’n Groep toeriste in die Fillipyne het gedink hulle vang ’n mooi herinnering vas toe hulle dié foto kiek, maar min het hulle geweet dit sou ’n internetsensasie word!
Kyk net hoe loer die groen seeskilpad uit die water voor in die foto.
Diovani de Jesus en sy vriende was met vakansie by die Fillipynse eiland Apo toe die seedier sy verskyning maak.
Diovani het die foto hier onder gedeel en dit het soos ’n veldbrand versprei:
Happy #EarthDay !
#EarthDay2015
we were posing when this turtle photo bombed. A reminder that we can co-exist. pic.twitter.com/2733y2K5OS
— Diuvs De Jesus (@official_diuvs) April 22, 2015
Bronne: Daily Mail, Twitter