As jy swanger is, is dit tyd vir ekstra yster inneem.
In ’n ondersoek aan die Harvardskool vir Openbare Gesondheid is bevind ’n daaglikse ysteraanvulling verminder swanger vroue se risiko om bloedarmoede te ontwikkel met 12 persent en hul risiko om ’n baba met ’n lae geboortegewig in die wêreld te bring met 3 persent.
Data van amper 2 miljoen vroue in 48 lande is ontleed. ’n Ystertekort is die algemeenste oorsaak van bloedarmoede tydens swangerskap.
Ysterryke kos is onder meer rooivleis, blaargroente, eiergeel en kekerertjies. Eet hiermee saam kos wat baie vitamien C bevat (of drink lemoensap), want dan absorbeer jou liggaam die yster makliker.