Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

’n Bulletjie op pad vir Arno

$
0
0

arno-1
Anro het Dinsdag hierdie foto van hom en Lizanie getwiet. 

Vandag, die 12de dag van die 12de maand is ’n baie spesiale dag vir die sanger, Arno Jordaan en sy vrou Lizanie. Hulle eersteling, ’n seuntjie, Milan word vandag met ’n keisersnee gebore.

“12 Desember 12uur ontmoet ons vir klein Milan- kan nie wag om hom te sien nie…” het Lizanie op haar Facebook geskryf.

Twee aande terug het Arno nog ’n foto van hom en Lizanie getwiet. “My en Lizanie se laaste ete alleen voor daai bulletjie sy verskyning maak!”

Hy het vroeër vir ons vertel dat hy baie opgewonde is vir Milan se koms. “Ek sien baie uit daarna; ek kan nie wag nie. Alles is reg, die kamer lyk baie mooi en nou wag ons net vir die bulle¬tjie,” het hy vertel. So tussen die pajamadril deur gaan hy nog 16 verto¬nings in Desember hou, onder meer drie in Mosambiek. Hy werk ook aan ’n nuwe album wat in Maart uitgereik word

Arno se vriend, sanger Steve Hofmeyr het ook reeds vir hom sterkte toegewens vir vandag. “ Welkom Milan. Ons wag al lank vir jou. Sterkte @lizaniepohl @Arnojordaan,” het hy getwiet.

Ronel Brink, Bobby se ma en bestuurder het ook reeds vir die nuwe ouerpaar getwiet: “Vandag word Milan gebore! @lizaniepohl @Arnojordaan. Vandag is die begin v ‘n totaal nuwe seisoen in jul lewe! My gebed vir Milan: Jer 29:11.” Hierop het Arno geantwoord dat Bobby se twee seuns ’n maatjie by kry. “@ronelbrink @lizaniepohl sion en leben se ander bende lid word vandag gebore,” het Arno terug getwiet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>