Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Die sterre se matriekafskeid

$
0
0

CHRISTINA AGUILERA was by haar kêrel se matriekafskeid, maar almal het die dansbaan verlaat toe haar treffer, Genie in a Bottle, speel. “Dit was nogal ’n bietjie hartseer,” vertel Xtina. “Ek wou net normaal wees.”

BRITNEY SPEARS en haar destydse kêrel, REG JONES, was by haar skooldans toe sy net 13 was. Hulle was nog saam toe sy haar eerste platekontrak gekry en begin toer het. “Dit was moeilik,” sê hy. “My telefoonrekening was hemelhoog as sy getoer het.”

JUSTIN TIMBERLAKE
Justin se eerste liefde en metgesel na die dans, DANIELLE DITTO, het hom verneuk. “Hy was erg omgekrap,” sê die ster se hoërskoolliefde. “Ek het hom probeer oortuig niks het gebeur nie. Ons het vir twee weke uitgemaak, maar weer opgemaak omdat hy gesê het hy kon nie sonder my lewe nie. Justin het ’n agterbakse vriend gehad wat vir hom gesê het dit was meer as ’n gesoen. Hy het my by skool opgedaag en heeltemal kop verloor.”

SEAN WILLIAM SCOTT
“Ek is aangewys as die vriendlikste ou in my hoërskooljaarboek en die gewildste ou by die matriekdans (homecoming king),” sê die ster van American Pie. “Maar toe ek ná American Pie teruggaan na my tuisdorp in Minnesota het party mense gesukkel om te onderskei tussen die werklikheid en die fliek. Hulle het dinge gesê soos: ‘Was hy altyd so ’n skobbejak?’ En ek het gesê: ‘Julle ouens het my as die vriendelikste ou op hoërskool aangewys. Ek is steeds daardie ou!’”


TAYLOR LAUTNER

“My matriekdans was groot pret. Jy sien altyd matriekdanse in flieks as kind en as jy self daar is, dink jy: ‘Sjoe, ek is nou by die matriekdans!’ Dit was ’n koel ervaring.”

Die kameras het die werklikheids-televisiester LAUREN CONRAD agtervolg na haar dans terwyl sy haar werklikheidsreeks Laguna Beach: The Real Orange County verfilm het. Die eerste seisoen het oor laaste jaar op hoërskool gegaan. Haar klasmaats het haar as die “onweerstaanbaarste” aangewys.

Het jy geweet?
Reese Witherspoon se metgesel het nie opgedaag nie en sy het op die ou end saam met haar pa na haar dans gegaan!

BRONNE: NYPOST, PEOPLE, EXTRA TV, BELFASTTELEGRAPH.CO.UK, US MAGAZINE, EXAMINER


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>