Eminem kom SA toe, Freshlyground is terug op die verhoog na hul ‘kraamverlof’, en dan speel ons Maandag-musiekblogger ook liedjies deur Calvin Harris, Ard Matthews van Just Jinger-faam en, les bes, Abba.
Maandag
Nog ’n groot toer-aankondiging: Eminem kom in Februarie Kaapstad en Johannesburg toe! Onthou jy dié nommer uit sy fliek Eight Mile?
Dinsdag
Freshlyground gaan aanstaande week hul eerste Suid-Afrikaanse konserte begin hou nadat hul hoofsanger, Zolani Mahola, in Augustus ma geword het. Hulle het ’n nuwe beste-van-album uit en tree op 30 November en 1 Desember in Johannesburg op. Hier is een van my gunsteling-liedjies deur hulle, Fire Is Low.
Woensdag
In die bui vir iets nuuts en koels? Hier is ’n sexy, somerse liedjie deur Calvin Harris.
Donderdag
Donderdae krap ons in die oude doos rond. Vandag gaan ons sommer ’n paar dekades terug met ABBA!
Vrydag
Ard Matthews is bekend as die gesig van Just Jinjer. Hy terug op die treffersparade in samewerking met die DJ-duo Pascal & Pearce. Kyk net hierdie uitstekende video.
- Ian Bredenkamp
Ian Bredenkamp is gek oor musiek! Hy bied ’n daaglikse program op 94.5 Kfm aan en behartig musieknuus vir 567 Cape Talk en Eyewitness News. Volg hom op Twitter by @IanBredenkamp.