Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Michael Schumacher se vrou reik verklaring uit

$
0
0

Michael Schumacher se vrou het Dinsdag by die publiek en die media gepleit om dokters hul werk te laat doen en om haar familie uit te los.

“Ondersteun ons asseblief in ons stryd saam met Michael. Dit is vir my belangrik dat julle die dokters en die hospitaal toelaat om in vrede te werk. Vertrou asseblief hul stellings en verlaat die kliniek. Los asseblief ook ons familie in vrede,” het Corinna Schumacher gesê in ‘n verklaring wat deur haar man se bestuurder, Sabine Kehm, uitgereik is.

Schumacher, ‘n sewemalige wêreldkampioen, is in ‘n hospitaal in die Franse Alpe sedert 29 Desember, toe hy ernstige kopbeserings opgedoen het in ‘n ski-ongeluk in Meribel.

Schumacher, wat sy kop teen ‘n rots gekap het in die ongeluk, het reeds twee noodoperasies ondergaan en is sedertdien in ‘n medies geïnduseerde koma.

Die verklaring van Corinna Schumacher kom ‘n dag nadat dokters gesê het “die kliniese toestand van Michael Schumacher word as stabiel gesien”, hoewel hulle steeds sy toestand as kritiek beskou.

Die mediese span het gesê uit respek vir Schumacher se privaatheid sal hulle vir tyd en wyl geen besonderhede oor sy behandeling of nuwe inligting oor sy toestand bekend maak nie.

Daar sal ook geen verdere verklarings van Corinna Schumacher wees nie.

-Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>