Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vroeg uit die vere

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Steven Cohen is die afgelope week in Parys in hegtenis geneem vir onbetaamlike ontbloting.

Steven het Dinsdagoggend halftien by die Eiffeltoring uit sy voertuig geklim en voor honderde toeriste saam met ’n haan rondgeloop. Steven het self na ’n haan gelyk, kompleet met lang rooi handskoene, vere op sy kop en hande en hoëhakskoene. Die haan se leiband was van lint en aan Steven se geslagsdele vasgemaak.

Vir foto’s van Steven se optrede, klik hier.

Kort voor lank het die Paryse polisie hom in hegtenis geneem vir onbetaamlike ontbloting, berig Le Parisien. Hy is wel later die dag vrygestel, maar moet op 16 Desember in die hof voorkom.

Dié kunstenaar is bekend om sy omstrede kunswerke, wat dikwels handel oor sy identiteit as ’n gay Joodse man, skryf die Huffington Post.

Saamgestel deur Shané Barnard


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>