Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Lemoen-rosyntjiebrood

$
0
0

Lewer 1 groot brood
Bereiding: 15 minute
Baktyd: ’n uur

Dis een van die lekker klompie resepte wat Hendrik Botha van Jacobsbaai vir ons gestuur het.

sap en skil van 2-3 lemoene
250 ml (1 k) rosyne
1 eier, effens geklits
30 ml (2 e) botter, gesmelt
500 ml (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
2 ml (½ t) koeksoda
2 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) suiker
100 g pekanneute, grof gekap
1 lemoen, in skywe gesny

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n bakplaat.

  1. Vul die lemoensap aan met water tot 250 ml indien nodig. Voeg die lemoenskil en rosyne by.
  2. Meng die eier en botter en voeg by. Meng goed.
  3. Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg die suiker en pekanneute by en meng deur.
  4. Voeg die lemoensapmengsel by die droë bestanddele en meng liggies.
  5. Skep die deeg in ’n hopie op die voorbereide plaat, rangskik die lemoenskywe boop en bak sowat ’n uur of tot gaar. (Bedek met tinfoelie as dit te donker bak.)
  6. Sit voor met heuning, botter en ekstra gekapte neute.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>