Eers was daar missiele wat hul trajek kan aanpas om ’n teiken akkuraat te tref; nou kan koeëls dit ook doen.
Watch: Sniper Bullet That Tracks Moving Targets http://t.co/KrOzGnoyEQ | https://t.co/ESgBKrDEHt pic.twitter.com/nwa939FS0D
— Global News (@Global____News) April 29, 2015
Selfs die swakste skut sal met hierdie nuwe byderwetse skietgoed ’n kolskoot behaal.
Die ontwikkelingspan van die Amerikaanse weermag het gister bekendgemaak hulle het koeëls ontwerp wat hulself kan stuur om ’n teiken te tref, al beweeg die teiken rond en verander van posisie.
Dié ontwikkeling is deel van die weermag se program Extreme Accuracy Tasked Ordnance (EXACTO).
Selfs die swakste skut sal met hierdie nuwe byderwetse skietgoed ’n kolskoot behaal.
In ’n video-demonstrasie word gesien hoe ’n beroepskerpskutter en ’n skut met heelwat minder ervaring op dieselfde teiken losbrand. In albei gevalle pas die koeël sy trajek hoog in die lug aan en tref die teiken presies.
’n Ingeboude navigasiestelsel help die koeël akkuraatheid verseker. Dit neem faktore soos windspoed in ag, wat dit dalk van koers af kan bring. Dit kan selfs ’n bewegende teiken akkuraat tref.
Kyk hier hoe dit werk:
Bronne: TimesLIVE; Tech Times