Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Back to School-projek verlig armoede in die Noord-Kaap

$
0
0

As ’n verpleegster en TB/MIV-programkoördineerder het Shiela Katz gesien hoe kinders kaalvoet skool toe gaan. Sy vertel: “Veral op die platteland en in die plaasgebiede gaan baie kinders steeds sonder skoene skool toe.

Boonop word baie kinders wat op moeilik bereikbare plekke woon, verder benadeel omdat hulle nie toegang tot maatskaplike dienste het nie.”

Back to School probeer die kinders help deur skoolskoene en kospakkies in te samel en probleme soos swak voeding en gesondheid die hoof te bied. Eindelik wil hulle die kinders se waardigheid en selfbeeld herstel.

Shiela wil vanjaar minstens 300 paar skoolskoene en kospakkies vir 1 000 kinders insamel.

Skoolskoene het fisieke en emosionele voordele – nie net verhoed dit verskeie voetkwale en -beserings nie, dit verbeter die kinders se selfvertroue en moedig hulle aan om aan skoolaktiwiteite deel te neem.

En hoe bly Shiela gemotiveerd? “Ek glo vas as jy in ’n kind belê, kan jy die wêreld een tree op ’n slag verander. Om ’n kind skoene te gee, is soos om hom ’n paspoort te gee om ’n blink toekoms tegemoet te stap. Die dankbaarheid en trots op die kind se gesig as hy nuwe skoolskoene kry, is wat my motiveer om na meer kinders uit te reik.”

Dit is hoe Shiela ’n verskil maak. Besoek www.youcanhelp.co.za vir nog sulke stories.

Kontak Shiela Katz by 053-830-0622 of katz.sheila@yahoo.com as jy graag wil help.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>