Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kimberley se bekende Groot Gat-hond kry ‘n nuwe huis

$
0
0

Die Groot Gat-hond wat die land aan die gons het en wêreldwyd bekend geword het nadat sy in Kimberley se Groot Gat geval en meer as ‘n week sonder kos oorleef het, se verhaal het ‘n gelukkig einde.

Kapt. Seeley, soos Volksblad-lesers die hond gedoop het, kry uiteindelik vandag ‘n nuwe huis.

Die hond gaan vanaand na John Seeley van die polisie se reddingseenheid wat sy lewe gewaag het om haar uit die Gat te red.

Seeley het pas aan Huisgenoot bevestig dat hy haar binnekort na sy huis gaan neem. “Ek wag al ‘n week om Kimberleigh (soos hy haar gaan noem) huis toe te vat. Ek en my gesin kan nie meer wag nie. Die oomblik wat ek saam met haar in die water was, het ons ‘n baie spesiale band begin vorm.”

Die hond het vir dae in die Groot Gat oorleef voor sy na ‘n dramatiese reddingspoging wat die wêreld aangegryp het, gered is.

Pastoor Chris Baadjies, die man wat beweer Gigi – soos hy die hond noem – is syne, wou Seeley hof toe vat om die hond terug te kry. Hy het egter nou besluit om die regsgeding oor eienaarskap van die hond te laat vaat.

“Ek het op grond van regsadvies besluit om die saak te laat gaan. Ek sien nie kans vir ‘n groot geveg nie. Ek wil doen wat die beste is vir Gigi.

“Ek is regtig oorstelp van blydskap,” het Seeley minute gelede gesê.

- Danel Blaauw en Suzanne Venter

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>