- Die drie vriende Nate Ruess (voorsanger), Andrew Dost (multi-instrumentalis) en Jack Antonoff (kitaarspeler) het die groep in 2008 begin. Hulle het twee albums uitgereik en het die voorprogram vir Panic at the Disco! tydens hul wêreldtoer gedoen.
- Die voorsanger Nate sê hy het met die liedjie opgekom terwyl hy bestuur het. “Ek het net begin sing: ‘Toniiiight… we-are-young’. Ek het die koorgedeelte op my foon opgeneem.” Sal hy ooit daardie opname met aanhangers deel? “Nee, dit sal nie gebeur nie. Ek dink ek het ’n paar slegte note gesing.”
- Oor optree voor ’n gehoor: “Ons hou van pret hê op die verhoog en dis goed so, want ons naam is immers Fun,” sê Nate.
- Nate is eintlik ’n skaam outjie wat nie gemaklik is met roem nie. “Dis baie vreemd om gewoond te raak aan al die aandag, want ek is ’n introvert. Ek spandeer baie van my dae sonder om te praat as ek by die huis is en nie toer nie.”
BRONNE: INDIEROCKREVIEWS.COM, INTERVIEW, MOUSERTIME.BLOGSPOT.COM