Die vakansie is nog nie verby nie! Hier is ’n lekker lys idees sodat jy toeris kan speel in jou eie stad.
The Sleeping Beauty On Ice – Johannesburg
Dit is die klassieke verhaal van Slapende Skoonheid wat vertolk word deur spronge en draaie wat jou asem sal wegslaan.
Datum: 5 Dec 2013 – 12 Jan 2014 @ 17:00
Kaartjies kos tussen R 100 en R 400
Dinsdae en Sondae: R100, R200, R275, R350
Alle ander vertonings: R150, R250, R325, R400
Vertonings: Dinsdag, Vrydag om 19:30; Saterdag 14:30 en 19:30; Sondag om 14:00 en 18:00
Plek: The Teatro Montecasino; 1 Montecasino Boulevard, Magaliessig, Johannesburg, Gauteng.
Riaad Moosa – Doctors Orders
Dokter Riaad Moosa, een van Suid-Afrika se gewildste komediante, ook bekend as SA se komediedokter, het ’n slag om die land se kwale te genees.
Datum: Vrydag 31 Januarie
Tyd: 20:00
Plek: Silverstarsentrum, Gauteng
Johannesburgse Internasionale Mozartfees (Parktown)
Die tema vir die 9de Johannesburgse Internasionale Mozartfees is “Exploring Musical Hemispheres.” Jy kan uitsien na simfoniese-, kamer- en solokonserte.
Datum: Saterdag, 25 Januarie 2014 tot Sunday, 9 Februarie 2014
Plek: Parktown
Kaartjies is by Computicket beskikbaar. Bel (0)11 447-9264 vir meer inligting.
Ann Roberts – Body of Work
In dié kunsuitstalling kyk Ann Roberts na vetsugtige lywe. Die versameling sluit ’n reeks houtskooltekeninge in wat die onderwerp van alle kante bestudeer, amper soos ’n model in ’n studio.
Jy kan tot 20 Januarie na die uitstalling gaan kyk.
Waar: 70 Juta Pecinct, Jutastraat, Braamfontein.
Bespreek: 082 373 6127 of urbanart@icon.co.za
Bastille in SA
Bastille is vir die eerste keer in Suid-Afrika te sien en maak op 11 Januarie 2014 ’n draai in Johannesburg.
Bastille, ’n opwindende nuwe groep van Brittanje, word deur Seed Experiences, in samewerking met 5FM, na Suid-Afrika gebring. Hul aanhangers kan uitsien om onder meer Bad Blood, Overjoyed, Flaws en die toptreffer Pompeii in een van die mooiste konsert-venues in SA te beleef.
Hul debuutalbum Bad Blood is een van die 10 topverkoperalbums van die jaar en hulle raak-raak aan platinum-status. Dit is deur lesers van die Britse dagblad The Guardian aangewys as een van die gewildste albums van 2013. Meer as 1 000 000 eksemplare van die lied Pompeii is verkoop.
Ook op die verhoog is Bed on Bricks, Beatenberg & Matthew Mole
Wanneer: 11 Januarie
Waar: Emmarentia-dam
Tyd: Begin in die middag
Koste: R365 per persoon
- Bruce Springsteen in Suid-Afrika
Big Concerts het bekendgemaak dat Bruce Springsteen en die E Street Band vir die eerste keer na Suid-Afrika kom en by drie konserte gaan optree. Moenie hierdie geleentheid misloop om dié legendariese sanger te beleef nie.
Waar: FNB-stadion, Johannesburg
Wanneer: Sa 1 Feb,
Tyd: 7:30 PM (Open)
Blood Brothers
BLOOD BROTHERS vertel die verhaal van twee seuns wat by geboorte geskei is toe hul ma weens haar haglike finansiële situasie nie kon bekostig het om ’n tweeling groot te maak nie. Danksy vriendskap word die broers egter herenig. Dié musiek-spel speel af in die omgewing van Kaapstad, wat die stuk ’n lekker plaaslike kinkel gee.
Wanneer 15 Nov 2013 – 5 Jan 2014 @ 20:00
Waar: Pieter Toerien se Theatre & Studio Montecasino, Johannesburg
Speeltye: Woensdae tot Vrydae om 20:00; Saterdae om 16:30 en 20:00, Sondae om 14:30 en 18:00
Koste: R100-R280