Maak reg vir aksie! Will Smith en sy seun Jaden vertolk die hoofrolle in After Earth, ’n wetenskapfiksiefliek oor hul terugkeer Aarde toe ‘n millennium ná die mensdom die planeet moes verlaat. Leer om te kook by die All-Stars van MasterChef Australia en die plattelanders in die Noord-Kaap.
Vrydag 10 Januarie
MasterChef Australia
M-Net 18:30
As jou Nuwejaarsvoorneme dalk iets is in die lyn van lekkerder kos maak, moet jy beslis nie vanaand se episode van MasterChef Australia misloop nie. Kry heerlike idees om jou kookvernuf op te knap wanneer All Star-deelnemers van hul geliefkoosde disse weer optower.
Noord-Kaap Kook en Kuier
kykNET 21:00
Leer die kuns van tradisionele kos en die eerste episode van Noord-Kaap Kook en Kuier. In dié reeks word mense en plekke in die uitgestrekte en afgesonderde Noord-Kaap besoek en daar word gesels oor die omgewing, die gebruike en die kos van die omgewing.
Saterdag 11 Januarie
America’s Got Talent
M-Net Series Reality 19:00
Ontspan met twee opeenvolgende episodes van America’s Got Talent. Sing sommer saam en kyk of jy stof in die deelnemers se oë kan skop!
Gulliver’s Travels
eTV 20:00
Jack Black vertolk die rol van Lemuel Gulliver in ’n moderne weergawe van dié klassieke boek. In die fliek is Lemuel ’n reisjoernalis. Lekker om saam met die jongspan ook te kyk.
Sondag 12 Januarie
After Earth
M-Net 20:05
As jy hou van wetenskapfiksie en aksie, is die rusbank die plek waar jy Sondagaand moet wees. Kry vir jou peuselgoed, sit agteroor en kyk hoe Will Smith en sy seun Jaden op ’n futuristiese Aarde moet oorleef, een millennium ná die mensdom gedwing is om Aarde te verlaat.