Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

“Ek’s dankbaar ek lewe”

$
0
0

Deur Faiza Mallick

Die Kaapse student en model Aurora Marcopoulos (19) van Houtbaai het onlangs wonderbaarlik aan die dood ontkom in ’n ongeluk wat baie mense, haar inkluis, stomgeslaan het.

Sy het beheer oor haar ma se Jaguar verloor en dit het teen ’n krans afgestort en tussen rotse by Bakoven naby Kampsbaai beland. Dit was nadat op 11 Mei vriende in Langstraat afgelaai het en toe terug na haar huis in Houtbaai gery het.

Daar is nog talle onbeantwoorde vrae omdat Aurora nie kan onthou wat presies op daardie noodlottige aand gebeur het nie. Sy is die volgende oggend omstreeks seweuur, sowat vyf uur ná die ongeluk, gekry.

Sy kan steeds nie onthou wat gebeur het nie. “Ek onthou niks vanaf die oomblik toe ek my vriende in Langstraat afgelaai het tot ’n paar dae ná die ongeluk nie.”

Het sy dalk aan die slaap geraak agter die wiel? Is daar met haar drankies gepeuter? Het iemand die ongeluk sien gebeur, haar besittings gevat en haar daar vir dood agtergelaat?

Die raaisels oor die ongeluk wat Aurora wonderbaarlik oorleef het, bly onopgelos. “My horlosie en juweliersware, my handsak met alles en my skoene is weg, asook ’n tweede paar wat in die motor was.”

Aurora, ’n voltydse student in media en politiek aan die Universiteit van Kaapstad en ’n deeltydse model by 20 Management, sê: “Op die dag van die ongeluk het ek al omtrent twee weke lank nie gedrink nie. Ek drink nie wanneer ek gaan bestuur nie,” sê sy.

Het sy dalk aan die slaap geraak? “Ek weet nie.”

Sy sê sy het voor die ongeluk ’n energiedrankie gedrink maar “ek het dit nie neergesit nie, en twyfel of iemand iets daarin kon gegooi het”.

Sy sê haar bloed is getoets en sy het negatief vir alkohol en dwelms getoets. “Jou brein blokkeer soms traumatiese voorvalle. Ek sal dalk nog traumaberading kry wat my moontlik kan help onthou,” sê sy.

Sy het die eksamens misgeloop en sê sy het ernstige harsingskudding en erge kneusings opgedoen, “maar alles in ag genome, is dit ’n geringe prys om te betaal. Ek voel werklik geseën dat ek lewe en gelukkig om soveel ondersteunende en liefdevolle mense in my lewe te hê,” sê sy.

“Ek het sewe ribbes gebreek, twee van my werwels is gebreek en ’n werwel verskuif in my ruggraat. Ek was hipotermies (abnormale lae liggaamstemperatuur) toe hulle op my afkom en het kopbeserings gehad en swak, besmette longe wat kon platval. Daar was ’n gaatjie in my long.”

Ná twee weke in die hospitaal en ’n ongeluk wat haar lewe kon eis, sê Aurora sy is dankbaar. “Ek het vinniger herstel as wat die dokters gedink het en is by die huis. Ek moet ’n stut vir my ribbe en rug dra.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>