beskuldig of teister.
AS ’N vrou die slagoffer is van verbale mishandeling, kan jy nie die wonde sien wat uiteindelik rofies sal vorm en hopelik sal genees nie. Verbale mishandeling is ’n voortdurende proses waarin iemand verneder word en minderwaardig laat voel word. Dit kan onbeskryflike skade aan die slagoffer se selfbeeld aanrig.
Christa is so iemand. Sy was drie jaar lank die slagoffer van verbale mishandeling voor sy haar uit die situasie bevry het.
“Dit het my baie lank gekos om te kom waar ek vandag is. Vry! Waar ek my man kan staan en nie bang hoef te wees waar ek kyk of wat ek wil sê nie. Ek is vandag weer ’n onafhanklike vrou wat my sê terug het en my lewe weer voluit leef!” skryf sy in ’n onlangse e-pos aan Huisgenoot.
Christa het so baie uit haar bevryding geleer dat sy vasberade is om voortaan ander mense te help om dieselfde paadjie as sy te stap.
Haar storie inspireer my. Dis dapper en bied hoop aan elke vrou wat haar lewe wil terugeis sonder “hekke” om haar hart, soos sy dit stel.
Vroue stort hul emosionele, liggaamlike en finansiële lewe in hul verhoudings. En as daar dan verbale mishandeling is, beteken dit ’n algehele aanslag op al hierdie fasette van hul menswees.
Dit is waarom dit so moeilik is om uit so ’n situasie weg te stap – jou selfbeeld kan so verpletter wees dat jy begin glo jy kan nie langer op jou eie klaarkom nie.
Ons moet vroue soos Christa aanmoedig. Haar storie is ’n inspirasie vir ander om weg te breek uit verhoudings waarin hul selfbeeld vernietig word deur die skerp lem van iemand se tong.
Hierdie soort bevryding kan net begin as ons – die vriendinne, ma’s en dogters in hul lewe – die nodige onderskraging gee en aanhou om probleme te identifiseer en dinge aan hulle uit te wys waarvoor hulle dalk blind geword het.
Die pad na herstel begin met die erkenning dat hulle in ’n afbrekende verhouding is wat hulle stap vir stap moet verlaat.
- Zelda
Zelda la Grange blog tot 10 Desember elke weekdag vir ons tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Dié bekende en gewilde vrou werk steeds as Madiba se persoonlike assistent vir die Nelson Mandela-stigting en hou ook motiveringspraatjies. Sy is aktief betrokke by projekte soos Bikers for Mandela Day en Sisters with Blisters in haar rol as beskermvrou van die 1st for Women Insurance-trust. Een van haar lewensdoelstellings is om SA vroue te help bemagtig.
Weg van God – en terug by Hom
Sy twee jaar in die weermag het Jackie ál verder van God af laat dryf. Maar noudat sy brein party dae dwaal, is God weer die middelpunt van sy bestaan, skryf Michelle Fourie in haar weeklikse blog oor haar lewe saam met haar breinbeseerde man.
OP SKOOL was Jackie die voorsitter van die ACSV (Afrikaanse Christen-Studentevereniging) en die KJA (Kerkjeugaksie)-voorman. Dit was ampte beskore vir voorbeeldige jong mans wat die Bybelse beginsels verstaan en uitleef. Onthou, dit was die 1980’s – sulke belangrike posisies was destyds nie eintlik jong meisies beskore nie.

Op skool was Jackie ’n baie goeie sportman, wat erekleure vir rugby, gimnastiek en duik verwerf het. Hier is ons matriekklas in 1985. Ons staan in die tweede ry, Jackie en ek langs mekaar. Ons was ’n skoolkys. Jackie vra steeds gereeld uit na hierdie skoolmaats wat byna 30 jaar gelede laas deel van ons lewe was, asof ons hulle gister gesien het.
En toe kom die weermag. Twee jaar in die armie verander mense, en Jackie het skielik baie vrae oor godsdiens gehad en met ’n innerlike stryd geworstel – ’n stryd wat ek nie kon begryp nie en wat ek later net nie meer wou stry nie.
Ons het uiteindelik nie meer oor God gepraat nie en ek het, tot my skaamte, die strydbyl begrawe, sodat ons nie meer kerk toe gegaan het nie.
En toe gebeur die ongeluk. En net hy kry so seer. En hy praat van mense wat hy sien . . . mense wat reeds oorlede is, maar hy besef dit nie.
