Wenresep deur Laura Ford (14 November 2013-uitgawe)
Lewer 12 groot of 24 klein vierkante
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 25-30 minute
160 g botter
200 g gewone sjokolade
250 ml (1 k) strooisuiker
3 eiers
125 ml (½ k) koekmeel, gesif
125 ml (½ k) kakaopoeier, gesif
100 g wit sjokoladeknopies of 100 g wit sjokoladeblok
100 g amandelvlokkies
versiersuiker vir bestrooi
Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n bakplaat van 33 x 21 cm met bakpapier uit.
- Smelt die botter en die sjokolade afsonderlik.
- Klits die suiker en eiers saam en voeg die sjokolade en botter by terwyl jy roer tot goed gemeng.
- Voeg die gesifte meel en kakao , wit sjokolade en neute by.
- Giet in die bakpan en bak 25 tot 30 minute. Laat effens afkoel. Sny dan in vierkante en bestrooi met versiersuiker.