2 ml (½ t) gerookte paprika
2 ml (½ t) rooipeper
2 ml (½ t) knoffelpoeier
5 ml (½ t) fyn komyn
12 hoendervlerkies
30 ml (2 e) olie
250 ml (1 k) Griekse jogurt
30 ml (2 e) mayonnaise
30 ml (2 e) gekapte knoffelgrasuie
sout
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Meng die speserye en vryf die vlerkies daarmee in.
- Ryg elke vlerkie aan ’n stokkie, pak op ’n bakplaat, bedruip met die olie en oondrooster 20 minute of tot gaar of maak dit gaar oor die kole.
- Meng die res van die bestanddele tot ’n doopsous en sit dit saam met die vlerkies voor.