Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

10 Grimeer- foute

$
0
0

 

Laat jou skoonheidsprodukte jou gesig jare ouer lyk?

Onderlaag

‘‘Die grootste fout wat ouer vroue maak, is om te veel onderlaag te dra,’’ sê die grimeerkunstenaar Algria
Ferreira.
STEL DIT REG Vermy aangepakte, dik onderlaag deur bevogtiger aan te wend voor jy jou onderlaag
aanwend. Kies ’n onderlaag wat die regte tekstuur vir jou vel het.

‘‘Te veel poeier beklemtoon plooie,’’ sê die grimeerkunstenaar Rose Bruins.
STEL DIT REG Tik fyn, deursigtige poeier liggies oor jou vel om die grimering te verseël en gebruik dan
gesig-kladpapier vir opknap deur die dag.

‘‘Baie vroue gebruik onderlaag wat te donker is om hulle te laat sonbruin lyk,’’ sê die grimeerkunstenaar
Liz Kaplan.
STEL DIT REG Toets die kleur aan die kant van jou gesig wanneer jy nie grimering dra nie. Die kleur
moet amper verdwyn.

Ooggrimering
‘‘Helder-blink, mat skadu’s lyk skel en beklemtoon plooie,’’ sê Rose.
STEL DIT REG Hou by gedempte, mat kadu’s.

‘‘Wenkbroue wat te donker is, laat jou baie ouer lyk,’’ sê Algria.
STEL DIT REG Die kleur moenie meer as twee skakerings donkerder as jou wenkbroue wees nie.

‘‘Soliede, ingekleurde wenkbroue laat jou dadelik ouer lyk,’’ sê Liz.
STEL DIT REG Gebruik wenkbroupoeiers of mat oogskadu in ’n skakering wat by jou wenkbroue pas.

Blosser
‘‘Streperige, sigbare blosserlyne aan jou wange lyk oudmodies,’’ sê Algria.
STEL DIT REG Gebruik ’n groot blosserkwas om jou blosser mee aan te wend en te vermeng.

‘‘Brons blossers lyk dood en vuil,’’ sê Rose.
STEL DIT REG Kies sagte, perskekleurige of rosige, pienk blossers.

Lipstiffie
‘‘Warm, glansende lipstiffie vloei in plooie in,’’ sê Rose.
STEL DIT REG Kleur die hele lipgedeelte met ’n lippotlood in en wend dan ’n lipstiffie met ’n satynglans
aan.

10 ‘‘Sigbare lipomlyner by ’n pêrelagtige lipstiffie laat jou regtig oud lyk,’’ sê Algria.
STEL DIT REG Gebruik ’n lippotlood in ’n skakering wat by jou lipstiffie pas.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>