Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vandag in die geskiedenis

$
0
0

Vandag is Dinsdag, 21 Januarie, die 21ste dag van 2014. Vanjaar het nog 344 dae.

Hoogtepunte uit die geskiedenis op hierdie datum:

  • 1793 – Frankryk se koning Lodewyk XVI, wat skuldig bevind is aan verraad, word met die guillotine tereggestel.
  • 1861 – Die toekomstige president van die Amerikaanse Konfederasie, Jefferson Davis, van Mississippi, en vier ander inwoners van die Suide bedank uit die Amerikaanse senaat.
  • 1908 – Vroue in die stad New York word verbied om in die openbaar te rook.
  • 1942 – Duitse magte loods tydens die Tweede Wêreldoorlog nuwe aanvalle in die Libiese Woestyn.
  • 1954 – Die eerste kernduikboot, die USS Nautilus, word in Groton, Connecticut, te water gelaat.
  • 1976 – Brittanje en Frankryk neem die supersoniese Concorde-straler in gebruik.
  • 1977 – Amerika se pres. Jimmy Carter gee kwytskelding aan byna almal wat diensplig vir die Viëtnam-oorlog ontduik het.
  • 1990 – Oos-Duitsland se Kommunistiese Party skors Egon Krenz, die leier wat in beheer was van die aftakeling van die Berlynse muur.
  • 1993 – ’n Supertenkskip met ’n vrag van 296 miljoen L ruolie bots teen ’n ander skip aan die kus van Indonesië. Dit slaan aan die brand en lek olie.
  • 1996 – Jasser Arafat wen die eerste Palestynse verkiesing met ’n meerderheid van 88 persent stemme en kry ’n mandaat om sy land na onafhanklikheid te lei.
  • 1998 – Pous Johannes Paulus II begin met ’n historiese besoek van vyf dae aan kommunistiese Kuba.
  • 2005 – ’n Europese ondersoek na Saturnus se grootste maan ontdek ’n ysige en primitiewe maar aktiewe wêreld. Dit kom voor asof dit, soos die aarde, reën kry wat riviere uitkerf, rotse verweer en poele vorm.
  • 2006 – ’n Walvis wat in die Teems gestrand is, word op ’n vragskuit gelaai en see toe vervoer. Duisende Londenaars drom saam om die reddingspoging te aanskou.
  • 2009 – Die Amerikaanse senaat huldig Hillary Rodham Clinton in as die minister van buitelandse sake.
  • 2010 – Tientalle Palestyne, woedend oor Frankryk se simpatie met ’n Israelse soldaat wat deur Gaza-militante aangehou word, lei die Franse minister van buitelandse sake in ’n lokval in die Gaza-strook, bestook haar konvooi met eiers en gooi ’n skoen, wat haar amper getref het.
  • 2011 – Afghanistan se pres. Hamid Karzai sê hy het kort tevore vredesonderhandelings gehou met die insypelaarsfaksie Hizb-i-Islami. Dit kom voor asof hy klem wil plaas op sy rol in die beëindiging van die land se dekade lange oorlog, waarin Amerika die leiding geneem het.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>