Jy smeer jouself van kop tot tone en sommer almal naby jou met insekweerder, brand kamfer-kerse wat meer lig as Eskom op ‘n goeie dag lewer – maar muskiet se kind kry jou nog steeds in die hande. En dit voel of hulle die laaste druppel bloed uit jou liggaam tap. Jy’s raadop.
Maar die waarheid is – daar is net mooi niks is wat jy aan hierdie irriterende goggas se maaltydvoorkeure kan doen nie.
Dit het alles te make met jou gene, het wetenskaplikes by die Skool vir Higiëne en Tropiese medisyne in Londen onlangs bevind. Meer spesifiek – die variasies in jou gene wat liggaamsreuk bepaal.
Basies beteken dit jou liggaamsreuk trek die muskiete aan, en geen insekweerder kan dit stuit nie.
Basies beteken dit jou liggaamsreuk trek die muskiete aan, en geen insekweerder kan dit stuit nie.
Maar, meen navorsers, daar kan dalk ’n pil ontwikkel word wat die irriterende byt van die muskiet kan stopsit. Die pil sal juis dié genetiese variasie wat jou liggaamsreuk bepaal wysig en sodoende muskiete van jou spoor af bring.
Buiten dat dit jou die irritasie sal spaar, kan dit ook lewens red. Muskiete versprei malaria, en die dodelike siekte eis jaarliks meer as 60 miljoen lewens wêreldwyd. Dus, as die pil effektief daartoe kan bydra dat muskietbyte voorkom kan word, behoort dit ook malaria te inhibeer.
Bronne: TimesLIVE; BBC News