Die popsensasie JASON DERULO se witwarm liedjie Talk Dirty laat ons voete jeuk!
- Jason (24) Hy beskryf sy meisie, die sangeres Jordin Sparks, as “sy ruggraat”. Hy sê hulle is baie goed daarmee om vir mekaar klere te kies. “Ek voel ons is mekaar se stilis.”
- Hy moes in 2012 sewe maande lank ’n nekstut dra nadat hy sy nek gebreek toe ’n toertjie lelik skeefloop terwyl hy vir sy wêreldtoer geoefen het. Hy sê die hele ervaring het hom ’n beter man gemaak en nader gebring aan die Here, sy gesin en Jordin.
- Hy sê hy is ’n bietjie verlief op die beeldskone Megan Fox van Transformers.
- Meisiemodes verwar hom soms. “Groot hemde wat soos ’n rok afhang, maar nie die lyf bedek nie; dis soos ’n pajamahemp – saam met die spanbroek. Dis vir my nogal vreemd.”
- Hy wil graag eendag toneelspeel. “Ek spits my nou toe op musiek, maar wil graag eendag ’n aksiefliek of drama doen as die regte geleentheid opduik.”
- As hy vir een dag met enigiemand ter wêreld kon plekke ruil, sou hy Oprah kies. “Ek sal die koningin van Engeland gaan ontmoet en vra: ‘Haai, wat doen jy vandag?”
BRONNE: KSHB.COM, MIAMIHERALD.COM, PEREZHILTON.COM, SEVENTEEN.COM