Hy “sien” Jesus. Maar Jesus was “ ’n bietjie kwaai” met hom. Hy vertel van die baie lang mense wat rondom sy bed was. Die lig. Sy ma en pa wat altyd by hom is. Hy stry met my as ek sê sy pa is 18 jaar gelede dood, want hy was dan nou net hier. So ook sy ma, wat vyf jaar gelede oorlede is.
En skielik begin die lig van ’n groter plan vir my opgaan. Daar is soveel wat ons nie verstaan nie . . . veral nie van tannie Mariëtta se “ander kant”* nie.
Saam met die onsamehangende, botsende gedrag word die Here weer die middelpunt van sy lewe.
Wonderwerke gebeur. Ons het byna vier jaar lank ’n plekkie in ’n aftreeoord vir my ma gesoek. ’n Maand voor die ongeluk kry ons die perfekte plek, en haar woonstel in Vryheid (in KwaZulu-Natal) word verkoop aan die eerste mens wat kom kyk. ’n Maand later woon sy ’n paar kilometer van ons af hier in Pretoria.

Links is ons seuns, Jacques (15) en Ruan (7), by my ma, Let, in haar tuin in Pretoria. Regs is die drie by Jackie twee weke voor hy onherstelbare breinskade in die motorongeluk opgedoen het.
Dis asof die Here geweet het ons het haar nou naby ons nodig. Sy gee vir my die stabiliteit wat ons andersins nie nou sou gehad het nie, en sy is die skouer waarop ons kan huil.
Dit alles laat my met ’n gevoel dat daar na ons omgesien word.
Daar is beslis ’n groter plan.
* Mariëtta Theunissen het in die TV-program Die Ander Kant mense in aanraking met hul oorlede geliefdes “aan die ander kant” probeer bring.
- Michelle
Michelle Fourie woon in Pretoria waar sy ’n grasdakonderneming besit. Sy blog vir Huisgenoot oor hoe haar en haar gesin se lewe verander het nadat haar man, Jackie, ongeneeslike breinskade in ’n motorongeluk opgedoen het. Lees haar volgende aflewering aanstaande Dinsdag.
Ry-indruk: Subaru Forester
Model: Subaru Forester 2.0XT Lineartronic CVT
Motorjoernaliste is nogal verdeeld oor CVT-ratkaste. Bestuurders is of mal daaroor of hulle haat dit. Dit lyk my nie daar is draadsitters nie.
Ek moet erken dat die Forester my oorgehaal het tot die “mal daaroor”-span. Dalk is dit nie met alle CVT-ratkaste die geval nie. Hoe ook al, die enjin-en-ratkas-kombinasie van die nuwe vlagskip Forester is uitstekend.
Die Boxer-enjin lewer hope krag en wanneer ’n mens eers gewoond is aan die een-rat-gevoel van die motor, wil jy nooit ooit weer anders bestuur nie.
Die nuwe ontwerpstyl lyk lekker aggressief. Hopelik val hierdie styl in meer mense se smaak. Self het ek nie van die vorige ontwerp gehou nie. Dit was heeltemal te alledaags. ’n Mens verwag iets anders van Subaru. Hulle motors is ikone en is nie veronderstel om na ou Corollas te lyk nie.
Die groot allooiwiele en dagligte dra ook daartoe by om hierdie sportnutsvoertuig begeerliker te maak. Binne sit die ontwerpers die tema voort. Materiaal van hoë gehalte en goeie uitleg van die multimediastelsel.
Nog ’n hoogtepunt is seker van die beste infografika wat ek nog in ’n motor gesien het. Maklik verstaanbaar en innoverend. Een verduidelik presies hoe krag versprei word tussen die vier wiele. ’n Ander verduidelik brandstofverbruik (verkeie weergawes), turbodruk, rygewoontes en selfs hoe hard jou voet op die versneller druk.
Sportnutse is gewild vir hulle baie pakplek en die Forester ding hier goed mee. Waarvan ek baie hou, is die luikrug se geheue. Kom ek verduidelik . . . as jou motorhuis nie toelaat dat jy jou kattebak al die pad oop kan maak nie bied hierdie Subaru ’n oplossing. Jy kan hom stel sodat hy net so hoog oopmaak soos jy verkies. Als nog boonop elektronies met die druk van ’n knoppie.
Van die teerpad af gedra die Forester hom ook goed. X-modus is voor die hand liggend om te aktiveer en doeltreffend.
Slotsom
Suur: Sy stewige prys. Soet: Een van die beste motors wat ek nog bestuur het.
