Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wen een kaartjies na My naam/name is Ellen Pakkies by die Suidoosterfees

$
0
0

Wen een van vyf dubbelkaartjies na My naam/name is Ellen Pakkies by die Suidoosterfees.

Klik hier om in te skryf

 

Meer oor: My naam/name is Ellen Pakkies

’n Ma van die Kaapse Vlakte en haar tikverslaafde seun.
Nie almal se idee van ’n onvergeetlike toneelstuk nie. Maar Ellen Pakkies – die toneelstuk én die vrou – het gewys hulle laat gaan nie so maklik nie.

Soos wat die regte Ellen Pakkies opgestaan en haar lewe herbou het na die dood van haar seun, is die toneelstuk ook besig om van krag tot krag te gaan. Dit word vanjaar vir die derde keer by die Suidoosterfees aangebied en trek steeds vol sale.

Lizz Meiring het die stuk geskryf en behartig die regie, sê sy is gewaarsku om nie die stuk aan te pak nie. “Mense het gesê niemand sal wil kom kyk na die wreedheid van tikverslawing nie.” En nou, drie jaar later, word hulle steeds genooi, kry hulle steeds staande ovasies, is die verhaal net so relevant en roerend soos tydens die eerste opvoerings.

Vinette Ebrahim, in die rol van Ellen Pakkies, sê elke opvoering is ’n uitmergelende ervaring, juis omdat dit soveel eerlikheid van die spelers verg. “Maar ek raak nooit moeg daarvoor nie. Dit neem ’n mens op ’n emosionele reis, elke keer wat jy dit opvoer.”

“Die stuk het mense aangegryp op ’n manier wat ek nooit sou dink nie,” sê Meiring. Maar dalk is dit ook nie so vreemd nie omdat tik eintlik net die katalisator is: in werklikheid handel dit oor vergifnis. Hoe ’n mens die krag vind om jouself en ander te vergeef en voort te gaan met jou lewe.

Die musiek is gekomponeer deur Coenie de Villiers.

My naam/name is Ellen Pakkies dra by tot die tikfonds wat deur Ellen Pakkies gestig is.

Geen onder 14.

My naam/name is Ellen pakkies word opgevoer op Vrydag 31 Januarie om 10:00, Saterdag 1 Februarie om 19:00 en Sondag 2 Februarie om 16:30 by die kykNET Teater, Artscape. Kaartjies kos R110 en kan by Artscape of Computicket gekoop word.

Bepalings & Voorwaardes

  1. Die kompetisie sluit Woensdag, 29 Januarie om 17:00.
  2. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.
  3. Die vyf wenners sal lukraak gekies word en gekontak word.
  4. Die kies van die wenners is finaal en daar sal geen korrespondensie daaroor gevoer word nie.
  5. Die prysborg, die organiseerders van die Suidoosterfees, is verantwoordelik vir die aflewering van die pryse.
  6. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie word jy outomaties geregistreer om korrespondensie van Huisgenoot en/of die Suidoosterfees via e-pos te ontvang.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>