Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Gaan Harry trou?

$
0
0

Prins Harry beplan glo om Cressida Bonas “nou enige dag” die jawoord te vra.

Die pretlustige prins (28) sien blykbaar nou kans om rustiger te word en af te haak met die sosiale vlinder, met wie hy 18 maande lank uitgaan. Hy wil glo al volgende jaar trou.

’n Bron het aan die Sondagkoerant die Daily Star gesê: “Mense na aan Harry en Cressida voorspel hulle gaan teen die einde van die jaar verloof raak en in die Britse lente trou.

“Cressida is Die Een. Hy is so naby aan haar. Al die tekens is daar. Mense het gehoor dat Harry sê hoe spesiaal Cress is, en hoe hy praat oor verloof raak. Hy sê: ‘Hulle wag almal dat ek haar nou enige dag om haar hand te vra,’ en dan grinnik hy.

“Dis sy idee van ’n grap. Hy neem hierdie soort dinge lighartig op. Maar ons ken sy ware gevoelens.”

Vriende sê ook Harry – wat deur sy niggie prinses Eugenie (23) aan Cressida voorgestel is – beplan ’n romantiese vakansie in Afrika saam met Cressida, waar hy dalk die groot vraag sal vra.

Die bron het bygevoeg: “Harry kan nie vir haar sy ma (prinses Diana) se ring gee nie, aangesien William (sy broer) dit reeds vir Catherine gegee het.

“Maar hy kan Cressida Afrika wys en haar van sy teen-landmyn-werk vertel, ’n saak waaraan Diana toegewy was. Dit wys hoe ernstig Harry oor haar voel. Hy ontsien geen moeite of tyd om haar so dikwels moontlik te sien nie.”

William het sy vrou, die hertogin Catherine, in 2010 in ’n wildtuin in Kenia gevra om te trou.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>