Vreemdelinge wêreldwyd het onlangs hul broek uitgetrek vir die jaarlikse “No Pants Subway Ride”.
Die organisasie Improv Everywhere het in 2002 die tradisie begin toe net sewe mense hul broek op ’n trein uitgetrek het. Van toe af het hierdie wêreldwye verskynsel aangegroei tot 60 stede in 26 lande.
Vanjaar is die 13de agtereenvolgende geleentheid. Daar is nou meer as 4 000 deelnemers in stede wat wissel van Beijing tot Buenos Aires.
Die deelnemers word aangemoedig om hul broek uit te trek en net in hul onderklere te staan op ’n trein, maar andersins ten volle geklee te wees in ’n hemp, baadjie en skoene.
Hulle moet ook voorgee hulle ken mekaar nie sodat medepassasiers verward kan wees en lekker giggel.
Improv Everywhere skep dikwels sulke geleenthede wat ’n chaos en vreugde in openbare plekke veroorsaak.
Kyk hier na ’n video van vanjaar se geleentheid: