Vir ons wat hom nie gereeld hoor nie, klink dit asof hy moeiliker praat as ooit – sukkelend, onduidelik, afgemete; daarom kom sy woorde amper as ’n skok: Sy liggaam is gesond. Dis nou net die skade wat sy motorneuronsiekte (MNS) berokken het, wat moet herstel.
Joost van der Westhuizen glimlag maklik en gereeld. Die nuus wat hy vandag het, is dat sy lewe op die herstelpad is: sy gesondheid, ná spesiale behandeling, en ook sy ver- brokkelde huwelik met sy vervreemde vrou, Amor Vittone.
Die gewese Bok-ster (42) is doodernstig: Ná ’n maand se behandeling deur die Preto- riase ontgiftigingsgeneeskundige dr. Anton Neethling glo hy vas hy is gesond, en die skade van die MNS aan sy liggaam kan nou begin herstel word.
Lees Alet van Zyl se onderhoud met Joost in Huisgenoot 12 September 2013