Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Prins Charles en hertogin Camilla beleef noodlanding

$
0
0

charles-camilla

Prins Charles en hertogin Camilla van Brittanje was verlede jaar per helikopter na ’n fees onderweg toe die vlieënier ’n noodlanding moet uitvoer.

Die koninklike egpaar was op 23 Mei 2013 na die Hay-on-Wye-fees op pad toe die vliegtuig gevaarlik na regs swenk en vinnig grond toe laat sak is.

Ondersoekers het onthul die Sikorsky S-76C-helikopter met die twee koninklikes en nog vier passasiers het begin swenk toe dit die Denham-vliegveld in die Engelse graafskap Buckingham nader.

Die vlieënier het aangekondig hy gaan ’n noodlanding in Denham uitvoer nadat die probleem nie in die lug uitgestryk kon word nie, en Charles en Camilla is van die situasie bewus gemaak.

Volgens die Daily Mirror staan daar in die ondersoekspan se verslag: “Die bemanning het ’n veilige noodlanding uitgevoer. Die vliegtuig is afgeskakel, en die bemanning en passasiers het die vliegtuig verlaat.”

Die koninklike egpaar het hul reis na die fees per motor voortgesit. En al het hulle meer as vier uur laat opgedaag, het hulle “gelukkig en ontspanne gelyk”.

Volgens die verslag is die probleem veroorsaak deur die splyting van ’n metaalbal wat ’n interne lekkasie tot gevolg gehad het.

Die probleem is in Denham opgelos en die helikopter het daarna “sonder nog voorvalle gevlieg”.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!