‘n Verleë raadslid van ‘n stad in Texas het op die harde manier geleer wat gebeur as ‘n mens nie jou mikrofoon afskakel nie.
Die raadslid van Georgetown het onlangs ‘n formele raadsvergadering verlaat om toilet toe te gaan – maar vergeet toe om sy aangehegte mikrofoon af te skakel terwyl hy in die badkamer besig is.
Hy was onbewus dat sy besoek aan die toilet regstreeks in die raadsaal uitgesaai word – tot groot vermaak van almal wat by die vergadering teenwoordig was.
Raadslid Rachael Jonrowe was in alle erns besig om die raad oor aansteeklike siektes aan te spreek toe die byklanke in die agtergrond haar van spoor gebring het.
‘n Video van die uiters ongemaklike oomblik, wat op YouTube versprei is, toon Rachael waar sy tevergeefs sukkel om haar gesig strak te hou terwyl die klanke van die man wat besig is om die toilet te gebruik, deur die vertrek weergalm.
Dit blyk ongelukkig ook dat die raadslid vergeet het om sy hande te was.
Bronne: Youtube, Daily Mail, News.com.au