- Anton Vermeulen
- PRYS R529 000
- ENJIN 2,0 L-viersilinderpetrol; 177 kW, 350 Nm
- VERRIGTING 0-100 km/h in 7,5 sek., topspoed 210 km/h; 8,5 L/100km
- MEDEDINGERS Mitsubishi 2.4L GLS MIVEC AWD, BMW X1 xDrive 20i Sportline
- ONS HOU VAN Lekker sportief met hope krag. Mal oor die ratkas en verstelbare luikrug
- DIT PLA Nie veel nie, maar bietjie duur…
Mededingers:
- Mitsubishi 2.4L GLS MIVEC AWD - R399 900
- BMW X1 xDrive 20i Sportline - R435 500
Sjokolade-kaaskoek
LEWER 1 KLEIN RONDE KOEK
(12 SNYE)
Bereiding: 25-30 minute
Baktyd: 60-75 minute
BASIS
250 g sjokolade-sponskoek, in stukke gebreek
100 g botter, gesmelt
VULSEL
400 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
50 g botter
600 g roomkaas soos Philadelphiakaas
160 g strooisuiker
15 ml (1 e) vanieljegeursel
4 eiers
1 cm-stuk vars gemmer, fyn gerasper
gerasperde skil van 1 suurlemoen
bessies vir garnering
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer of bespuit ’n 23 cm-losboompan met kossproei. Vou ’n laag tinfoelie om die buitekant.
- BASIS Meng die sponskoek en botter saam en druk vas teen die boom van die pan.
- VULSEL Smelt die sjokolade en botter in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater of 1-2 minute in die mikrogolfoond. Roer af en toe.
- Maak die roomkaas sag in ’n bak, voeg die suiker,
- eiers en vanielje by en klits tot glad.
- Roer die gesmelte sjokolade, gemmer en suurlemoen in.
- Giet in die koekpan. Plaas in ’n oondpan, vul die pan halfpad met kookwater en bak 60-75 minute tot die koek gaar, maar steeds effe drillerig in die middel is.
- Plaas die koek in die yskas en laat afkoel. Ontvorm en versier met bessies.
Vir nog sjokoladeresepte:
Kapenaar ding mee in Entrepreneur X Factor 2013
’n Kaapse sake- en mediaman het tot die eindronde van Entrepreneur X Factor 2013 deurgedring.
Richard Hardiman, wat voorheen as die platejoggie The Partyman by Kfm en toe 2Oceansvibe Radio gewerk het, ding nou teen 20 ander entrepreneurs uit 15 lande mee.
Sy vindingryke idee behels ’n outomatiese stelsel wat die seeoppervlak in hawes en marinas skoonmaak. Dié idee het reeds sy skof van die kompetisie gewen en nou moet hy teen deelnemers uit onder meer Australië, Hongkong en Frankryk meeding om die titel Wêreldentrepreneur.
Die eindronde van Entrepreneur X Factor 2013 is op 15 Desember.
Jy kan HIER vir Richard stem.
Kyk hieronder hoe sy idee gaan werk:
Shané Barnard
Bronne: 2oceansvibe, entrepreneurxfactor.com
Weer: Temperature vir 28 November 2013
Alexanderbaai……..13 25
Beaufort-Wes………11 24
Bethlehem…………10 18
Bloemfontein………14 28
Calvinia………….10 29
Cradock…………..12 22
De Aar……………10 27
Durban……………17 21
Emalahleni………..14 24
Ermelo……………11 18
George……………11 22
Graaff-Reinet……..12 24
Grahamstad……….13 17
Johannesburg………14 24
Kaapstad………….16 27
Keetmanshoop………20 36
Kimberley…………12 31
King Williams Town…12 19
Klerksdorp………..15 27
Ladysmith…………13 20
Lephalale…………19 31
Mafikeng………….18 32
Mokopane………….16 28
Musina……………20 29
Nelspruit…………15 23
Oos-London………..15 21
Oudtshoorn………..12 28
Phalaborwa………..17 27
Pietermaritzburg…..13 19
Polokwane…………14 25
Port St Johns……..17 20
Port-Elizabeth…….13 23
Potchefstroom……..16 28
Pretoria………….16 27
Queenstown………..13 20
Richardsbaai………18 23
Riversdal…………12 25
Rustenburg………..17 28
Skukuza…………..17 27
Springbok…………17 31
Standerton………..11 19
Sutherland………..06 24
Tzaneen…………..16 24
Umtata……………14 18
Upington………….17 36
Vereeniging……….13 21
Vredendal…………15 23
Vryburg…………..15 34
Walvisbaai………..15 26
Welkom……………14 25
Windhoek………….22 35
Worcester…………12 30
Smoorverlief en getroud!
