Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Eetluswenke

$
0
0

Hou jou eetlus in toom met die wenke

Saamgestel deur Kim Arendse

KNOFFEL

Navorsers in Israel het onlangs ontdek hierdie nederige knol keer nie net dat jy gewig aansit nie; dit kan jou ook gewig laat verloor. Die sleutel tot knoffel se gesonde eienskappe is ’n samestelling genaamd allisien, en dis ook vir sy kenmerkende sterk geur verantwoordelik. Juis daardie geur stimuleer die versadigingsentrum in die brein en laat minder honger voel, is in die ondersoek bevind. Dit stimuleer ook die senustelsel om hormone soos adrenalien vry te stel. Dit laat op sy beurt jou metaboliese tempo versnel sodat jy meer kilojoules verbrand.

Voeg gereeld knoffel by jou soutgeregte wanneer jy kos maak. Aanvullings met knoffelpoeier is ook doeltreffend en het die voordeel dat dit nie jou asem na knoffel laat ruik nie.

SLAAI

As jy wil keer dat jy jou ooreet, eet ’n klein slaaitjie voor ete. Die vesel in slaai help die opname van glukose (suiker) in die bloedstroom vertraag en jy sal dan minder geneig wees om honger te voel. Volgens ’n ondersoek wat in die Journal of the American Dietetic Association gepubliseer is, het vroue wat ’n eenvoudige laevetslaai voor aandete geëet het, 12 persent minder kilojoules tydens die maaltyd geëet, selfs al het hulle nie spesifiek probeer verslank of minder eet nie.

Wissel jou keuse van slaai met verskillende soorte groen groentes af.

KANEEL

Selfs poeding kan jou help verslank, mits daar kaneel by is. In ’n Skandinawiese ondersoek wat in die vaktydskrif American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer is, is bevind vrywilligers wat ryspoeding met 3 g kaneel geëet het, het ná ete minder insulien vervaardig. Insulien is die hormoon wat oortollige suiker in vet omskep; daarom beteken minder insulien dat jy minder gewig sal aansit. Nie net verlaag kaneel bloedsuikervlakke nie; dit laat kos ook stadiger deur jou maag beweeg sodat jy wil langer versadig sal voel.

Bronne: dailymail.co.uk, thatsfit.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>