Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Prinses Diana: SAS-bewerings afgemaak

$
0
0

Die Britse speurdiens het bewerings afgemaak dat die Spesiale Lugafdeling (SAS) prinses Diana vermoor het kort nadat sy in Parys in ’n motorongeluk was.

 

Scotland Yard het aan die koningin en prins Charles geskryf om te sê daar is “geen geloofwaardige of relevante bewyse” dat lede van die uitsoek-eenheid iets met die motorongeluk in Parys 16 jaar gelede te doen gehad het nie.

dian1

In ’n brief aan die koninklike huishouding, die lykskouer en Mohammed Al Fayed, wie se seun Dodi ook in die ongeluk dood is, sê asst.komm. Mark Rowley daar is geen feite ter stawing van die gerugte van spesiale magte se betrokkenheid nadat Diana se Mercedes teen ’n pilaar in ’n tonnel gebots het nie.

In Augustus het ’n SAS-skerpskutter, net bekend as Soldaat N, deur sy voormalige skoonouers materiaal aan die polisie gegee.

Hulle het beweer lede van die eenheid het die 36-jarige oomblikke ná die motorongeluk vermoor.

Speurders het verklarings afgeneem, toegang tot rekords verkry en geskakel met kollegas in ander magte, asook die koninklike militêre polisie en die ministerie van verdediging.

In ’n afskrif van die brief wat aan Sky News gestuur is, skryf Mark: “Ek is tevrede dat daar geen bewysgrondslag is om enige moordondersoek te heropen nie.”

Scotland Yard en die Franse polisie se ondersoek en ’n geregtelike lykskouing na die ongeluk het waarskynlik al miljoene rande gekos.

Daar is bevind dat die motorbestuurder, Henri Paul, se drinkery en steelfotograwe se knaendheid die ongeluk veroorsaak het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>