1 Jy hoef nie ’n aanhanger van Sex and the City te wees nie Ten spyte daarvan dat dit tegnies gesproke ’n voorvolg is, is The Carrie Diaries is ’n goeie reeks op sy eie.
2 Carrie is koel! AnnaSophia Robb, wat op 8 Desember 19 word, is die perfekte kombinasie van optimistiese naïwiteit en selfvertroue. Selfs Sarah Jessica Parker, wat die ouer Carrie in die gewilde reeks en flieks gespeel het, hou van haar. “Sy het vir my ’n brief gestuur en vir my haar seëning gegee,” sê AnnaSophia. Oulik!
3 Die ongelooflike Austin Butler Die 22-jarige hartebreker is oulik verby as Carrie se aan/af-liefie. Maar hoe is dit om hom te soen? “Een van die grootste uitdagings is om te flankeer en sexy voor die kameras te wees, want ons kan mekaar nie meer ernstig opneem nie; om voor die kamera te soen is glad nie soveel pret nie! Maar hy is baie oulik,” sê AnnaSophia. “Hy praat heeltyd oor Vanessa (Hudgens, sy meisie in die regte lewe). Hulle is dolverlief.”
4. Die modes is fantasties Die meeste mense sou laf lyk met die groot haarstyle en helder kleure, maar Carrie laat dit koel lyk. “My styl ontwikkel en word beïnvloed deur Carrie en ek raak dapperder met my keuses,” sê AnnaSophia. “As jy in New York woon, verander dit wat jy dra: Mense skenk regtig aandag daaraan!”
5. Die sekspraatjies is realisties TV-reekse fokus dikwels te veel op seks of ignoreer dit heeltemal. Ons hou van die reeks se normale, realistiese balans wat op tieners gemik is, en nie te gewaagd is nie.
Die tweede seisoen van The Carrie Diaries word elke Dinsdag om 18:00 op M-Net Series Showcase (kanaal 113) uitgesaai.
BRONNE: justjaredjr.com, seventeen.com, People (US)