Jammer ouens! Elbé van der Merwe, wat in 2008 ons eie Wonderbra-meisie was, is getroud! Die langbeen-skoonheid en haar kêrel, Cameron Verdi, het afgehaak.
Elbé woon deesdae in Los Angeles in Amerika. Sy het in Junie vanjaar, toe sy nog in Doebai gewoon het, aan Huisgenoot vertel dat sy in ’n verhouding is met die fotograaf Christian Ghammachi. Hulle het saam besluit om Doebai toe te trek, het sy vertel.
Hoe en waar sy Cameron ontmoet het weet ons nie, maar die twee is duidelik smoorverlief. ‘‘Het so pas getrou. Gelukkigste dag van my lewe. Dankie Here dat jy my geseën het met ’n wonderlike lewensmaat,’’ het sy vroeër vandag op Instagram laat hoor. Hierop het Cameron geantwoord: “Ek weet nie hoekom ek dit nie 10 jaar gelede gedoen het nie.’’
Sy noem Cameron haar sielsgenoot, beste vriend en engel. ‘‘My sprokiesverhaal sou nie volledig wees sonder jou nie @cameronverdi. Ek het gedog ek weet wat liefde en ware vriendskap is tot ek jou ontmoet het. So geseënd om jou vrou te wees. Ek is baie lief vir jou.’’ Veels geluk julle twee!
Die gelukkige paartjie
Praat van gelukkig! Cameron is beslis ’n gelukkige man. Kyk net hoe sexy lyk sy vrou in dié foto’s wat sy op Facebook gedeel het.
Lara Atson
Sy draai nie doekies om met unieke ontwerp nie
’n Doekspeld het haar nog altyd geboei, ook het sy van kleins af ’n aanvoeling vir ontwerp.
Lucinda de Kock (25) van Thabazimbi het dié vreemde obsessie gebruik om ’n alternatiewe aandrok die lig te laat sien. Sy het die rok se lap gemaak deur blompatrone van doekspelde op net vas te steek en gekleurde krale tussenin te werk.
“My vriendin het vir my ’n klomp prentjies van rokke gestuur en ek net skielik die idee kry,” vertel sy. “Ek onthou goed ek was van die werk af op pad huis toe.”
Sy het sowat R1 200 se doekspelde gebruik om die rok te maak.
Sy en haar man, Dirkie, wat vir die Proto-mynreddingsdienste werk, woon elke jaar hul prysuitdeling by, en sy het besluit dis net die kans om dit te dra. Sy het fluks aan die werk gespring, maar sy kon net etenstyd by die werk daaraan werk omdat sy twee jong kindertjies het.
Sy werk in die salarisafdeling van Northern Platinum-myne.
Dit het ’n hele uur geduur om drie blommetjies te maak, en ná twee maande moes sy laatnag ook inspring. Toe die lap klaar is, het sy die getekende ontwerp na ’n kleremaker gebring wat die rok vir haar gemaak het.
Sy het heeltyd vir haar man probeer verduidelik hoe die rok gaan lyk. Blykbaar kon hy nietemin nie ’n ordentlike prentjie in sy kop vorm nie, want toe hy haar sien, kon hy nie ’n woord uitkry nie, lag sy.
Sy het sowat R1 200 se doekspelde gebruik om die rok te maak, maar is te bang om te gaan tel presies hoeveel spelde daar is.
Lucinda sê dit was baie lekker om die eindresultaat aan die wêreld te wys. Intussen beplan sy klaar aan haar tweede skepping.
Marelize Potgieter
Seth Rogen en James Franco steek draak met Kanye-video
James Franco het sy eie weergawe van Kanye West se musiekvideo vir sy liedjie Bound 2 gemaak waarin Seth Rogen bostukloos as Kim Kardashian verskyn.
Die akteurs het elke toneel nageboots van die video waarin Kanye op ’n motorfietsry ry terwyl sy bostuklose verloofde, Kim, wydsbeen op hom sit. Hulle noem dit Bound 3.
Seth maak suggestiewe bewegings op James, wat ’n bont T-hemp dra, terwyl hulle teen ’n woestyn-agtergrond ry. Toe hy die video op Instagram laai, het James geskryf: “#bound3 #sethrogen #love – ’n Video wat ek en Seth in ons vrye tyd gemaak het.” En langs ’n foto van hulle wat mekaar passievol soen, het hy geskryf: “Ek is lief vir Seth.”
