I BELIEVE CHRISTINA PERRI
Die sangeres van die treffers Jar of Hearts en A Thousand Years skitter op die tweede enkelsnit van haar langverwagte tweede album, Head or Heart, wat in Maart uitgereik word. Die inspirerende ballade met klavierspel gaan oor die omslaan van ʼn nuwe blaadjie. As haar nuwe album naastenby so goed is soos hierdie snit en haar debuutalbum Lovestrong, wag ʼn groot lekkerte.
NO BETTER LORDE
Lorde se jongste enkelsit volg kort op die hakke van haar bekroonde debuutalbum, Pure Heroine, wat onlangs vier Grammy-benoemings gekry het. Die snit het dalk nie hierdie 17-jarige Nieu-Seelander se album gehaal nie, maar dis net so goed soos die liedjies wat daarop is. Dit herinner aan haar treffers Royals en Team. Dit het ʼn volwasse klank en is goeie luistervermaak.
HAPPY PHARRELL WILLIAMS
Voel jy bedruk? Hierdie prettige goedvoel-snit sal jou verseker opbeur. Pharrell het verlede maand die eerste plek gehaal op die Britse trefferlys met hierdie snit wat ook op die klankbaan is van die tekenprent Despicable Me 2.
UNCONDITIONAL KATY PERRY
Is Katy se jongste enkelsnitalbum toegewy aan haar eks, Russell Brand? Die gevoelvolle ballade gaan oor verlore liefde en die aanvaarding van ʼn geliefde se foute. Dis die roerendste snit op haar jongste album, Prism, en sal ʼn gunsteling wees onder haar bewonderaars, die Katy Cats.
ADORE YOU MILEY CYRUS
Miley is haar stoute self op die jongste enkelsnit van haar nuwe album, Bangerz. Dis nog ʼn stadige liedie met ʼn loom ritme, en herinner aan haar groot treffer, Wrecking Ball. Die snit was nommer een op Billboard se Social 50-lys. Haar bewonderaars sal gek wees hieroor.