Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Prins Harry bring 24 uur in yskoue kamer deur

$
0
0

Brittanje se prins Harry berei hom voor op ’n Suidpool-uitdaging met 24 uur in ’n yskoue kamer.

Prins Harry (29) en sy Britse spanmaats het Maandag in ’n weernabootser teen ’n temperatuur van -35 ºC geoefen om tente op te slaan en sneeustorms te trotseer. Dis deel van hul voorbereiding op die Walking with the Wounded South Pole Allied Challenge wat in November plaasvind.

’n Woordvoerder vir die liefdadigheidsorganisasie, wat geld vir beseerde weermaglede insamel, het gesê: “Die span sal vier uur per dag kamp op- en afslaan. Dis belangrik dat hulle dit voor die tyd oefen sodat hulle tyd kan bespaar.”

Die Britse span gaan te staan kom teen ’n Amerikaanse span, waarvan Alexander Skarsgard ook ’n lid sal wees. Die spanne sal 330 km van die 87ste breedtegraad af na die Suidpool aflê.

Die wedren sal waarskynlik 21 dae duur. Die spanne sal elke dag 12 uur lank ski, met ’n rustyd van 10 minute al om die twee uur. Hulle sal ook sleë moet trek wat 70 kg weeg. Die verwagte temperatuur sal 45 ºC benede vriespunt wees – laer as wat ’n weernabootser kan bereik.

Die prins, ’n beskermheer van die organisasie, het in April aangekondig hy gaan aan die uitdaging deelneem. Dis die moeilikste taak wat ’n lid van die koningsgesin nog onderneem het. Die weermag het hom verlof gegee om daaraan deel te neem.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>