Die vars kruie en lemmetjieskil gee die vis ’n somerse geur. Met dié resep het Antoinette Smith van Oudtshoorn die lesersprys vir Huisgenoot se uitgawe van 19 Desember gewen.
Genoeg vir 6-8 mense
Bereidingstyd: 5 minute
Baktyd: 25 minute
1 heel vis, verkieslik snoek
sout en vars gemaalde swartpeper
200 ml ongesoute botter
sap en skil van 3 lemmetjies
4 knoffelhuisies, fyngedruk
90 ml (6 e) appelkooskonfyt
40 g vars dille, fyn gekap
40 g vars vinkel, fyn gekap
40 g vars pietersielie, fyn gekap
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.
- Vlek die vis en plaas dit met die velkant na onder op die bakplaat. Geur met die sout en peper.
- Verhit die botter, lemmetjiesap en -skil, knoffel en konfyt in ’n klein kastrol. Wanneer dit afgekoel het, vryf die mengsel oral oor die vis.
- Meng die gekapte kruie en strooi dit oor die vis. Bak 25 minute. Sit voor saam met ’n slaai of brood.