Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Cambridge troukoek opgeveil

$
0
0

As daar een stuk koek ter wêreld is wat ’n paar duisend rand werd is, is dit ’n stuk van prins William en Catherine s’n.

’n Sny van dié vrugtekoek van die hertog en hertogin se troue in die Westminster-abdy op 29 April 2011 is in Kalifornië opgeveil teen die fenomenale prys van R42 000.

Hoe sou die afslaers dié stukkie troukoek in die hande gekry het?

Een van die lae van die vrugtekoek is in Oktober by die doop van prins George voorgesit. Volgens tradisie word een laag van die troukoek vir die doop van die getroude paartjie se eersteling gehou.

’n Rok wat deur prinses Diana gedra is, met ’n geskatte waarde van sowat R600 000, en ’n versameling briewe van die hertog en hertogin van Windsor is ook op dié veiling verkoop.

Ander koninklike items wat al ten duurste opgeveil is, sluit in:

  • ’n Deursigtige rok wat Kate Middleton in 2002 tydens ’n modeparade vir liefdadigheid by St Andrews Universiteit gedra het, is in 2011 vir R160 000 opgeveil.
  • ’n Sysagte paar onderklere wat na bewering aan koningin Elizabeth II behoort het, is vir R100 000 op die aanlyn snuffelgids eBay verkoop.
  • Nóg ’n onderbroekie, wat aan koningin Victoria behoort het, is teen R140 000 opgeveil.
  • In 2008 is twee bladsye van die brief wat prinses Diana aan prins Charles geskryf het ná die geboorte van prins William, vir R24 000 opgeveil.

Later vandeesweek word ’n stukkie roosterbrood opgeveil wat prins Charles glo vir ontbyt geëet het die dag toe hy met prinses Diana getroud is. Die sny brood is nie gebotter nie en daarom kon dit goed behoue bly. Die ma van een van die bediendes in Buckinghampaleis het glo dié stukkie brood gegaps wat prins Charles op die ontbyttrollie oorgelos het.

Shané Barnard

Bronne: juliensauctions.com, thedailybeast.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>