Die NSRI het Sondag berig dat ‘n man van Kaapstad gelukkig was om uit die kake van ‘n witdoodhaai te ontsnap toe hy besig was om nuwe duiktoerusting naby Port St. Johns in die Oos-Kaap te toets.
In a shark incident off Port St Johns yesterday, a young man suffered minor lacerations to his hands and foot…http://t.co/DuxVXk48Sp
— NSRI (@NSRI) May 3, 2015
Toe die groep die oop see bereik het Mathieu, ‘n alombekende en entoesiastiese spieshengelaar, vir skipper, Rob Nettleton, gevra of hy gou kon induik om sy nuwe duiktoerusting te toets.
Ongeveer 13:30 het Dasnois by Sugarloaf Rock in 4 m diep water ingespring en die boot het 20 m weg beweeg.
“Mathieu het ingeduik, opgekom en nog ‘n slag ingeduik toe die naderende rugvin van ‘n 3,5 – 4 m lange witdoodhaai opgemerk is,” het Lambinon gesê.
“Die haai het Mathieu aan die hand beetgekry. Daarna het dit gelyk asof hy by Mathieu verby beweeg.”
Die boot het hom onmiddellik te hulp gesnel maar intussen het die haai weer uit die water gespring en Mathieu dié keer aan sy voet beetgekry en hom van die boot af weggetrek.
Mathieu het gendadiglik daarin geslaag om sy voet losgewikkel te kry. Toe die haai weer probeer opkom vir ‘n derde kans om Mathieu te gryp, is sy planne deur die boot gekortwiek.
Lede van die groep in die boot kon hom uit die water trek en hulle het onmiddellik noodbehandeling begin toepas.
Mathieu is aan wal gebring en die mediese nooddienste van die Oos-Kaapse regering het hom vir sy beserings behandel voordat hy hospitaal toe geneem is.
“… ná ‘n operasie is Mathieu opgeruimd en hy is besig om te herstel van geringe skeurwonde aan sy hand en aan sy regtervoet, ” het Lambinon gesê.
Bron: News24