Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

18 slim planne met swartbordverf

$
0
0

Noudat ’n mens swartbordkryt in ’n groot verskeidenheid kleure kan koop en selfs jou eie kan maak om by jou dekor te pas, kan jy omtrent enige oppervlak in ’n kennisgewingbord, kunswerk of aweregse dekoritem verander. Hier is ’n paar heerlik kreatiewe idees van Pinterest.

1 Die dae van ons lewe

 Foto’s gespeld van hajottamolla.blogspot.com.au (links) en sewingandsanding.blogspot.com

Foto’s gespeld van hajottamolla.blogspot.com.au (links) en sewingandsanding.blogspot.com

Die weekbeplanner links is perfek vir kinders wat moet byhou met hul huiswerk, buitemuurse bedrywighede, sportwedstryde en partytjies. Of kies ’n gesinsgrootte-beplanner waar jy die hele maand op een slag kan sien. Wend die swartbordverf direk op die muur aan of verf dit op ’n stuk hout of laaghout as jy dit gaan rondskuif.

Onthou Gebruik wit verf op enige deel van die beplanner waar jy nie wil hê die letters of strepe moet smeer of per ongeluk uitgevee word nie. Onthou net om nie datums van die maandbeplanner permanent te maak nie want dit verander natuurlik elke maand.

2 Teen die muur

Foto’s gespeld van (van links) indulgy.com, decor8blog.com en diyroundup.blogspot.com

Foto’s gespeld van (van links) indulgy.com, decor8blog.com en diyroundup.blogspot.com

’n Swartbordmuur in die kombuis word uiteraard vir inkopielyste ingespan – maar dis ook ’n wonderlike plek om jou kreatiwiteit uit te leef. Ek is mal oor die hond- en kattekeninge bo die diere se eetplek op die foto links. Die een in die middel is nie eintlik ’n swartbordmuur nie, maar dit gee jou ’n idee van hoe goed een bo jou werkoppervlak sal lyk.

Onthou Dis moeilik om vetspatsels te verwyder en water was die bordkryt weg – hou dit in gedagte wanneer jy besluit watter muur jy wil verf.

3 Vir die pret

Foto’s gespel van sweetcheekstastytreats.blogspot.com (links) en diyideas.com

Foto’s gespel van sweetcheekstastytreats.blogspot.com (links) en diyideas.com

Verander die blad van ’n kind se tafeltjie in ’n tekenoppervlak deur swartbordverf daarop aan te wend, of verander ’n ou koffietafel in ’n outydse speletjiestasie en hou telling op ’n swartbord-oppervlak.

4 Teken op laaie

Foto’s gespeld van designimprovised.com (links) en buzzfeed.com

Foto’s gespeld van designimprovised.com (links) en buzzfeed.com

’n Eenvoudige liasseerkabinet lyk nou heeltemal anders danksy sjiek swart-wit laaie en ’n swartbordkant vir ’n dagboek of doenlysie. Die laaikas regs is ’n uitstalplek vir gunsteling-gedigte. Jy kan hierdie idee ook in ’n handwerkkamer inspan en die inhoud op die laaie skryf.

5 Net vir die mooi

Foto’s gespeld van (van links) bella-illusione.tumblr.com, Nancy D’Emilio en aleggup.com

Foto’s gespeld van (van links) bella-illusione.tumblr.com, Nancy D’Emilio en aleggup.com

Is dié mure nie fantasties nie? Die uitstalling links kombineer regte en getekende voorwerpe om ’n aweregse fokuspunt te vorm. Die badkamermuur in die middel is pragtig – maar jy sal gewone verf moet gebruik om te keer dat jou ontwerp wegwas. Die Skandinawiese Kersboom regs is met groot moeite deur die blogger Hazel Leggett van ’n ontwerp op ’n stuk lap oorgeteken – maar dis baie makliker om op Twaalfde Nag af te haal as ’n tradisionele Kersboom!

6 Tuiskantoor

Gespeld van DIY Group Boards (links) en tipjunkie.com

Gespeld van DIY Group Boards (links) en tipjunkie.com

Die muur links is tegelyk ’n kennisgewingbord, ’n bêreplek vir stukkies en brokkies, ’n kalender (net sigbaar regs) en ’n dekorpunt. Die rakstaander regs bestaan uit drie identiese eenhede en die derde eenheid is na die kant gedraai om ’n oppervlak vir ’n swartbord te skep.

7 Veeldoeligheid

Foto’s gespeld van keepsmilinghome.blogspot.de (links) en indulgy.com

Foto’s gespeld van keepsmilinghome.blogspot.de (links) en indulgy.com

Nog twee oulike kombuisidees waaroor ek gek is: die yskas wat reg rondom in ’n swartbord omskep is, en die geraamde swartbord wat gebruik word as opdienskinkbord vir koffie, kaas en beskuitjies.

8 Onthou die kryte!

Gespeld van mykindofyellow.blogspot.com (links) en whitetablestyle.com

Gespeld van mykindofyellow.blogspot.com (links) en whitetablestyle.com

Dit help nie jy’t ’n swartbord as jy nooit die bordkryt kan kry nie. Twee moontlike oplossings: klein blikemmertjies wat aan hake hang en ’n korbeel met ’n fles bo-op waarin die kryte gebêre word.

 WENKE

STUUR MY JOU FOTO’S
Het jy al skryfborde of swartbordverf op ’n interessante manier in jou huis gebruik? Stuur vir my ’n foto na asteyn@media24.com as jy dit met ons aanlyn-gemeenskap wil deel.
– Alfie Steyn     

Volg Huisgenoot op Pinterest

Kyk na Alfie se ander Pinterest-gunstelinge:

7 inspirerende stoepe

10 dinge wat jy met Washi-lint kan doen

12 maniere om vetplante uit te stal

8 idees vir jou eie prentegalery

6 pragtig gedekte tafels

10 planne met ou kaarte

5 planne met ou koffers

5 idees vir werkhoekies

Hoe lyk dit met cilantro? Of arugula?

5 blink planne op Pinterest: trosligte

Inspirasie van Pinterest vir ’n gesonder jy


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>