James en Seth het die spotvideo gemaak tydens ’n blaaskans van verfilming aan hul jongste fliek, The Interview. Kanye het sy video vir Bound 2 verlede week uitgereik en toe hy gevra is hoekom hy soveel gewaagde tonele ingesluit het van sy meisie, wat in Junie die lewe geskenk het aan hul eersteling, North West, voor sy ’n dieet gevolg het om die gewig af te skud, het Kanye gesê sy het ’n hoofrol “verdien”.
“Dit was fantasties. Ek dink Kim is ongelooflik en sy het so ’n oomblik verdien.”
So het Kim op Twitter op James se video reageer: “Julle slaan die spyker op die kop! Dis skreeusnaaks! RT @Sethrogen: #Bound3 …. Geniet dit!!!!!!”
En die oorspronklike:
Of kyk albei langs mekaar:
-BangShowbiz
Sêr binnekort weer op die kassie
Die grootste en gewildste sangkompetisie vir koshuisgroepe word weer vanjaar op kykNET uitgesaai.
Sêr, wat deur die sanger Lee Scott en die tweelingbroers Marco en Marcel Spaumer aangebied word, gaan weer agter die skerms loer hoe die Stellenbosch, Pretoria, Noordwes, Johannesburg en die Vrystaat se mans- en vrouesanggroepe voorberei om die titel as die beste universiteitsanggroep in die land te verower.
Onderhoude met bekendes wat ook voorheen in dié sêrgroepe was, onder meer aKing, Die Heuwels Fantasties, Johan C. Venter, Angelique Gerber, Nadia Beukes, Hugo Ludik, Vaughan Gardiner en Flip a Coin, gaan die program ook sprankel gee.
Al die sangaksie begin op 30 November op kykNET (kanaal 144) op ’n hoë noot.
Wie dink jy gaan wen?
– Christiaan Boonzaier
Jack Parow sonder vloekwoorde
Jack Parow het sy mond en sy musiek met seep geskrop. Nou is al die grootste treffers op twee van sy albums, Jack Parow en Eksie Ou, sonder vloekwoorde uitgereik.
Die albums, wat hy die Super Seep Skoon-reeks noem, is nou vir sensitiewe ore van alle ouderdomme op iTunes beskikbaar.
“Mense vra al so lank ek moet dit doen,” sê Jack vir Huisgenoot. “Party mense wil dit vir hul kids speel, maar obviously wil hulle dit skoon hê.
“Ek het toe maar besluit dis tyd om ietsie terug te gee vir al die sexy ma’s en al die masekinners (Jack se versamelnaam vir al sy aanhangers) wat so baie daarvoor vra.”
Hy voeg by die musiek sonder al die vloekwoorde doen nie afbreuk aan die karakter daarvan nie.
“Dit behou die energie en die vibe, en dis die belangrikste. Ek is baie trots en bly oor die eindproduk.”
Sy nuwe album, Nag van die Lang Pette, word in Februarie volgende jaar uitgereik. Die lirieke sal dan weer ’n swetswoordjie of twee hê en sal vir die eerste keer in sy loopbaan op ’n dubbelalbum uitgereik word.
– Christiaan Boonzaier.
Turbo-krag vir gewilde Cruze
Chevrolet het sy Cruze-modelreeks, wat as ’n sedan of luikrug beskikbaar is, opgekikker met ’n nuwe turbo-aangejaagde enjin.
Die nuwe turbo-aangejaagde enjin is ’n 1,4-L-petrolkragbron wat 103 kW krag tussen 4 900 en 6 000 r/min lewer, terwyl die wringkrag van 200 Nm tussen 1 850 an 4 900 r/min beskikbaar is. Volgens Chevrolet is die gemiddelde brandstofverbruik 5,8-liter/100 km.
Dié nuwe enjin is in die 1,4T LS-sedan en 1,4T LS-luikrug modelle beskikbaar – beide modelle het ’n sesspoed handratkas en ook stop-ry tegnologie om brandstofverbruik te verbeter.
Veiligheidskenmerke sluit onder meer elektroniese stabiliteitsbeheer, ABS-remme en ses lugsakke in.
Onder die 1,4T LS-modelle se standaardkenmerke tel 17-duim allooiwiele, leerbekleedsel, ’n sondak, parkeersensors agter en klimaatbeheer.
Buiten die nuwe turbo-modelle is daar ook die 1,6 L-petrol en 2,0 L-turbodiesel weergawes beskikbaar.
Pryse, Cruze-luikrug
1,6 LS – R227 000
1,4T LS – R242 100
Pryse, Cruze-sedan
1,6 – R219 100
1,6 LS – R 229 200
1,4T LS – R244 700
2,0D LS – R275 100.00
2,0D LT (Outo) – R296 200