Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Noodhulpreeks: Snywonde

$
0
0

Dit gebeur gewoonlik met pa terwyl hy in die motorhuis werskaf, met ma wanneer sy kos maak, met kleinsus wanneer sy help groente skil en met kleinboet wanneer hy kaalvoet loop en nie kyk waar hy trap nie. Ons almal kry die een of ander tyd ’n sny.

Dié week in ons noodhulpreeks gee die kenners van Crisis on Call (www.crisisoncall.co.za) raad oor hoe jy daardie snywonde moet behandel.

Snywonde

’n Mens kry oppervlakkige en diep snywonde. Laasgenoemde moet liefs deur ’n medikus behandel word.

Jy moet iemand liewer hospitaal toe neem wanneer . . .

  • die wond aanhou bloei selfs nadat drukking 20 minute daarop toegepas is.
  • die sny diep is, langer as 6 mm lank is en op die gesig, hande, voete, kop, gewrigte of geslagsdele is.
  • die sny in die mond is en langer as 1,25 cm is.
  • die sny dwarsdeur die wang tot aan die binnekant van die mond strek.
  • ’n snywond op die tong oopgaap.
  • die sny so diep is dat jy vet of been kan sien.
  • daar nog ’n voorwerp, soos ’n stuk glas, skêr of mes, in die wond is. Moenie die voorwerp verwyder nie, die sny sal dan net kwaaier bloei.
  • die persoon wat die snywond opgedoen het nog nooit ’n klem-in-die-kaak-inspuiting gehad het nie.
  • die wond nog erg pyn langer as vier ure nadat dit tuis versorg is.
  • die wond steke nodig het. Dit moet binne agt ure gebeur, want die wond begin dadelik heel en ná ‘n lang tyd sal dit moeilik vasgroei.

STAP-VIR-STAP BEHANDELING: Hoe behandel ek ’n ernstige snywond voorlopig tot die pasiënt professionele hulp kry?

  1. Los enige voorwerp wat in die wond is net daar.
  2. Was jou hande deeglik.
  3. As jy handskoene byderhand het, trek dit aan.
  4. Gebruik ’n skoon handdoek, lap of steriele gaasverband en plaas direk op die wond.
  5. Druk hard op die lap wat op die wond is. Die drukking help om die bloeding te stop.
  6. Terwyl drukking toegepas word, bel die nooddiens om hulp.

Hoe behandel ek geringer snywonde tuis?

  1. Was jou hande deeglik.
  2. As jy handskoene byderhand het, trek dit aan.
  3. Gebruik ‘n skoon handdoek, lap of steriele gaasverband en plaas direk op die wond.
  4. Druk 20 minute hard op die lap wat op die wond is. Die drukking help om die bloeding te stop.
  5. Was die wond versigtig, maar deeglik, met warm seepwater.
  6. As die wond op ‘n vinger of hand is, verwyder ringe om ongemak te vermy as daar verdere swelling plaasvind.
  7. Om onmiddellike pyn te verlig en om swelling te verminder plaas ’n yspak op die wond. Moet die nie langer as 10 minute op ’n slag daar hou nie.
  8. As die wond op ’n arm of been is, lig die ledemaat vir die eerste 24 uur bo die hart.
  9. Wend antiseptiese salf aan.
  10. Moenie alkohol gebruik op die wond nie, want dit veroorsaak kwaai brandpyn en help nie met die ontsmetting nie.
  11. Moenie wonde op die gesig verbind of toeplak nie. Los oop spdat dit lug kan kry.
  12. Draai ’n steriele verband om snye op ledemate.
  13. Bad of stort soos gewoonlik daagliks en maak dan die wond versigtig skoon onder die water.
  14. Vervang die wondbedekking daagliks of gereelder as dit nat word.
  15. Kyk elke dag vir tekens van infeksie. (Sien onder volgende hofie)
  16. Spreek jou dokter wanneer ’n snywond nie binne twee weke genees nie.

Wat is die tekens van ontsteking?

  • Snywonde gaan gewoonlik gepaard met teerheid, rooiheid, swelling en pyn. Die simptome moet binne 10 tot 14 dae verdwyn, anders moet jy liewer ’n dokter spreek.
  • As die simptome erger word, pleks van beter, wys dit daar is dalk ontsteking.
  • Koors is ’n teken van ontsteking.
  • As die wond etter (’n gelerige, onwelriekende vloeistof) uitskei, moet jy liewer mediese raad inwin.

Wat het ek in my noodhulpkissie nodig?

  • handskoene
  • steriele gaas
  • steriele verbande
  • pleisters
  • antiseptiese salf

So kan jy dehidrasie voorkom:

  • Gebruik beskermende klere en toerusting wanneer jy aan sport soos fietsry en krieket deelneem.
  • Wees versigtig wanneer jy sonder skoene loop.
  • Dra jou veiligheidsgordel in die motor.
  • Pasop vir enige gebreekte voorwerpe op die strand of in die see of swembad.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!