Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Meisie sterf nadat sy giftige dieetpille neem

$
0
0

Eloise Parry, ’n 21-jarige student het gesterf nadat sy ’n dodelike dosis dieetpille geneem het wat sy aanlyn gekoop het. Sy het haar metabolisme ooreis en haar hart het gaan staan nadat sy Dinitrophenol, of DNP, geneem het.


Haar verpletterde ma, Fiona, waarsku oor die gevare van die pille, en sê dat dokters by die Royal Shrewsbury-hospitaal in Brittanje “nie ’n kans gehad het” om haar geliefde dogter te red nie. Sy sê aan The Sun dat Eloise haarself hospitaal toe gery het nadat sy die middag van 12 April begin siek voel het.

Personeel het ’n vergiftigingstoets op die Glyndwr-Universiteit-student gedoen. Ongelukkig het sy agt dieetpille gesluk – ses meer as ’n dodelike dosis. “Sy het so baie DNP geneem, die gevolge was onvermydelik. Hulle het nie ’n kans gehad om haar te red nie. Sy het uitgebrand en haar stelsel het ineengestort,” het haar ma aan The Sun gesê.

“Sy het nooit bedoel om haar eie lewe te neem nie. Sy het net nie verstaan hoe gevaarlik die pille is wat sy neem nie.

Die meeste van ons glo nie ’n verslankingsmiddel kan ons doodmaak nie. DNP is nie ’n wonderwerkverslankingsmiddel nie; dit is ’n dodelike gifstof.”

Eloise het blykbaar die pille aanlyn gekoop waar dit teen sowat R2 200 verkoop word. Polisie is besig met ’n volledige ondersoek na die oorsake van die student se dood.

Bronne: The Independent, Daily Mail, Huffington Post


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>